Hartebeestloop

G8 Auction 2020
24 September 18H00

Index    Overview    Videos   All Auctions

Quickview | Large | Description | Descriptions All | Videos

double YESSS!
View English
double YESSS!


VIDEO  /  STOETVAAR

Om die videos van die bulle te sien afsonderlik:

HART 17-0199: https://youtu.be/pW3r2zwSm1g
HT 17-0012: https://youtu.be/3EOLwchNb8s



 Terug na Bo

HART 17-0199
View English
HART 17-0199


VIDEO  /  STOETVAAR

Hier is ‘n UITSTEKENDE kwaliteit, mediumraam, kalfgemak bul wat gemaklik ook op jonger verse gebruik kan word.

Sy vaar is HART 08-0062 (druk op skakel "STOETVAAR / SIRE", hier bo) – die vaar is ook ons topverkoper bul op die 2011 veiling aan EMOK Bonsmaras vir N$ 450K. Hy is nog steeds deel van die KI-program op Hartebeestloop. Die moer is HART 15-0015 met OEK 30 maande, TKP 355 dae/3 kalwers, Reproduksie Indeks 113 en gemiddelde speenindeks van 107/3 kalwers. Sy speen haar 3 kalwers teen 50.2% van haar liggaamsmassa. Daar is ‘n mooi kombinasie van genoegsame melk en goeie bespiering in sy teling.

HART 17-0199 is goed bespierd, breed regdeur, met goeie bouvorm en baie goeie balans. Sy aanpasbaarheid is uitstaande. Sy groei op die veld, vermoë om veldweiding in gewig om te sit en kondisie en konstitusie te behou op die veld, is van die heel beste. Die Hartebeestloop teelfilosofie is om lae insetkoste diere te teel en hy is ‘n goeie voorbeeld van die teling - sy Onderhoudkoste Teelwaarde indeks is 24% “goedkoper” as die rasgemiddeld.

Hierdie bul kan in enige produksiestelsel met sukses gebruik word. My voorspelling is dat hy vervangingsverse van hoë kwaliteit sal teel - diep verse wat baie vroulik is, wat gou in kondisie kom, genoegsame melk het en ook baie goed sal presteer onder veldtoestande.

HART 170-0199 vertoon goeie stoetkwaliteite en telers moet mooi na hom kyk!



 Terug na Bo

HT 17-0012
View English
HT 17-0012


VIDEO  /  STOETVAAR

Hierdie bul is geteel uit die poena kudde op Hartebeestloop. Sy vader is HART 13-0379 (kliek op "SIRE / STOETVAAR" hier bo) wat aan Springputz Bonsmaras as stoetbul verkoop is. Die bul het my baie beïndruk en ek het hom op die poena koei HT 13 -0347 gebruik met die hoop om ‘n top poena bul te teel. HT 17-0012 is nie poena nie maar is ‘n top kwaliteit bul!

HT 17-0012 is ‘n mediumraam, kalfgemak bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Sy bespiering is goed, hy is baie breed en vertoon baie goeie kapasiteit en uitstekende balans. Hy is sekerlik een van die “breedste en dikste” bulle wat ons nog geteel het!

Sy veldaangepasde eienskappe is uitstekend met goeie weidingomsetvermoë, behou top kondisie op die veld en is ‘n tipiese Hartebeestloop lae insetkoste bul met Onderhoud Teelwaarde Indeks van 13% “goedkoper” as die rasgemiddeld.

Kyk gerus na die bul op foto en video, of nog beter, kom kyk hoe lyk hy op die veiling!
Hier is werklik ‘n uitstaande bul wat in menigte stoet en kommersiële kuddes ‘n baie goeie bydrae sal lewer!

Dit wat belangrik is vir boer op die veld met lae insetkoste en optimale genetiese verbetering in jou kudde, is wat in HT 17-0012 se teling, vasgelê is!



 Terug na Bo
Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap