Hartebeestloop

Articles

In this section of the website we feature ALL the articles written by HARTEBEESTLOOP BONSMARAS, mainly from our Bonsmara stud breeding program. In most of the articles we refer to what works for us at Hartebeestloop and how we do things in our Bonsmara stud. We also have articles done by other authors. If we can learn from you, we certainly will publish your work! This is a very comprehensive part of this website and we hope you enjoy reading and learning here!

CONTACT US: JOGGIE BRIEDENHANN +264 81 231 6169 (jbried@joggie.com.na)

Publication selected in the Archive of 2013:
Boere Katalogus - hier is dit nou!
Date:
September 2013


Ons was hard aan die werk met die Boere katalogus en alles kom nou mooi in plek! Sien dus nou die Boere katalogus ondertoe in die artikel, soos wat dit tans uitsien, met die detail verklarende notas hier onder. Ons het werklike waardes ingesit van 9 Hartebeestloop bulle, sodat ons kon sien of die tabel WERK! Laastens gee ons ook 'n beskrywing van Eienskappe in tabel vorm (127Kb) wat as 'n PDF dokument afgelaai kan word.

Baie dankie vir die persone wat geantwoord het op die eerste skrywe. Daar het regtig nuttige inligting vanuit die boere gemeenskap gekom en meeste daarvan is gebruik in die samestelling van die Boere katalogus.

Dr Helena Theron van SA Stamboek het ons vir 3 dae in Windhoek kom besoek om te help met die finale samestelling van hierdie Boere Katalogus. Dit is belangrik dat die wetenskaplike inligting, soos deur SA Stamboek verskaf, korrek gereflekteer word in die Boere Katalogus. Helena het ons hiermee gehelp. Ons het die katalogus daarna ook aan verskeie sleutel rolspelers in Namibië voorgelê, en in samewerking met hulle op die finale produk besluit.

Die samestelling van die Boere Katalogus is 'n proses en soos tyd verloop sal dit meer verfyn word. Hierdie weergawe is alreeds 'n baie goeie werkende katalogus en ons gaan dit nou toets op 'n paar veilings.

Ons hoor graag julle terugvoer - kontak asseblief vir Joggie Briedenhann (jbried@joggie.com.na) per e-pos.

VERKLARENDE NOTAS

Hierdie katalogus is gemik op die boer en is ‘n bondige opsomming in boere taal van die amptelike katalogus van die Bonsmara Genootskap. Dit is saamgestel uit data verskaf deur :

  • SA Stamboek vir prestasiegemete diere
  • Suidelike Afrika Veldbul (VB) gemeet tydens veldbul toets
  • visuele evaluering deur die teler (F)

Tensy aangedui deur (VB) of (F) is alle ander waardes verskaf deur SA Stamboek. Die katalogus beskryf die bul se genetiese vermoë vir belangrike produksie eienskappe soos:

  1. Kalfgemak
  2. Groeivermoë
  3. Volwasse tipe
  4. Aanpasbaarheid
  5. Vrugbaarheid
  6. Sowel as die bul se moeder en dogters se prestasies

Die punte baseer op SA Stamboek Teelwaarde Indekse en Suidelike Afrika Veldbuldata word as volg toegeken:
BEREKENING
Punt
Teelwaarde indeks
5
> 120
4
110-120
3+
100-110
3
90-100
2
80-90
1
<80

  • 3 en 3+:
    Dit is baie veilig om te selekteer vir puntetoekennings van 3 en 3+ aangesien dit naby aan die rasgemiddelde waardes is.
  • 2 en 4:
    Punte 2 en 4 kan oorweeg word as jy spesifiek die eienskappe in jou kudde wil aanspreek.
  • 1 en 5:
    Punte 1 en 5 neig na die ekstreme aan beide kante van die spektrum.

Boere moet in ag neem dat ouer bulle, met prestasie getoetsde nageslag, se teelwaardes akkurater is as jong bulle. Daar is dus ‘n effe groter risiko verbonde met die aankoop van jong bulle. Hier onder volg ’n kort bespreking van elke hoofpunt en sy onder- afdelings soos gesien op die Boere Katalogus.

1. KALFGEMAK

a. Kalfgemak:
Dit gee ‘n aanduiding of die bul kalwingsprobleme sal gee. Dit beskryf die bul se eie kalwers se geboortegewig sowel as sy dogters se genetiese vermoë om hul kalwers se geboortegewig te beperk. Die syfer word bereken vanaf die teelwaarde indeks vir kalwingsgemak. ‘n Waarde van 1 dui op uitsonderlike ligte kalwers, 3 op gemiddelde geboortegewigte en 5 waarsku dat die bul se kalwers swaar sal wees en die bul nie op verse gebruik moet word nie. Dit is veilig om vir ‘n 3 te selekteer.

b. Bouvorm vir kalfgemak:
Hierdie punt word deur die teler toegeken en beskryf die fisiese bouvorm van die bul. 'n 3 Punt Bouvorm vir Kalfgemak dui 'n mediumraam bul aan wat op verse en koeie gebruik kan word. 'n Kleiner punt bv 2 dui groter kalfgemak aan.

Die volgende eienskappe word in ag geneem:

  • Beenstruktuur van die bul
  • Heupbeen/sitbeen en draaibeen verhouding
  • Bespiering - oormatig en te sterk gedefinieërd is nie wenslik
  • Breedte deur die borsvloer
  • Skouerhoogte en volwasse gewig
  • Skouerknoppe en die wydte daarvan
  • Geskiedenis van die spesifieke bloedlyn om as kalfgemak bulle te presteer

c. Geboortegewig:
Dit is die werklike geboortegewig van die bul. Kopers moet in ag neem dat omgewing, koeigrootte, koeigewig, seisoene en voedingspeil almal ‘n GROOT invloed op die geboortegewig het. Geboortegewig moet dus binne konteks gesien word en is nie 'n betroubare maatstaf om moontlike kalwingsprobleme te voorspel nie.

2. GROEIVERMOë

a. Voorspeense groei:
Dit dui op die bul se genetiese vermoë om swaar speenkalwers te teel. Die punt word verwerk vanaf die teelwaarde vir direkte speengewig.

b. Naspeense groei:
Dit dui op die bul se genetiese vermoë om swaar osse te teel wat vanaf die veld bemark kan word. Die punt word vanaf die Gemiddelde Daaglikse Toename (GDT) teelwaarde bereken.

c. Speengewig:
Dit is die ouderdomsgekorrigeerde speengewig van die bul soos op 205 dae. Dit verhoed dat kalwers van verskillende speenouderdomme se gewigte aangedui word. Daar is baie omgewings-en bestuursfaktore wat speengewig beinvloed. Boere word gemaan om nie te veel klem op speengewig alleen te lê nie. Die (S) en (W) dui aan of dit 'n somer of winter kalf is.

3. VOLWASSE TIPE

a. Raam grootte:
Hierdie is ‘n aanduiding van die raam grootte van die dier. Groter raam diere het beter groeivermoë maar het ook hoër onderhoudsbehoeftes. Boere in beter omgewings kan met groter raam diere boer, terwyl kleiner diere beter doen in baie strawwe omgewings. Die punt word bereken vanaf die skouerhoogte teelwaarde indeks. Dit is veilig om vir mediumraam diere te selekteer.

b. Bespiering:
Bespiering is vleis en die boer word vergoed vir vleis in die vorm van gewig. Boere moet waak teen oorbespiering en die gepaardgaande negatiewe gevolge daarvan. Die punt word bereken vanaf die algemene bespiering evaluering soos gedoen gedurende veldbul toetsing.

c. Karkasopbrengs:
Dit is ‘n aanduiding van die hoeveelheid vleis aan die karkas en word beraam deur SA Stamboek. Dit moet nie verwar word met die karkas klassifikasie bouvorm 5 wat deur die abattoirs gebruik word nie.

4. AANPASBAARHEID

Vir die onderstaande 3 eienskappe kan boere hoër punte oorweeg. Hoër punte vir hierdie eienskappe is nie gekorreleerd met ongewenste invloede op ander eienskappe nie.

a. Kondisie:
Dit is ‘n aanduiding van hoe goed die bul kondisie behoort te hou op die veld. Dit is 'n kondisie punt wat toegeken is aan die bul gedurende die veldbultoets.

b. Veldgroei:
Dit is ‘n aanduiding van die bul se genetiese vermoë om gras in vleis om te sit. Dit word beraam vanaf groeitoetsdata van SA Stamboek (Kleiberverhouding).

c. Haarkwaliteit:
Dit is welbekend dat diere met kort blink hare beter aangepas is by hitte as diere met lang wollerige hare. Dit punt word toegeken gedurende die veldbul toets van Suidelike Afrika Veldbul.

5. VRUGBAARHEID

a. Vrugbaarheid
Hierdie is ‘n aanduiding van die vrugbaarheid van die bul se dogters, en neem ouderdom met eerste kalwing en TKP in ag. Dit is ‘n teelwaarde bereken deur SA Stamboek.

b. Pelvisgrootte:
Dit is ‘n aanduiding van kalwingsgemak van die bul se dogters. Dit word ook gemeet tydens die veldbul toets.

c. Skrotumomtrek:
Dit is die gemete skrotumomtrek soos gedoen deur die veearts tydens vrugbaarheidsondersoek. Vermy tè klein of tè groot skrotums.

6. KOEI PRESTASIE

a. Ouderdom eerste kalf:
Dit is die werklike ouderdom waarop die bul se moeder die eerste keer gekalf het en is ‘n aanduiding van haar vrugbaarheid.

b. TKP en aantal kalwers:
Dit is die TKP van die bul se moeder asook die aantal kalwers wat sy reeds gehad het.

c. Melk:
Dit is ‘n aanduidling van die melkproduksievermoë van die bul se dogters. Dit wys die moeder se bydrae tot die speengewig van die kalf. Dit is bereken uit die speen maternaal teelwaarde soos verskaf deur SA Stamboek.

Opmerkings

Notas deur die teler wat sekere eienskappe van die bul wil uitlig. Die omgewing (Gras -, klipperige – en sand omgewing) waaruit die bul kom kan ook hier aangedui word met die volgende kentekens.



NUUT: Sien die Hartebeestloop veiling pamflet met BOERE KATALOGUS waardes vir ons 2 bulle wat ons vat na Nomtsas op 18 September (401 Kb) - kliek hierdie skakel.

BOERE TABEL

Hier is werklike waardes bygevoeg van 9 Hartebeestloop bulle. Dit was nodig om dit te doen, sodat ons kon sien of die tabel sou werk.

HARTEBEESTLOOP BONSMARAS
ID HART 10-219 HART 10-238 HART 10-239 HART10-251 HART 10-256 HART 10-257 HART 10-258 HART 10-279 HART 10-283
Geboorte datum 10-10-10 20-10-10 20-10-10 25-10-10 27-10-10 27-10-10 28-10-10 04-11-10 08-11-10
KALFGEMAK
Kalfgemak 3+ 3+ 3+ 3+ 3+ 5 3+ 3+ 1
Bouvorm v Kalfgemak (F) 3 3 4 3 3 5 3 4 4
Geboortegewig 35 kg 35 kg 34 kg 38 kg 35 kg 36 kg 36 kg 39 kg 39 kg
GROEIVERMOë
Voorspeense groei 3 3+ 4 3 3 5 2 3+ 3
Naspeense groei 4 3 4 3 3+ 5 3+ 4 2
Speengewig (S) 247 kg 245 Kg 284 Kg 286 kg 260 Kg 280 Kg 231 Kg 292 Kg 297 Kg
VOLWASSE TIPE
Raam grootte 4 1 3 3+ 1 4 3 4 1
Bespiering (VB) 3 3 4 3+ 3+ 3+ 3+ 3 4
Karkasopbrengs 3 2 3 3 2 3+ 2 5 1
AANPASBAARHEID
Kondisie (VB) 3 3 3+ 3+ 3 3+ 3+ 3+ 3+
Veldvoeromset 3+ 3+ 3+ 3+ 3+ 4 3+ 4 1
Haar kwaliteit (VB) 3 5 5 3+ 4 5 3+ 5 5
VRUGBAARHEID
Vrugbaarheid 2 3 3 3 2 3 2 3 3
Pelvisgrootte 3+ 3 3 3+ 3 3 3+ 3 3
Skrotumomtrek 34 cm 38 cm 39 cm 42 cm 34 cm 37 cm 36 cm 35 cm 35 cm
KOEI PRESTASIE
Ouderdom 1ste kalf 29 29 26 30 30 27 23 28 26
TKP / aantal kalwers 361 d/3k 360 d/3k 341 d/4k 378 d/3k 0 d/1k 363 d/3k 0 d/1k 374 d/5k 377 d/7k
Melk 4 3+ 3 5 4 3+ 3 4 3+
OPMERKINGS:
HART 10-219: Groter raam bul vir die osprodusent. Goeie naspeense groeivermoë.
HART 10-238: "All Rounder" en goed aangepaste bul vir gebruik op jong verse en koeie.
HART 10-239: Top bul vir produksie van speenkalwers en osse. Baie goeie groeivermoë.
HART 10-251: Bul met stoetpotensiaal wat deurgaans bogemiddelde prestasies wys.
HART 10-256: Kleiner raamtipe met goeie groei, bespiering en baie melk.
HART 10-257: Baie goeie groei, groter raam tipe en slegs vir gebruik op koeie
HART 10-258: Uitstekende aanpasbaarheid, mediumraam en 'n top vers se 1ste kalf.
HART 10-279: Uit top moederlyn. Baie goeie groei, karkasopbrengs vir die osprodusent.
HART 10-283: Kalfgemak bul om jong verse oop te maak, uitstekende aanpasbaarheid.

COMMENT AFDELING HIER ONDER WERK NOU!

Gebruik gerus die onderstaande "comments" om met ons te kommunikeer. Kliek gerus hierdie sin as skakel sodat die verduideliking oor hoe om die "comments" te gebruik, SAL OOPMAAK:

Comments:

{ 0 comments… read them below or add one }
Leave a comment:
Register here if you are new
or
Login here
E-mail: 
Password: 

Forgot your Password?
Back to Top

Archive 2023
Archive 2022
Archive 2021
Archive 2020
Archive 2019
Archive 2018
Archive 2016
Archive 2015
Archive 2014
Archive 2013
Archive 2012
Archive 2011
Archive 2010
Archive 2009
Archive 2008
Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap