Dis weer G8 veiling tyd!
Op 30 Augustus bied ons weer top Bonsmara bulle aan by die Windhoek Agra ring, om 11h30. Volg gerus die skakel om al die bulle en beskrywings te besigtig.
Die Bonsmara is bekend as maklike boerbees.
Een van die ras se baie goeie eienskappe is dat meeste bulle op verse en koeie gebruik kan word – in boeretaal staan dit bekend as “All Rounder” bulle. Hierdie is tipiese kalfgemak bulle met ook goeie bouvorm wat swaar speenkalwers en goeie osse sal produseer.
Dit is diè tipe bulle waaruit boere vervangingsverse moet teel – veral as die bulle positief is op melkwaardes. Die verse is gewoonlik “easy fleshing”, sit gou vet aan, kom vinnig in kondisie om bul te vat en het genoeg melk om ‘n goeie kalf te speen.
Dit was dan ook die kriteria wat gebruik is om die G8 veilingsbulle uit te kies. 4 Uit die 5 Hartebeestloop bulle is “All Rounders” en al 5 bulle is positief op melkwaarde.
HART 15-0152 (links) & HART 15-0098 (regs)
Comments:
{ comments… read them below or add one }
Landbouweekblad SA Stamboek Elite Platinum Koei 2016 |
|
|
Ras |
Bonsmara |
ID |
AEJ 06-0163 |
Geboortedatum |
18/09/2006 |
Ouderdom met eerste kalwing |
24 |
Tussenkalfperiode (TKP) |
359 |
Reproduksie-indeks (RI) |
120 |
Getal kalwers |
8 |
Gem. Speenindeks |
108 |
Teelwaarde-indeks vir speen |
102 |
Koeiwaarde-seleksie-indeks |
142 |
% nageslag goedgekeur |
83 |