Hartebeestloop

Gobabis Bonsmara
Auction, 6 Aug 2019, 11H30

Index    Overview    All Auctions

Quickview | Large | Description | Descriptions All | Videos

1. HT 16-0090

Kies Afrikaans
1. HT 16-0090

VIDEO  /  SIRE

Unfortunately no English descriptions for this auction.



 Back to Top

1. HT 16-0090
View English
1. HT 16-0090


VIDEO  /  STOETVAAR

Video - druk "video" skakel net hier bo!

Hy is geteel uit HDT 10-0005 – dit is ‘n poena bul wat sterk gebruik is in die kudde, en JMP 12-0217. Sy is ‘n goeie koei met OEK 37 mnde, TKP 388 dae oor 4 kalwers met gemiddelde speenindeks van 123. Sy het baie melk. Sy speen haar kalwers teen 47,3% van haar liggaamsmassa.

HT 16-0090 is ‘n bul met goeie bouvorm, baie goeie bespiering, goeie breedte regdeur, sterk toplyn, baie goeie kapasiteit en sprong van rib en goeie diepte deur die voorlyf. Struktureel is hy baie korrek met mooi kruishelling, goeie stertaanhegting, en uitstekende balans. Hy dra baie vleis en dit is presies die indruk wat hy gee. Sy teelwaarde indekse is deurgaans uitstekend en ek haal net ‘n paar aan wat belangrik is en nie op die Bonsmara katalogus verskyn nie: Oogspieroppervlakte (121), Vroeë vetneerlegging (110), Uitslag% (123) en Vleisopbrengs (136). Hy was ‘n TOP PRESTEERDER tydens prestasietoetsing met Speenindeks (118), GDT indeks (148) en Veldvoeromset Indeks (135). Sy voorspeense en naspeense groeivermoë Teelwaarde Indekse is 131 en 136 onderskeidelik. Nietenstaande al hierdie uitstekende prestasies is hy nog steeds ‘n “easy fleshing” mediumraam bul wat uitstekend aangepas is vir die ekstensiewe toestande.

Sy vel en haar is uit die boeke, sterk bene met sterk hakke, goeie kloue en ook goeie skofontwikkeling. Sy Veldbulindeks van 110 wys sy goeie prestasies op die veld.

HT 16-0090 sal uitstekend doen in kuddes waar aanpasbaarheid, groeivermoë, die doeltreffende omsit van veldweiding in vleis en gewig en bouvorm verbeter moet word.

Hy is ook geneties heeltemal onverwant aan die bestaande Hartebeestloop genetika vir die boere wat al baie jare bulle by ons koop en dalk ‘n nuwe bloedlyn wil inbring.



 Terug na Bo

2. HART 16-0032

Kies Afrikaans
2. HART 16-0032

VIDEO  /  SIRE

Unfortunately no English descriptions for this auction.



 Back to Top

2. HART 16-0032
View English
2. HART 16-0032


VIDEO  /  STOETVAAR

Video - druk "video" skakel net hier bo!

Hy is geteel uit HART 09-0329 wat uitstekende bouvorm en baie goeie groei in die Hartebeestloop kudde ingebring het. Alhoewel Gobabis en omgewing baie bekend is vir koei-kalf produksiestelsels, is daar ook baie boere wat wissel tussen speenkalf en os produksie afhangende van die pryse. Hulle soek goeie groeivermoë (voor en naspeen), goeie GDT en ‘n bogemiddelde veldweidingomset (Kleiberindeks) om die beste produksie uit hulle diere op die veld te kry. Die uitdaging vir stoettelers is om bulle teel wat aan die kommersiële mark se behoeftes voldoen.

HART 16-0032 is so ‘n bul! Hy vertoon goeie bouvorm, goeie lengte, sterk toplyn, is breed met genoegsame bespiering en baie mooi diepte deur die voorlyf. Hy is ‘n raamtipe 3,5 met uitstekende teelwaarde indekse – voorspeense groeivermoë (113), naspoeense groeivermoë (120), GDT (110) en veldvoeromset ( 108). Sy vleiseienskappe is uitstekend en teelwaarde indekse vir Uitslag% (98) en Vleisopbrengs (119) is baie goed.

Sy aanpasbaarheideienskappe is baie goed en hy is ‘n goeie voorbeeld van effens meer Indikus tipe Bonsmara wat uitstekend presteer in die ekstensiewe toestande. Vel en haar is blink en seepglad, skofontwikkeling is sterk, stert is lank, bene is sterk met goeie breedte oor die hakke en kloue is goed. Hy kan maar veld toe gaan, ver loop, baie koeie dek – dit is presies waarvoor hy geteel is.

HART 16-0032 sal baie goeie groeivermoë asook die doeltreffende omset van weiding in gewig na kuddes bring, sonder dat hy Volwasse Gewig buitensporig sal verhoog. Hy kom uit hoogs vrugbare moederlyne en is verwek tydens 1ste siklus van sy ma. Kyk na sy Hartebeestloop moeder en ouma aan vaderskant se vrugbaarheid en reproduksievermoëns: HART 07-0177 – OEK 26 maande, TKP 363 dae oor 8 kalwers, Reproduksie Indeks 118 en sy speen teen 45.6% van haar liggaamsgewig. Dit is gemiddeld 222 kg oor 8 kalwers. Sy Ouma HART 06-0096 is OEK 24 maande en TKP 372 dae oor 9 kalwers.



 Terug na Bo

3. HART 16-0286

Kies Afrikaans
3. HART 16-0286

VIDEO  /  SIRE

Unfortunately no English descriptions for this auction.



 Back to Top

3. HART 16-0286
View English
3. HART 16-0286


VIDEO  /  STOETVAAR

Video - druk "video" skakel net hier bo!

Uitstekende bul geteel uit HART 13-0114 en AEJ 06-0163. Sy was die ELITE PLATINUM BONSMARA koei vir 2016 met OEK 24 mnde, TKP van 359 dae oor 11 kalwers en sy speen 11 kalwers teen 58,6% van haar eie gewig. Dit is gemiddeld 269 kg oor 11 kalwers – sy is nog steeds aktief in die kudde. Haar ma AEJ 00-0041 is ook ‘n koei met uitstekende prestasies. Aan vaderskant kom HART 16-0286 uit JMP 04-0019 - kyk gerus na beide oumas se prestasies op die katalogus. Hier is sommer ‘n klomp onverwante genetika in een bul saamgeteel en is vrugbaarheid en hoë reproduksievermoë die boustene van HART 16-0286 se teling.

HART 16-0286 is ‘n raamtipe 3,5 bul met goeie bouvorm, lang bul, kapasiteit, baie goeie bespiering, breedte en ‘n baie sterk toplyn. Hy was ‘n TOP PRESTEERDER tydens prestasietoetsing en het uitstaande teelwaarde indekse. Voorspeense (120), naspeense (134) groeivermoë, melk (114), GDT (131) en voeromsetverhouding (104). Hy dra baie vleis en dit word weerspieël in sy uitstekende Teelwaarde Indekse van 125 vir Uitslag% en 137 vir Karkasopbrengs.

Wat baie beindruk, is sy uitstekende aanpasbaarheidseienskappe. Blink, seepgladde, dik vel met baie velvoue en ‘n goeie los keelvel. Daar is goeie skofontwikkeling, sterk bene met goeie kloue, baie goeie loopvermoë en ‘n lang stert wat amper die grond raak. Sy Veldbulindeks is 105. Hy is veldgetoets om te werk in die veld!

HART 16-0286 se sterkpunte is die baie goeie groeivermoë, uitstekende daaglikse gemiddelde gewigstoename, effektiewe voeromsetverhouding en baie melk vir sy vroulike nageslag. Hy sal uitstekend doen in speenkalf en os produksiestelsels waar groei op die veld hoogs gekorreleer is met gewig en inkomste. En – natuurlik sal hy uitstekend doen in ‘n kruisteelstelsel waar melk en groei benodig word.



 Terug na Bo

4. HT 16-0026

Kies Afrikaans
4. HT 16-0026

VIDEO  /  SIRE

Unfortunately we do not have any English descriptions for this auction.



 Back to Top

4. HT 16-0026
View English
4. HT 16-0026


VIDEO  /  STOETVAAR

Video - druk "video" skakel net hier bo!

Hy is geteel uit HDT 12-0020 – ‘n poena bul wat sterk gebruik word in die kudde van Boshoff Bonsmaras by Delmas. Sy kalwers doen baie goed in die FASE D groeitoetse en dit kan ook gesien word in die groeiprestasies van HT 16-0026.

HT 16-0026 is ‘n bul met baie goeie bespiering, baie goeie kapasiteit en sprong van rib, uitstekende breedte en met goeie diepte deur die voorlyf. Hy is seker een van die breedste bulle op die veiling. Toplyn is sterk, breed en die breedte gaan regdeur tot in die skof. Hy dra baie vleis – met sy Teelwaarde Indekse van 105 en 109 vir Uitslag% en Vleisopbrengs onderskeidelik.

Sy genomiese verrykte Teelwaarde Indekse is goed – groot oogspieroppervlakte (106), voorspeense groeivermoë (107), naspeense groeivermoë (108) en GDT (104). Hierdie waardes bevestig maar net sy goeie bespiering en uitstekende groeivermoë.

Sy aanpasbaarheid is uitstekend – blink, gladde vel met kort haar, baie los keelvel met goeie velvoue, mooi skofontwikkeling, sterk bene, goeie breedte oor die hakke en goeie kloue. Sy Veldbulindeks is 106 en hy sal baie goed doen onder ekstensiewe toestande. Sy balans en loopvermoë is goed en hy sal konstitusie handhaaf op die veld.

Hy wys baie goeie sekondêre manlikheidseienskappe – kop is sterk, wakker oë, goeie oogbanke en breedte tussen die oë, mooi verdonkering en skrotum van 37 cm wat baie mooi gevorm is en simmetries hang.

Indien jy bespiering, aanpasbaarheid, bouvorm, breedte en goeie groeivermoë in jou kudde wil aanspreek, moet HT 16-0026 sterk oorweeg word. Hy kom ook uit bloedlyne wat onverwant is aan die bestaande Namibiese bloedlyne. Hy hoef nie net op rooi beeste gebruik te word nie – in kruisteling sal hy nog BETER presteer.



 Terug na Bo
Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap