AFC 24 |
Number of Calvings 7 |
1st ICP 405 |
Av ICP 354 |
Last ICP 307 |
Reproduction Index 121 |
Approved B&H 4/5 |
Approved Bulls 3/4 |
Approved Heifers 1/1 |
|
Die elitekoei, VBB 06/115, was 24 maande oud toe sy die eerste keer gekalf het en het nou reeds sewe kalwers gehad met ’n TKP van 354 dae. Lees gerus ook die
Nuus artikel oor hierdie wenner koei.
Kyk gerus ook na haar seun, HART 12-0206, wat op die
Hartebeestloop Veiling 2015 aangebied word.
- ID: VBB 060115
- Eienaar: Hartebeestloop Bonsmaras
- Geboortedatum: 24/09/2006
- Ouderdom met eerste kalwing: 24 maande
- Tussenkalfperiode (TKP): 354
- Reproduksie-indeks (RI): 121
- Getal kalwers: 7
- Gem. Speenindeks: 100
- Teelwaarde-indeks vir speen: 111
- Koeiwaarde-seleksie-indeks:127
- % nageslag goedgekeur: 80%
Artikel, soos verskyn in die LANDBOUWEEKBLAD
WETENSKAP AANGEWEND VIR OPTIMALE PRODUKSIE
In die klipharde Kalahari-duineveld van Namibië het hierdie teler die wetenskap en omgewing by mekaar uitgebring om ’n topklas Bonsmara-stoetery te ontwikkel.
Die wetenskap van veeteelt en veral BLUP-teelwaardes word gebruik om die eienskappe wat die omgewing kan onderhou, optimaal te kry. Net so word die kennis van die omgewingstoestande gebruik om die eienskappe wat nie deur die omgewing bevorder word nie, te beperk, sê dr. Joggie Briedenhann, eienaar van Hartebeestloop Boerdery.Hy boer ongeveer 20 km suidoos van Stampriet in Namibië in die pragtige, maar ongenaakbare Kalahari-duineveld, wat gemiddeld slegs 180–200 mm reën per jaar kry.
Die hoofstroom-boerdery is 500 Bonsmara-stoetkoeie. Seleksie vir vrugbaarheid en uitstekende reproduksievermoë is eie aan die kudde en word streng toegepas. Hartebeestloop Bonsmaras was in 2013 en 2014 die Landbounavorsingsraad se Nasionale Vleisbees-verbeteringskudde van die Jaar (onderskeidelik die buite-Suid-Afrika-wenner en Suid-Namibië-wenner).
Die kudde was ook die afgelope paar jaar onder SA Stamboek se tien beste kuddes van die jaar vir alle rasse wat by hierdie instansies geregistreer is.
Joggie se kudde het ʼn gemiddelde ouderdom met eerste kalwing van 25 maande en ’n tussenkalfperiode van 385 dae.
Hy sê Namibiërs voeg waarde tot hul speenkalwers toe deur hulle tot osse op die veld uit te groei en dan deur plaaslike abattoirs te bemark; verkieslik deur uitvoer-abattoirs vir bemarking in die Europese Unie en Skandinawiese lande waar ekstra pryspremies verkry word.
Sy boerdery is in 2014 drie keer as Meatco (’n vleisverwerkings- en bemarkingsmaatskappy) se produsent van die maand aangewys, gegrond op die gehalte van die diere wat vir slagdoeleindes aangebied word.
“Goeie naspeense groeivermoë is in die kudde vasgeteel,” sê Joggie. “Ons streef daarna om die optimale hoeveelheid vleis per hektaar op die doeltreffendste wyse moontlik te produseer en mik nie slegs vir totale produksie-doeltreffendheid op die plaas nie, maar kyk ook na elke koei se doeltreffendheid. Om dit te bereik, is ʼn geharde, aangepaste, hoogs vrugbare koeikudde nodig.”
Hy doen pelvismetings op alle verse en bulle. Dit speel ʼn belangrike rol wanneer seleksie vir parings gedoen word. Alle bulle gaan deur ʼn groeitoets onder ekstensiewe toestande in samewerking met die Ministerie van Landbou, Water en Bosbou en onder die vaandel van Stamboek. Die bulle word bykomend in ’n ekstensiewe veldbultoets van Veldbul/ram SA geëvalueer.
Joggie sê veeboere word vir vleis in die vorm van gewig betaal. Die doelwit is dus om mediumraam diere te teel, met ʼn aanvaarbare volwasse gewig, goeie, gemiddelde, daaglikse gewigstoename en ’n uitstekende veld-voeromsetverhouding.
Alle bulle word ultrasonies skandeer om die grootte van die oogspieroppervlakte te meet en te bepaal tot watter mate hulle vroeg vet sal neerlê. Hierdie eienskappe is belangrik om genoeg bespiering in te teel en diere te hê wat op ʼn vroeë ouderdom op die veld afrond om die maksimum uitvoerpremies te verdien.
ELITE KOEI
Sy elitekoei, VBB 06-0115, wat ook al Stamboek se elite-platinumkoei was, is een van die uitstaande koeie in die kudde. Sy het op 24 maande die eerste keer gekalf en het ná sewe kalwers ’n TKP van 354 dae. Vier van haar eerste vyf kalwers is goedgekeur vir stoetteling, die sesde kalf in nog in prestasietoetsing waar hy uitstekend presteer en die sewende kalf loop nog by sy ma. Sy het reeds twee bulle op Joggie se jaarlikse produksieveiling verkoop en nog een kom vanjaar onder die hamer.
Back to Top