Hartebeestloop

G8 Auction 2019
29 August 18H00

Index    Overview    All Auctions

Quickview | Large | Description | Descriptions All | Videos

HART 16-0339

Kies Afrikaans
HART 16-0339

VIDEO  /  SIRE

Unfortunately no English descriptions will be available for this auction.



 Back to Top

HART 16-0339
View English
HART 16-0339


VIDEO  /  STOETVAAR

Uitstekende bul wat geteel is uit FCT 11-0285 en HART 13-0187. Sy is aan vaderskant geteel uit HART 09-0055 (bul op die voorblad van die G8 veiling advertensie) wat weer geteel is uit AG 98-0338. Sy het uitstaande prestasies met OEK 25 mnde en TKP van 370 dae oor 4 kalwers. Sy is 9 gepunt tydens keuring. FCT 11-0285 se seuns was die topverkopers op die Hartebeestloop 2019 veiling. Hy het deurgaans baie goed geteel.

HART 16-0339 is ‘n mediumraam, “easy fleshing” bul met uitstekende balans. Hy het baie goeie balans in beide lengte/hoogte en voor/agterkwart en beweeg uitstekend in die diep sand. Kyk gerus na die video op die webtuiste waar hy beweeg. Sy bespiering is baie goed, hy is breed, vertoon uitstekende kapasiteit en sprong van rib en baie goeie diepte deur die voorlyf. Weereens een van die spesiale bulle wat goeie bespiering, genoegsame bevlesing en vroeë vetneerlegging kombineer. Dit is die tipe genetika wat floreer in beide produksie en reproduksie onder Namibiese veldboer-toestande.

Sy genomiese merkerverrykte teelwaarde indekse is van die beste – uitstekende voorspeense groeivermoë (118), naspeense groeivermoë (114), melk (103), GDT (110), Veldvoeromsetverhouding (105), Uitslagpersentasie (122) en Vleisopbrengs (119). Die 3 belangrike Bonsmara Seleksie indekse is Koeiwaarde (114), Groeiwaarde (120) en Produksie Waarde (117). Hy is een van die “uitsondering” bulle met die beste teelwaardes en waar die teelwaardes, voorkoms en eie prestasies mekaar ondersteun.

Hy is uitstekend aangepas vir die veld met baie goeie vel en haar, baie sterk bene en baie goeie kloue.

HART 16-0339 vertoon goeie stoetpotensiaal. Hy is werklik ‘n bul wat in enige produksiestelsel uitstekend sal presteer. Ek sal hom veral aanbeveel vir die teel van vervangingverse. Aanpasbaarheid, bouvorm, melk en genoegsame groei is wat hy behoort te teel.



 Terug na Bo

HT 12-0020 - VADER VAN HT 16-0009

Kies Afrikaans
HT 12-0020 - VADER VAN HT 16-0009

VIDEO  /  SIRE

This is the father of HT 16-0009.



 Back to Top

HT 12-0020 - VADER VAN HT 16-0009
View English
HT 12-0020 - VADER VAN HT 16-0009


VIDEO  /  STOETVAAR

Hierdie is dit vader van HT 16-0009



 Terug na Bo

HT 16-0009

Kies Afrikaans
HT 16-0009

VIDEO  /  SIRE

Unfortunately no English descriptions for this auction.



 Back to Top

HT 16-0009
View English
HT 16-0009


VIDEO  /  STOETVAAR

HT 16-0009 Hy is DNA poena gesertifiseer as PH. Beide sy vaar HDT 12-0020 (sien stoetvaar foto) en moeder JPL 05-0035 is ook met DNA ontledings bevestig as poena beeste. Sy is aangekoop op die Snyman-broers se uitverkoping en het ons almal verbaas oor hoe goed sy presteer het as ouer koei in die harde Kalahari. Haar OEK is 29 maande en TKP van 393 dae oor 10 kalwers. Sy speen haar 10 kalwers teen 237 kg.

HT 16-0009 is ‘n mediumraam (3.5) bul met baie goeie bespiering, sterk toplyn, goeie agterkwart, mooi middelstuk en sprong van rib en baie goeie diepte deur die voorlyf. Sy bene is sterk, daar is goeie breedte oor die hakke, kloue is goed en sy balans is baie goed. Hy beweeg baie gemaklik. Sy onderlyn is baie mooi met goeie naelvel/skede kombinasie en dit is ‘n belangrike oorweging as poena beeste aangekoop word. Ons weet almal dat hulle geneig is na prolapse. HT 16-0009 se vleiseienskappe is baie goed – sy oogspierontwikkeling is sterk en gaan mooi deur tot in die skof, lende en kruishelling is baie mooi gevul met vleis en beide buite en binne dye is goed ontwikkel.

Sy genomiese merkerverrykte teelwaarde indekse is baie goed: Voorspeense groeivermoë (101), naspeense groeivermoë (102), melk ((115), GDT (114), Veldvoeromsetverhouding (107), Uitslagpersentasie (102) en Vleisopbrengs (111).

Dit is dan ook waar die bul aangewend moet word – in ‘n speenkalf en/of os produksiestelsel waar aanpasbaarheid, groei, GDT en voeromset op die veld belangrik is. Hy teel die raamwerk en bouvorm wat gewig gee.

Daar is min geleenthede om goeie poena bulle aan te koop in Namibië. HT 16-0009 op die G8 veiling in Windhoek is so ‘n geleentheid.



 Terug na Bo
Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap