Hartebeestloop

Bonsmara Genepoel
Auction 2013

Index  |  Overview  |  General Information | Catalogue |  All Auctions
Genepoel Veiling/Auction 2013

Jump start to the English version.

Vrydag 16 Augustus 2013 om 11H00 by Agra Ring

Die volgende Bonsmara veiling is met ons! Hartebeestloop bring 2 bulle na die Genepoel veiling in Windhoek op Vrydag 16 Augustus 2013 om 11h00 by die Agra Ring. Lees gerus meer oor die vereistes wat deur Hartebeestloop gestel is vir die bulle om aan te voldoen, asook hoe dit in pas by ons teeldoelwitte.

Woon gerus ook die Bonsmara Raspromosiedag by op Donderdag 15 Augustus vanaf 15h00 by die Agra Ring lesinglokaal - daar is baie om te sien en te leer. Kom kyk na die baie goeie diere wat telers regoor Namibië bring na die Genepoel veiling. Die Bonsmara span sal jou teenwoordigheid opreg waardeer!

Ons vertoon ook 'n paar bulle vanaf EMOK Bonsmaras, Wagner Bonsmaras, Hochfeldtstreek Bonsmaras asook Volmoed Bonsmaras onder "Auctions" op hierdie webwerf. Hierdie topbulle gaan ook op die Genepoel Veiling verkoop word.

Ons vertoon ook verse van Arnold Klein, Hochfeld Bonsmaras (Streicher en Hella Coetzee) asook Zunica (Nic en Sunja van Heerden). Volgens Arnold sal alle verse dragtigheidstoetse ondergaan voor die veiling. Hy reken dat meeste van die verse sal dragtig gesertifiseer wees. Arnold bring 15 verse. Diegene wat verlede jaar (2012) se Genepoel veiling bygewoon het, sal onthou die uitstaande dragtige verse wat Arnold aangebied het. Sy verse het top pryse behaal en ek het die voorreg gehad om die verse te gaan sien by hulle nuwe eienaar Johann Human. Arnold se beeste doen uitstekend. Hy het ook verlede jaar omtrent skoonskip gemaak in die verskillende kompetisie afdelings met sy speenkalwers op die Agra Windhoek speenkalfveiling.


Algemene opmerkings oor die Hartebeestloop bulle op die Genepoel veiling

Jump start to the English version.

Daar is moeite gedoen om 2 bulle te selekteer wat volgens ons, aan ons streng vereistes voldoen, vir die Bonsmara Genepoel veiling op Vrydag 16 Augustus 2013, om 11h00 in Windhoek.

Die naam van die veiling - Genepoel - wys presies waarvoor dit staan. Daar is 'n klomp telers uit al die uithoeke van Namibië betrokke by die veiling - met baie goeie diere wat hulle bring! Vir ons op Hartebeestloop is dit 'n lekker geleentheid om saam met mede-telers veiling te hou!


Dit is deel van ons teeldoelwitte om onderstaande reg te kry vir enige bul wat ons aanbied op ‘n veiling:

  • Ons wil graag "All Rounder" bulle teel wat ewe goed presteer op verse en koeie.
  • Dit pas ons kopers se sakke want hulle hoef nie voorsiening te maak vir 'n ekstra bul om verse oop te maak nie!
  • Dit vergemaklik bestuur want die bul kan met gerustheid tussen die vers- en koeitroppe geskuif word. Ons almal het bulle wat beseer/siek word tydens die dekseisoen en dan moet planne gemaak word.
  • Ons wil graag "All Purpose" bulle teel wat goed presteer in alle produksiestelsels.
  • 'n Goeie speenkalf word gewoonlik ook 'n goeie os. Bulle moet genoegsame voor - en naspeense groeivermoë hê om goeie speenkalwers en osse te teel.
  • Die boer moet goeie vervangingsverse uit die bul kan teel. Die moedereienskappe van die bul en sy ma moet baie goed wees.
  • Bulle te teel waar die boer toe oë enige bul op die veiling met groot gerustheid en minimum risiko kan koop. Die vereistes waaraan die veilingsbulle moet voldoen, is dus baie hoog.
  • Bulle te teel wat hoë stoetpotensiaal toon wat stoettelers se aandag trek en 'n beduidende positiewe invloed op die teler se kudde sal hê. Kyk gerus na die foto van CEF 04-0462 wat die vaar is van beide bulle op die veiling.


Ons nooi jou dus hartlik uit om die Genepoel veiling by te woon en te sien watter goeie diere geteel word deur die Namibiese telers!


HARTEBEESTLOOP GEDAGTES OOR GENEPOEL BULLE

Ons verkoop al vir jare bulle regoor Namibië - vanaf Ariamsvlei in die verre suide tot in Katima Mulilo in die verre noord-ooste. Dit het vir ons ‘n tyd geneem om die spesifieke en unieke eienskappe waaraan beeste moet voldoen om orals in Namibië te presteer, waar te neem, te verstaan en dan sulke tipe diere te probeer teel. Die eienskappe het ‘n groot rol gespeel in die uitkies van die bulle wat Hartebeestloop Bonsmaras na die Genepoel veiling bring.

Lees gerus die onderstaande gedagtes oor wat ons dink belangrik is vir die Genepoel bulle om aan te voldoen. Die lys is nie alles omvattend nie en ons kan se-kerlik nog baie leer van die boere - ons is gretig om te leer!

  • Ons glo en leef die gesegde “A Great Bull has a Great Mother”. Alle veilingsbulle se moeders se TKP’s is onder 450 dae en reproduksie indekse is bo 90. Klem is gelê op hoë reproduksie-vermoë van die moeders. Dit is die begin en einde van suksesvolle boerdery.
  • Mediumraam bulle is geselekteer weens die streng vereistes wat die Namibiese omgewing aan raamtipe stel. Dit is ‘n harde werklikheid wat die droër tydperk nou weer bevestig het. Moeite is gedoen om slegs uit genetiese lyne te selekteer wat lang geskiedenis het van medium raamtipe. Die bul moet teel soos die families waaruit hy kom en nie nét soos hy lyk nie.
  • Hoë waarde is gekoppel aan die bulle se prestasies tydens die Suidelike Afrika Veldbultoets onder leiding van Dr Hannes Dreyer. Beide bulle se Veldbul Ekonomiese Indekse is ver bo 100 - (109 en 118 onderskeidelik). Sterk kloue, uitstekende loopvermoë, genoegsame bespiering, uitstaande aanpasbaarheidseienskappe en goeie konstitusie is nie onderhandelbaar nie.
  • Daar is geselekteer vir bo-gemiddelde groei op die veld. Diere moet op die veld groei met slegs strategiese lekaanvulling - en dit is presies waarvoor ons getoets en geselekteer het. Vir die boer is groei direk eweredig aan gewig en inkomste. Daar is geselekteer vir lae geboortegewigte en fisiese bouvorm wat toelaat dat die bulle as “All Rounders” op uitgegroeide verse en koeie gebruik kan word.
  • Baie moeite is gedoen om Genepoelbulle te kies wat geneties onverwant is aan meeste bestaande Namibiese genetika. Dit sal die boere toelaat om onverwante diere met die groot voordeel van genetiese variasie en verhoogde kruisteeleffek in hulle kuddes te bring.
  • Beide bulle het as speenkalwers goed gespeen (243 kg en 269 kg onderskeidelik) en vandaar baie goeie na-speense groei getoon. Beide bulle het beter as die groepgemiddeld gegroei waarin hulle was. Beide bulle se eie prestasies en BLUP teelwaardes wys dat hulle as “All Purpose” bulle in enige produksiestelsel met sukses gebruik kan word.
  • Slegs bulle waarvan die pelvisindekse 100 en beter was op 12 maande ouderdom, is gekies vir die Genepoel veiling. Ons besef die risiko van kalfprobleme onder ekstensiewe toestande en het bulle geselekteer wat genoegsame pelvisgrootte aan hulle vroulike nageslag behoort oor te dra. Die eienskap is matig tot hoog oorerflik.
  • Dit is bekend dat ekstra gewig in die lengte van ‘n bees is. Beide Genepoel bulle is uitgekies om hoogte/lengte verhoudings te hê wat beter as die rasgemiddeld is. Dit sal die boere help om goeie lengte in hulle kuddes te vestig met die nageslag van die bulle. Ons vertrou dat dit in die toekoms ekstra gewig en inkomste sal verseker.
  • Die Genepoel veilingsbulle dra die Hartebeestloop brandmerk van gewaarborgde tevredenheid. Ons waardeer die ondersteuning en staaf dit met goeie diens en jou tevredenheid.

Die uitnodiging om bulle na die Genepoel veiling te bring word baie waardeer en ons is groot voorstaanders om Hartebeestloop bulle onder alle omstandighede en in alle streke van Namibië te toets. Aanpasbaarheid en gehardheid is belangrike teeldoelwitte op Hartebeestloop en die bulle moet uitgaan en dit bewys!


The English version


General remarks regarding the Hartebeestloop Bulls on the Genepoel Auction

A lot of effort has been put into selecting 2 bulls, that according to our opinions will meet the strict requirements of the Bonsmara Genepoel Auction on Friday, 16 August 2013 at 11:00 in Windhoek.

The name of the auction – Genepoel – clearly defines what it represents. A lot of breeders from all over Namibia will bring high quality animals to the auction! For us at Hartebeestloop it is a great opportunity to host an auction with fellow breeders!

It is part of our breeding goals to achieve the following with the bulls that we offer on auction:

  • We want to breed “All Rounder” bulls that will perform equally well on heifers and on cows.
  • This suites our buyers’ pockets as they do not have to spend more money on an extra bull that can be used solely for heifers.
  • It eases the bull management on the farm as the bulls can easily be moved between heifer- and cow- herds. We all have bulls that get injured or sick during breeding season and it is good to know that any bull can be used amongst the heifers and cows.
  • We want to breed “All Purpose” bulls that will perform well in all production systems.
  • A good weaner usually turns into a good ox. Bulls must have sufficient pre- and post weaning growth potential to breed good weaners and oxen.
  • The farmer must be able to breed good replacement heifers from the bull. The maternal traits of the bull and the bull mother should be outstanding.
  • To breed bulls that the farmer can buy with peace of mind at the auction and buy with minimal risk. The requirements that the bull has to meet is thus very high!
  • To breed bulls that demonstrate high stud potential in order to attract the attention of stud breeders. The bull should have a significant positive influence on the quality of the breeder’s herd.

    Have a look at the photo of CEF 04-0462, that is the father of both Hartebeestloop bulls on auction. We also have photographs of more offspring from this bull.


Back to Top
Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap