Hartebeestloop

Articles

In this section of the website we feature ALL the articles written by HARTEBEESTLOOP BONSMARAS, mainly from our Bonsmara stud breeding program. In most of the articles we refer to what works for us at Hartebeestloop and how we do things in our Bonsmara stud. We also have articles done by other authors. If we can learn from you, we certainly will publish your work! This is a very comprehensive part of this website and we hope you enjoy reading and learning here!

CONTACT US: JOGGIE BRIEDENHANN +264 81 231 6169 (jbried@joggie.com.na)

Publication selected in the Archive of 2008:
Vroeë paring van Verse het Ekonomiese waarde
Date:
November 2008


Nico Visser


DOWNLOAD PDF:
Vroee paring van Verse het Ekonomiese waarde (328Kb)

Vroegryp Bonsmaras

Hoekom is die beginsel “Vroegryp Bonsmaras” so belangrik in ʼn teelfilosofie? Vroegryp verwys hier na verse wat vroeër geslagsryp is en gepaar kan word.

Hartebeestloop Stoet gee insiggewende inligting ten opsigte van hierdie beginsel. In die stoet se beginjare het Bonsmaraverse op gemiddelde ouderdom van 36 maande die eerste keer gekalf. Die Bonsmara-stelsel van onder meer prestasietoetsing verplig telers om op speen, 12 maande en 18 maande alle verse te weeg.

Kort voor lank is opgemerk dat sekere verse op 18 maande reeds die vereiste gewig van 320 kg gehaal het wat die minimum gewig is vir plasing by 'n bul. In ag geneem die 75 dae by die bul en daarna die ongeveer 284 dae tot kalwing is besef dat die verse vroeer kan kalf as die vorige Hartebeestloop se gemiddeld van 36 maande.

Groep jong verse gereed om gedek te word op 14 maande
Groep jong verse gereed om gedek te word op 14 maande

Sekere verse vroeg reeds geslagsryp

Statistiese verwerking van die gewigte het uitgewys dat daar sekere koeilyne, bullyne en kombinasie vader- en moederlyne was wat hoë persentasies van hierdie vroeër geslagsryp verse geteel het. Dit was belangrik om hierdie teeldiere wat die “vroeër geslagsryp” verse teel te identifiseer, maar selfs belangriker was om die “laatryp” diere ook te identifiseer en hulle uit die kudde te haal.

Teel en seleksiebesluite is aangepas om voorsiening te maak vir die aankoop van slegs vroegryp Bonsmaras vir die Hartebeestloop Stoet. Diere is op veilings beoordeel vir verskeie belangrike eienskappe en vroegryp eienskappe was ononderhandelbaar.

Tans is die gemiddelde ouderdom van verse wat die eerste keer op Hartebeestloop kalf 30 maande teenoor die Namibiese Bonsmara rasgemiddeld van 35 maande en hul eie vroeëre gemiddeld van 36 maande.

Die beleid tans is om te diskrimineer teen verse wat ná 30 maande vir die eerste keer kalf. Hierdie streng seleksie vir verse maak dat van die goeie materiaal verlore kan gaan, maar dit verseker ook dat al die laatryp vroulike diere uit die kudde verwyder word.

Die deeglike ontleding van kuddeprofiele, soos verskaf deur die LNR, Irene, individuele teelwaardes van teelbulle en die fenotipiese beoordeling van al die teeldiere, behoort die deurslag te gee vir die seleksie vir vroeër geslagsryp diere in enige stoet. Die onoordeelkundige gebruik van te hoë teelwaardes vir spesifiek die omgewing van Hartebeestloop het aanvanklik aanleiding gegee tot die teel van groterige raam laatryp tipe beeste wat nie goed aangepas en presteer het nie.

Die korrelasie tussen swak karkasafronding, ’n later stadium van puberteit en swak herbesetting van die groter diere onder ekstensiewe omstandighede kan nie meer deel van enige teelfilosofie wees nie.

Vrugbaarheid

Vrugbaarheid is ekonomies gesproke verreweg die belangrikste eienskap by vleisbeeste en daarom moet dit voorrang geniet by seleksiebesluite.

Seleksie vir vroeë geslagsrypheid is 'n baie doeltreffende metode om vir vrugbaarheid te selekteer. Vrugbaarheid word nie slegs deur voeding en kondisie bepaal nie.

Hoewel kondisie en geslagsiektes en groot rol by vrugbaarheid speel, bestaan daar wel genetiese variasie tussen diere en kan doeltreffend geselekteer word vir geneties vrugbaarder diere, veral binne kuddeverband waar alle diere aan dieselfde voeding en bestuur onderworpe is.

ʼn Bykomende voordeel van die paring van vroegryp verse op ʼn jong ouderdom is om ʼn ekstra kalf so vroeg as moontlik te kry. Bonsmaratelers se ondervinding is dat vroegryp Bonsmaraverse dit kan doen, míts dit met goeie bestuur gepaard gaan.

Enige stoet het maar sy vermindering in getalle weens vrektes, uitskot van diere weens swak prestasie en uit-die-hand-verkope. Hartebeestloop se jaarlikse veiling dra ook by tot ʼn betekenisvolle hap uit hul getalle.
Jaar Kalf op 2 jaar Kalf op 2 jaar
Jaar 2 50 kalwers 0 kalwers
Jaar 3 50 kalwers 50 kalwers
Jaar 4 73 kalwers 50 kalwers
Jaar 5 95 kalwers 50 kalwers
Jaar 6 128 kalwers 73 kalwers
Jaar 7 170 kalwers 95 kalwers
Jaar 8 228 kalwers 118 kalwers
Jaar 9 304 kalwers 150 kalwers
Totaal na 9 jr Totaal: 1 098 Totaal: 586

Bron: Willem Odendaal en Seuns van Vrede, Suid-Afrika

Die volgende aannames word gemaak oor die bulkalwers van die vroegkalfstelsel (almal word verkoop as speenkalwers):

 N$12.50 per kilogram wat eskaleer met 5% per jaar.
 Dit beteken dat, in 2017, ons N$17.59 behoort te kry vir speenkalwers van 220 kg speenmassa.
 Ons het spesifiek ʼn lae speenmassa geneem, aangesien baie kalwers uit jong verse afkomstig is.

Met bogenoemde berekening is die kontant-inkomste N$830 676.00 meer uit die vroegkalfstelsel na nege jaar. Hou in gedagte dat die stoetteler ook persentasie bulkalwers as teelbulle kan verkoop wat nog hoer inkomste genereer.

Daar is belangrike bestuursuitdagings en vernuf nodig met die paring van jong vroegryp Bonsmaraverse, veral wanneer dit kom by die herbesetting van hierdie verse. Dit word egter reeds suksesvol gedoen en dit is nog en bestuurs- en boerderypraktyk wat u kan toepas om die geneties meerderwaardig vrugbare diere te identifiseer en te behou, asook om die boerdery se winsgewendheid te verhoog. Die bulle wat met die verse gepaar word, moet nie aanleiding gee tot kalfprobleme nie maar moet die prestasie wat in die kudde verlang word, handhaaf.

Sulke bulle is in die Bonsmararas beskikbaar, maar het besondere eiesoortige genetiese samestelling.

Reproduksie is al wat tel - boere wil<br>so veel moontlik kalwers hê in kortste tyd
Reproduksie is al wat tel - boere wil
so veel moontlik kalwers hê in kortste tyd

Comments:

{ 0 comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

Archive 2023
Archive 2022
Archive 2021
Archive 2020
Archive 2019
Archive 2018
Archive 2016
Archive 2015
Archive 2014
Archive 2013
Archive 2012
Archive 2011
Archive 2010
Archive 2009
Archive 2008
Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap