Hartebeestloop

G8 Auction 2017
31 August 11H30

Index  |  Overview  |  All Auctions
BULLS
G8 2017


01. HART 14-0201

VIDEO    


HARTEBEESTLOOP BOERE KATALOGUS: HART 14-0201
KALFGEMAK
Weeg 36kg by geboorte.
Sterk “All Rounder” bul wat op verse en koeie gebruik kan word.
GROEIVERMOë
Hy speen 273kg. Hy vertoon bogemiddelde Gemiddelde Daaglikse Gewigstoename, uitstekende voeromset en baie goeie vermoë om gewig aan te sit op die veld.
VOLWASSE TIPE
Mediumraam. Goeie bespiering, sterk toplyn, mooi breedte en is goed gevul met vleis.
AANPASBAARHEID
Toonbeeld van uitstekende aanpasbaarheid.
Top prestasies tydens die Veldbul toets en eindig top in die groep.
VRUGBAARHEID
Goeie skrotumomtrek. Hy sal vrugbare verse teel met baie melk. HART 14-0201 het ‘n hoë melksyfer wat oorgedra sal word na sy vroulike nageslag. As bonus is sy pelvisindeks ook bogemiddeld groot gemeet.
KOEI PRESTASIE
Hy is geteel uit een van die vrugbaarste en mees effektiefste moederlyne op Hartebeestloop. Sy moeder speen teen 54.9% van haar gewig en gemiddeld 271kg oor al haar kalwers. Haar TKP is 382 dae.
OPMERKING:
“Blou Bloed Bul” ten opsigte van vrugbaarheid en reproduksievermoë van moeder en uitstekende bouvorm en prestasie aan vaderskant. Jy koop hier diep in die Hartebeestloop teelfilosofie van “fertility combined with performance”.
AANWENDING:
Uitstekende bul om te gebruik vir die teel van vervangingsverse en speenkalwers. My opinie – maak jou verse met hom oop en teel jou vervangingsverse en verkoop verse uit hom. Vrugbaar, goeie melk, mooi bouvorm en uitstekende aanpasbaarheid.




02. HART 14-0324

VIDEO    


HARTEBEESTLOOP BOERE KATALOGUS: HART 14-0324
KALFGEMAK
Weeg 33kg by geboorte. Uitstekende “All Rounder” bul wat op verse en koeie gebruik kan word.
GROEIVERMOë
Hy speen 268kg. Hy is ‘n TOP PRESTEERDER tydens prestasietoet- sing met speenindeks (110), GDT indeks (102) en Kleiberindeks (105).
VOLWASSE TIPE
Mediumraam. Goeie bespiering, mooi kapasiteit, sterk toplyn en baie goeie balans. Hy dra baie vleis.
AANPASBAARHEID
Sy sterk punt is gewigstoename op die veld en uitstekende behoud van kondisie. Hy is ‘n goeie voorbeeld van die lae insetkoste teelbeleid op Hartebeestloop.
Bogemiddelde prestasie op die veld met minimale insette.
VRUGBAARHEID
Goeie skrotumomtrek en ‘n baie manlike bul met goeie verdonkering, sterk kop en wakker houding.
Sy vaderlyn is bekend vir vrugbare bulle teel wat baie koeie dek.
KOEI PRESTASIE
Hy is geteel uit een van die “Royal Family” koeie. Sy moeder BHE 02-0101 speen 11 kalwers teen 251kg gemiddeld met TKP van 382 dae. Sy het deur die goeie en slegte jare presteer.
OPMERKING:
Baie goed veldaangepasde, geharde en lae insetkoste bul vir ekstensiewe boerdery. Lae insetkoste diere is die toekoms van beesboer- dery in Namibië en dit is die tipe bulle wat orals presteer.
AANWENDING:
Hy sal uitstekend werk om vervangingsverse te teel met baie vroulikheid, goeie bouvorm met baie melk en wat aangepas is om onder ekstensiewe toestande top prestasies te lewer. Hy is ‘n tipiese “Multi- Purpose” bul wat werklik in enige produksiestelsel sy kant sal bring.




03. HART 14-0003

VIDEO    


HARTEBEESTLOOP BOERE KATALOGUS: HART 14-0003
KALFGEMAK
Weeg 37kg by geboorte. “All Rounder” bul wat op uitgegroeide verse en koeie gebruik kan word.
GROEIVERMOë
Hy speen 256kg. Hy vertoon uitstaande voorspeense en naspeense groeivermoë met GDT en veldvoeromset wat uitstekend is. Hy is ‘n mees effektiewe gras omsetter na vleis en gewig.
VOLWASSE TIPE
Mediumraam. Goeie bespiering, baie mooi lengte, kapasiteit en goeie diepte deur die voorlyf. Hy dra baie vleis en gewig. Sy karkasopbrengs en uitslagpersentasie sal hoog wees.
AANPASBAARHEID
Baie goed aangepas met sterk bene en kloue. Hy behou uitstekend kondisie en konstitusie op die veld.
VRUGBAARHEID
Goeie skrotumomtrek en met sterk manlikheid en hoë libido. Kyk ook na die oumas aan beide kante se reproduksie prestasies – TOP!
Sit hom tussen minimum 40 koeie!
KOEI PRESTASIE
Hy is geteel uit BHE 05-0061 – ‘n SA Stamboek Elite koei. Sy is uit die bekende Fortress lyne met OEK 28 mnde en TKP 388 dae oor 10 kalwers. Al haar kalwers is stoetgoedgekeur. Suksesvolle boer- derye word gebou op hierdie hoogs presterende koeie.
OPMERKING:
Hy kombineer uitstekende prestasiesyfers in groeivermoë en omset van natuurlike weiding in vleis en gewig met uitstaande bouvorm, aanpasbaarheid en prestasie op die veld.
AANWENDING:
Uitstekende bul om te gebruik in speenkalf en osproduksie stelsels. Alle teelwaardes en eienskappe wat belangrik is vir speenkalf groei en os afronding op die veld, het hoog gemeet by hom. Hy sal ook baie goed doen in ‘n terminale kruisteelprogram.




04. ERH 14-0036

VIDEO    


ERH14-036 is uit HART10-272 en ERH11-093.HART10-272 is 'n seun van AG030359 wat baie goed in die EMOK kudde gedoen het.

ERH14-036 is nog 'n uitsonderlike kleinseun van AG030359. Hy is 'n goed gebalanseerde, klip harde bul met goeie konstitusie.Hy is ’n uitstekende vroeg geslagsryp mediumraam bul met uitstekende kwaliteite.Sy aanpasbaarheidseienskappe is baie goed met baie goeie vel en haar, goeie skofontwikkeling,sterk bene met goeie breete oor die haak en goeie kloue.Hy vertoon manlikheid - kop is goed, oogbanke is mooi ontwikkel, goeie diepte regdeur met 'n uitstekende skrotum wat korrek aan geheg is.

ERH14-036 is 'n mediumraam bul wat op koeie en uitgegroeide verse gebruik kan word. Sy teelwaardes is uit die boeke met veral goeie melk eienskappe.Sy Speengewig Maternaal Indeks is 92,goed op groeivermoë en voerdoeltreffendheid. Hy speen 240 kg en groei met GDT indeks van 116 en Kleiber indeks van 116 tydens die ekstensiewe groeitoets

ERH14-036 is ‘n baie sterk bul wat geteel is om goed te presteer onder ekstensiewe toestande.Kommersiële boere wat graag die goeie eienskappe van die Bonsmara in hulle kudde wil vestig, moet baie mooi na die bul kyk. Hy sal in enige plek in Namibia baie,baie goed doen.




05. ERH 14-0043

VIDEO    


ERH14-043 is uit HART10-272 en ERH11-159.ERH11-159 se OEK is 29 mnde, TKP van 415, speenindeks van 97 en RI van 108.

Hierdie kleinseun van AG030359 is in alle opsigte ‘n uitsonderlike bul wat die oog vang. Hy vertoon goeie lengte met hoogte/lengte verhouding van 1:22. Jy kan dadelik sien dat sy lengte dra by tot sy indrukwekkende voorkoms.Die bul se vleiseienskappe beindruk – vol agter die blaaie, vol vleis oor die lende areas, kruis is goed vol vleis, uitstekende agterkwart en groot oogspieroppervlakte gemeet.

ERH14-043 is baie manlik – met sterk breë kop en oogbanke, uitstekende skrotum en goeie skede en naelvel. Sy bene en kloue is opvallend sterk – kyk gerus na die breedte oor die hake. Sy skrotum wat perfek aangeheg is hang goed en meet 38 cm aan die end van groeitoets en nou voor-veiling 39 cm. Hy is 'n mediumraam "All Rounder " bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Sy teelwaardes is uit die boeke.Sy Speengewig Maternaal Indeks is 102,goed op groeivermoë en voerdoeltreffendheid. Hy speen 220 kg en groei met GDT indeks van 116 en Kleiber indeks van 111 tydens die ekstensiewe groeitoets.

ERH14-043 is ‘n sterk bul en is beslis ook een van my aanbevelings vir die veiling.Hy sal uitstekende vervangingsverse teel.Stoettelers en erenstige kommersiële telers moet baie mooi na hom kyk.Ek bied hom met trots aan.




06. ERH 14-0046

VIDEO    


ERH14-046 is geteel uit HART06-074 en ERH08-114. Haar OEK is 30 maande, met ’n TKP van 362 dae oor 7 kalwers, ’n reproduksie-indeks van 114 en ’n gemiddelde Speen-Indeks van 101 oor 6 kalwers.

'n Indrukwekkende manlike seun van HART06-074.Let gerus op die tipe wat die bloedlyn vir ons deurlopend teel.Hierdie FCT000065 kleinseun se kapasiteit en diepte trek dadelik jou aandag en die bul is hoog aangeskryf deur Kiep Lepen, Dr Joggie Briedennhann en Japie Bestebreurje tydens hulle besoek aan Maitland (EMOK Bonsmarastoet). Van jongs af het hy uitgestaan tussen die ander kalwers en sy lengte, middelstuk, binne en buite dye en bespiering is uitsonderlik.

ERH14-046 se aanpasbaarheidseienskappe is baie goed met mooi vel en haar, sterk bene en kloue asook goeie skofontwikkeling, lekker los en dik vel met mooi velvoue in die nek.Hy sal orals aanpas in Namibië en is kliphard – hy sal sy konstitusie behou waar ookal jy hom gaan gebruik. Hy is pure bul – sy kop is op, oë is wakker, verdonkering is aanwesig, nek is sterk en kop is manlik. Hy is ‘n mediumraam bul wat ek op koeie en verse sal gebruik.

ERH14-046 vertoon baie goeie stoetpotensiaal. Hy is hoog gepunt deur al die konsultante en ons bied hom met trots aan.




07. ERH 14-0047

VIDEO    


ERH14-047 is geteel uit HART07-027 en ERH08-008.Haar OEK 26 mnde, TKP 372 dae oor 8 kalwers, speenindeks is 103 oor 7 kalwers en Reproduksie Indeks is 116. Hierdie is ’n yster moederlyn. HART07-027 is 'n seun van AG02-027 en 'n kleinseun van AG980338. Ons het HART07-027 met groot sukses in die EMOK stoet gebruik en ERH14-047 is van sy laaste seuns wat aan gebied word.

ERH14-047 is ‘n mediumraam,hoȅ kwaliteit bul wat op net op koeie gebruik kan word. Hy is funksioneel en struktureel baie korrek met goeie bespiering, goeie lengte, goeie breedte en mooi diepte deur die voorlyf.

Hy het ook goed presteer tydens die ekstensiewe groeitoets met GDT indeks (98), Kleiber indeks (99). Sy aanpasbaarheid is baie goed met sterk bene, goeie vel en haar en goeie skofontwikkeling. Sekondêre manlikheid is sterk ontwikkel en skrotumomtrek meet voor veiling 39 cm met 'n mooi skoon onderlyn.

ERH14-047 is 'n sterk kommersieȅle bul.Hy dra vleis, presteer uitstekend op die veld en het uitstekende prestasietoets syfers.Hy sal uitstekend doen waar hy ook al gaan.




08. ERH 14-0055

VIDEO    


ERH 14-055 is geteel uit HART 06-74 en ERH 07-126. Haar OEK is 29 mnde, TKP van 364 dae oor 8 kalwers, Reproduksie Indeks van 115 en gemiddelde speen Indeks van104 oor 7 kalwers.Sy kom uit 'n baie goeie moederlyn. HART06-74 is ʼn seun van FCT00-65 wat geen bekend stelling nodig het nie. Hy doen uitstekend in die EMOK kudde.

ERH 14-055 is ’n uitstekende vroeg geslagsryp mediumraam bul met uitstekende kwaliteite. Sy aanpasbaarheidseienskappe is baie goed met baie goeie vel en haar, goeie skofontwikkeling, lang stert,sterk bene met goeie breete oor die haak en goeie kloue.Hy is ʼn mediumraam bul wat op koeie en verse gebruik kan word.Hy is sterk op manlikheid - kop is goed, oogbanke is mooi ontwikkel, goeie diepte regdeur met 'n uitstekende skrotum wat korrek aan geheg is.Dit hang goed en meet 40.5 cm aan die end van groeitoets en nou voor-veiling 45 cm.

Hierdie bul vertoon klipharde bespiering.Bul wat goeie konstitusie het.Hy het goeie lengte.Sy teelwaardes is goed.Sy Skrotumomtrek teelwaarde Indeks is 123,goed op groeivermoë en voerdoeltreffendheid.Hy speen 280 kg en groei met GDT indeks van 106 en Kleiber indeks van 99 tydens die ekstensiewe groeitoets.

ERH 14-055 vertoon baie goeie stoetpotensiaal. Hy behoort ʼn baie groot aanwins te wees ongeag waarheen hy ook al gaan.Stoettelers en erenstige kommersiële telers moet baie mooi na hom kyk – daar is uitstaande kwaliteite wat jy dalk in jou kudde benodig.



Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap