Hartebeestloop

Articles

In this section of the website we feature ALL the articles written by HARTEBEESTLOOP BONSMARAS, mainly from our Bonsmara stud breeding program. In most of the articles we refer to what works for us at Hartebeestloop and how we do things in our Bonsmara stud. We also have articles done by other authors. If we can learn from you, we certainly will publish your work! This is a very comprehensive part of this website and we hope you enjoy reading and learning here!

CONTACT US: JOGGIE BRIEDENHANN +264 81 231 6169 (jbried@joggie.com.na)

Publication selected in the Archive of 2011:
Hoekom is die Bonsmara so suksesvol in Namibië?
Date:
August 2011


Joggie Briedenhann en Nico Visser
Hartebeestloop Bonsmaras

DOWNLOAD PDF:
Hoekom is die Bonsmara so suksesvol in Namibië? (237 Kb)

HOEKOM IS DIE BONSMARA SO SUKSESVOL IN NAMIBIë?

Die Bonsmara het sedert sy bekendstelling in Namibië in 1975 drasties gegroei tot een van die grootste en bekendste beesrasse in die land. Die grootste rede vir die sukses van die Bonsmara is die feit dat wetenskaplike en omgewing-gefundeerde minimum rasstandaarde vasgestel is. Hierdie minimum rasstandaarde vir produksieen voorkoms-eienskappe is opgeteken en word streng toegepas.

Prestasietoetsing is verpligtend vir alle Bonsmara-telers – die enigste ras wat dit van al sy telers vereis.

Jong, goedgekeurde Bonsmara-verse wat aan al die vereistes van die Genootskap <br>se rasstandaarde voldoen – ’n waarborg vir funksioneel doeltreffende diere.
Jong, goedgekeurde Bonsmara-verse wat aan al die vereistes van die Genootskap
se rasstandaarde voldoen – ’n waarborg vir funksioneel doeltreffende diere.

Enige dier wat nie die minimum rasstandaard bereik nie, word uitgeskot op verskillende vlakke van aanmelding:

  • Die jaarlikse inspeksiebesoek van keurders aan telers is die eerste amptelike vlak waartydens diere geïnspekteer en geëvalueer word. Dit is verblydend om te sien dat Bonsmara-telers glo in die kundigheid van die senior keurders en in volgehoue opleiding. Bonsmara-standaarde is duidelik omskryf en telers verstaan presies aan watter kriteria hul beeste moet voldoen. Dit is ’n wenresep!
  • Bonsmara-telers word aangemoedig om voort te gaan met die uitnooi van kommersiële boere na die stoetkeuring van Bonsmaras. Meer as 200 gaste het die afgelope jaar Bonsmara- stoetkeurings bygewoon waar hulle blootgestel is aan die Bonsmara-stelsel van prestasietoetsing en waardetoevoeging. Dit is die beste geleentheid om die kommersiële boer se mening oor die ideale bul vir sy omgewing en produksiestelsel te kry. Geen ras se bestaansreg kan verseker wees as dit nie in die kommersiële sektor winsgewend produseer nie.

Die tabel hieronder wys die jaartal, aantal diere van verskillende rasse wat aangebied is, die aantal diere wat vir stoetteling goedgekeur is en die aantal diere wat afgekeur is.


Die drie rasse met die meeste geregistreerde diere in Namibië is gekies vir hierdie vergelyking.

JAAR GOEDGEKEUR
AFGEKEUR
TOTAAL
% GOEDGEKEUR % AFGEKEUR
BRAHMAN
2006/2007 1647 316 1963 84% 16%
2007/2008 1499 276 1775 84% 16%
2008/2009 1864 270 2134 87% 13%
2009/2010 2120 348 2468 86% 14%
NGUNI 2006/2007 593 145 738 80% 20%
2007/2008 639 67 706 91% 9%
2008/2009 825 63 888 93% 7%
2009/2010 678 49 727 93% 7%
BONSMARA 2006/2007 1172 675 1847 63% 37%
2007/2008 1201 705 1906 63% 37%
2008/2009 1402 788 2190 64% 36%

Die behoud van die Bonsmaras en die waarborg vir voortgesette groei in die mark is die handhawing van streng dissipline tydens keuring. Die aantal diere wat afgekeur word, is aansienlik meer as in enige van die ander rasse. Die afkeurpersentasie van Bonsmaras is gemiddeld dubbel soveel as dié van ander rasse.

Daar is verskeie redes vir die groter afkeurpersentasie onder Bonsmaras, naamlik:

  • Die minimum rasstandaarde kan aansienlik strenger wees en keuringsvereistes vir die registrasie van diere dus hoër.
  • Keurders se inspeksiebeleid kan strenger wees as dié van die ander rasse.

Die Bonsmara-beleid is om slegs diere goed te keur wat gelykstaande is aan en/of geneties meerderwaardig is tot die rasgemiddeld.

Streng seleksie is die enigste wapen in die hande van die senior keurders en die Genootskap om minderwaardige gene uit die ras te verwyder.

Streng seleksie om die ras geneties te bevorder is in die hande van die teler.

Vir die Bonsmara- telers en die kommersiële boere is die volgehoue konstantheid in die afkeurpersentasie baie bemoedigend. Van 2006/2007 tot 2009/2010 was die verskil in afkeurpersentasies nie meer as 1% nie. Telers kan slegs die ras geneties verbeter as die rasstandaarde eenvormig en deurlopend streng toegepas word. Keuringsvereistes en standaarde word jaarliks op ’n senior keurdersdag bevestig.

Bonsmaras wat op veilings aangebied word, word onder die beskerming van die Genootskap gedoen. Dit beteken dat die prestasietoets-inligting van die veilingbul sowel as sy vaar en moer se prestasiedata en reproduksiedata deur die Genootskap as korrek gesertifiseer is.

Geen Bonsmara kan op enige veilingkatalogus verskyn as die data nie as korrek deur die Genootskap aanvaar is nie. Dit bied ’n groot mate van gemoedsrus aan die voornemende koper as hy weet dat die inligting uit die katalogus van die Genootskap kom en nie van die teler alleen nie. Die aantal eerste aanvaardings (diere wat opgeteel is deur die optelingsprogram tot suiwer Bonsmaras) het ook die laaste paar jaar verminder. Dit is ’n bewys dat die kopers meer gerus is om geregistreerde diere te koop wat reeds aan die Genootskap se vereistes voldoen.

Die feit dat alle Bonsmaras onder die beskerming van die Genootskap aangebied word, is ’n vereiste wat behou moet word. Die Bonsmara is die enigste ras wat dit van sy telers vereis.

Alle prestasiedata en aantekeninge, soos geboortes van Bonsmaras, word aan die INTERGIS (Integrated Registration and Genetic Information System) gestuur wat deur die Landbounavorsingsraad en SA Stamboek in Suid-Afrika bestuur word.

Hierdie twee instansies dien as ’n volgende stap van “keuring”, deurdat die rekenaar-sagteware die diere identifiseer wat nie die minimum rasstandaarde behaal nie. Hier word veral gelet op reproduksiedata soos die interkalfperiodes van vroulike diere en die groei-eienskappe van bulle.

Die diere wat nie die minimum rasstandaarde behaal en volhou nie, word outomaties by die instansies en die Genootskap gekanselleer. Dit is ’n deurlopende proses en Bonsmaras word jaarliks geëvalueer om te sien of hulle nog aan die rasstandaarde voldoen.

Al bogenoemde prosesse dra by tot die geloofwaardigheid van die ras en telers. Die insameling en integriteit van prestasiedata tesame met streng keuring onderskei die Bonsmara van baie ander beesrasse en maak dit ’n gewilde keuse vir kommersiële boere.

Comments:

{ 0 comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

Archive 2023
Archive 2022
Archive 2021
Archive 2020
Archive 2019
Archive 2018
Archive 2016
Archive 2015
Archive 2014
Archive 2013
Archive 2012
Archive 2011
Archive 2010
Archive 2009
Archive 2008
Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap