Hartebeestloop

Hartebeestloop
Auction 2017

Index  |  Overview  |  Newsletter 2017 | General  |  All Auctions
Auction
Bulls 2017



    


LEES ASB EERS HIERDIE BELANGRIKE INLIGTING OOR DIE BULBESKRYWINGS DEUR VOORDAT JY VERDER GAAN

Hierdie is die 10de Hartebeestloop Produksie Veiling en deur die jare is daar ‘n sekere standaard gevestig. Dit is nie meer nodig om die standaard met elke bulbeskrywing te herhaal nie. Ek verwys graag na die volgende:

A. PRESTASIETOETSING OP DIE VELD EN IN DIE ALGEMEEN:

  1. Pelvismetings
    Die eienskap is oorerflik is en daar is genoeg variasie in pelvisgrootte om daarvoor te selekteer. Streng seleksie onder die veilingsbulle bring kalfgemak na jou kudde. As ‘n bul nie voldoen aan die norme vir pelvisgrootte nie, is dit nie op die veiling nie. Ek dui nie pelvisdata aan in die bulbeskrywings nie maar, dit is gedoen en beskikbaar.

  2. Kondisietellings, temperament, kwaliteit vel en haar, klou kwaliteit en uier en speen evaluering van die vroulike voorgeslag(te)
    Hierdie eienskappe is deurlopend ge-evalueer – dit is vir ons en jou van dieselfde ekonomiese waarde as amptelike prestasietoetsing. Ons ken die finansiële verlies van ‘n swak kalf weens dopspene of ‘n swak uier by die koei. So ook die probleme met hans kalwers grootmaak. Ons doelwit is om langtermyn genetiese voordeel na jou kudde te bring met behoud van goeie kondisie op die veld, mak en hanteerbare beeste, goeie aanpasbaarheid, goeie loopvermoë en fantastiese spene en uiers wat hou-en-hou. Hierdie data is beskikbaar vir alle veilingsbulle.

  3. Aanpasbaarheid en groeivermoë op die veld
    Aanpasbaarheid word gemeet as deel van die amptelike prestasietoetsing. Ons gee egter die ekstra tree en doen ook ‘n VeldPrestasie toets op die plaas onder ekstensiewe toestande. Al die eienskappe wat aanpasbaarheid, gehardheid, veldvoeromset en groeivermoë op die veld bepaal, word saamgevoeg in die Hartebeestloop VeldPrestasie Indeks. Die veilingsbulle het almal die toets deurgegaan en genoegsaam presteer om te voldoen aan die kriteria om op die veld suksesvol te presteer. Ek verwys dus slegs na die Hartebeestloop VeldPrestasie Indeks en nie na die individuele komponente wat die indeks opmaak nie. Dit is werêldwyd ‘n neiging om alle belangrike eienskappe saam te vat in ‘n gesamentlike indeks.

  4. Ultrasoniese skandering en die potensiaal vir goeie vleisopbrengs en hoë uitslagpersentasie
    Ons doen ultrasoniese skanderings vir so lank as wat ek kan onthou. Hierdie data word gebruik om vleisopbrengs en uitslagpersentasie binne gebalanseerde perkte te verbeter as deel van ons teelbeleid. Die Hartebeestloop slagbees prestasies by Meatco is ‘n bewys dat daar wel suksesvol vir die 2 eienskappe geselekteer kan word. Ek gebruik soms algemene boere-terme soos volvleis bul, gepak met vleis ensomeer as deel van die bulbeskrywing – dit is net om die vleiseienskappe van ‘n spesifieke dier te beklemtoon. Die vleisdraende vermoë van die bulle en die genetiese potensiaal om dit oor te dra na die nageslag was die HEEL belangrikste eienskap waarvoor geselekteer is vir die 2017 veilingsbulle. Ons wil graag die hoeveelheid “vleis” in jou kudde verbeter.

  5. Ultrasoniese skandering, grootte van oogspieroppervlakte en vroeë vetneerleggingsvermoë
    Bespiering in vleisbeeste is ‘n belangrike ekonomiese produksie eienskap. Dit is hoekom oogspieroppervlaktes gemeet word want dit gee ‘n baie goeie indikasie van die algehele bespiering van die dier. Oormatige bespiering het egter ‘n negatiewe invloed op vrugbaarheid en reproduksievermoë. Die vermoë van diere om vroeg genoeg vet neer te lê, is ‘n noodsaaklikheid vir vroeg vrugbaar en vroeg in kondisie kom om bul te vat. Die waarde van “kombinasie diere” wat genoegsame bespiering het èn die vermoë besit om vroeg in kondisie te kom – is die “ultimate smart partnership” tussen produksie en reproduksie. Vir my is dit ‘n vereiste vir suksesvolle beesboerdery. Hierdie data is weereens beskikbaar vir alle veilingsbulle en ek verwys in die soms in die bulbeskrywings na spesifieke diere wat uitstaande is vir hierdie 2 eienskappe.

  6. Manlikheid, sekondêre manlikheidseienskappe, geslagsegtheid, skrotumomtrek, vrugbaarheid en libido
    Die veilingsbulle is verskeie kere en weer-en-weer ge-evalueer op die visuele eienskappe wat manlikheid en potensiële libido aandui. Vanaf welige stertkwas tot kaal voorkoppe! Skrotumomtrekke is gemeet en skrotums en geslagsorgane is klinies ondersoek en voldoen aan die Bonsmara en Veeartseny standaarde. Alle bulle is vrugbaar getoets deur die veearts en van geselekteerde bulle is mikroskopiese video opnames gedoen van die semenontleding. Die veilingsbulle is reg om te werk! Die data is alles beskikbaar maar word nie onder elke bulbeskrywing bespreek nie.

B. AMPTELIKE PRESTASIETOETS

Ek probeer om die bulbeskrywings te vergemaklik vir die boere deur die prestasietoets data in ‘n makliker vorm met Teelwaarde Indekse en Logix Seleksie Waardes deur te gee. Onderstaande is die verduideliking oor hoe die Teelwaarde Indekse en Logix Seleksie Waardes bepaal word en hoe dit verstaan en gebruik moet word.

  1. Hoekom word Teelwaarde Indekse gebruik in die bulbeskrywings en nie die individuele Teelwaardes nie?
    Die teelwaarde indeks is makliker om te verstaan as ‘n teelwaarde, veral vir die kommersiële boere. Die basis van ‘n teelwaarde indeks is 100, wat die gemiddelde teelwaarde van die lewendige diere in die ras aandui. Waardes bo 100 is altyd in die meer gewenste rigting en dit dui aan dat die dier ‘n bogemiddelde genetiese potensiaal het vir ‘n spesifieke eienskap ten opsigte van die lewendige diere in die ras. Daar is egter heelwat kere wat waardes tussen 80 - 100 ook aanvaarbaar is, afhangende van die prioriteit van die eienskap wat jy wil aanspreek in jou kudde. Vra gerus hulp by een van die veilingskonsultante as jy onseker oor dit is.

  2. Hoekom word die Logix Seleksie Waardes (Logix Groei Waarde en Logix Produksie Waarde) gebruik in die bulbeskrywings?
    Die Logix Seleksie Waardes is die kombinasie van die teelwaardes in ‘n enkele waarde. Dit gee ‘n vinnige en maklike indikasie van die gekombineerde genetiese waarde van die dier ten opsigte van sy ras. Dit maak dit onnodig om elke teelwaarde afsonderlik vir elke eienskap vir elke dier te bespreek. Die kombinasie genetiese waardes saamgevat in ‘n Groei Waarde en ‘n Produksie Waarde dui die genetiese meriete van die dier aan. Die basiswaarde is 100 en is waardes bo 100 in die gewenste rigting. Onthou hierdie Logix Seleksie Waardes word uit verskeie subwaardes opgebou en weereens is waardes tussen 90 en 110 baie aanvaarbaar. Dit is tans die neiging om verskeie teelwaardes saam te vat in een waarde om verstaanbaarheid en besluitneming te bevorder.

C. LOGIX SELEKSIE WAARDES

As daar enige onduidelikheid oor die Logix Seleksie waardes is, kan jy my enige tyd kontak






LOT 01: HART 13-0252

VIDEO    


Ons maak plek vir ‘n baie sterk bul om die veiling te begin!

Uit die AG-Genepoel gebruik ons AG 03-0359 (kliek op die stoetvaar skakel hierbo om sy foto te sien) om goeie melk en bouvorm vas te lê in ons kudde. Hy het konstant baie goeie bouvorm, vroegryp verse geteel met baie melk. Die moer HART 10 -0176 is ‘n MMJ 03-0164 (aka Dikgat) dogter. Haar TKP van 483 dae oor 4 kalwers maak voorsiening vir ‘n tweeling wat sy beide groot gemaak het. OEK is 24 mnde, speenindeks is 100/4 en RI is 105. Sy speen teen 53,2% van haar liggaamsmassa. Ons verkoop ‘n baie goeie seun van haar HART 12-0245 aan HP Mouton.

HART 13-0252 is ‘n mediumraam kalfgemak bul. Hy kan op beide koeie en verse gebruik word. Sy melkteelwaarde indeks van 106 is baie goed en sy vroulike nageslag behoort ook baie melk te hê. Sy voorspeense groei is matig (95) terwyl naspeense groeivermoë (102), GDT (114), voeromsetverhouding (103) en Kleiberindeks (115) is. Hy wys baie goeie bespiering (oogspieroppervlakte 115) gekombineerd met die vermoë om vroeg vet aan te sit (vroeë vetneerlegging teelwaarde indeks van 138). Hierdie waarde is van groot ekonomiese belang in ons boerdery deurdat dit tot ‘n groot mate liggaamskondisie bepaal en wanneer die diere beset raak.

Hy is uitstekend aangepas met ‘n Hartebeestloop VeldPrestasie Indeks van 114. Boere besef dat aanpasbaarheid nie onderhandelbaar is nie. Dit is diè prioriteit eienskap vir ekstensiewe boerdery. Lengte is ‘n prioriteit teeldoelwit in ons kudde en hy is 19% langer as wat hy hoog is.

Ek moet die volgende Seleksie Waardes aan julle deurgee om die meriete van die bul te onderstreep – Melkwaarde (106), lae Onderhoudswaarde van 111, Groeiwaarde is 125 en Produksie waarde is 120.

HART 13-0252 gaan vir jou die volgende verseker in jou kudde:

  1. Kalfgemak met aanvaarbare speengewig
  2. Uitstekende bouvorm verse met baie melk
  3. Baie goeie naspeense groeivermoë en swaar osse
  4. Lae onderhoud diere
  5. Sterk bespiering
  6. Vroeg ryp eienskappe
  7. Vrugbaarheid met skrotumteelwaarde indeks van 123

HART 13-0252 is ‘n uitstekende en veilige bul en ek beveel hom sterk aan.
Dit wat in die veeboerdery belangrik is, bring hy na die kudde.




LOT 02: HART 14-0150

    


Hy is geteel uit HART 10-0272 (kliek op die stoetvaar skakel hierbo om sy foto te sien) wat aan Harry Erasmus van Erasmus Bonsmaras verkoop is. Hy is een van die min bulle wat visueel op aanpasbaarheid en op teelwaardes uitstaande is. Hy het uitstekende bouvorm bulle geteel met goeie bespiering, met baie goeie melk waardes, goeie groeivermoë en hoë GDT waardes. Kyk gerus ook na sy ander seuns op die veiling. Die moer HART 11-0115 is ‘n mooi koei geteel uit die Germar en Zinabos lyne. Sy is pragtig aangepas vir die Kalahari en speen teen 46.4% van haar eie massa.

HART 14-0150 is ‘n mediumraam bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Soos sy pa, is sy teelwaarde indekse aanpasbaarheid uitstekend. Teelwaarde indekse vir melk (114), voor (98) - en naspeense groeivermoë (102), GDT (107), Kleiber (115) en voeromsetverhouding (102) baie goed. Kyk baie mooi hoe goed in balans die teelwaarde indekse is. Daar is niks buitensporig hoog nie.

Sy Hartebeestloop VeldPrestasie Indeks van 114 en sy veldvoeromset van 115 is uitstekend en wys op ‘n aangepaste en geharde bul wat groei en presteer op die veld.

Kyk na die kombinasie teelwaarde indekse vir bespiering (oogspieroppervlakte 118) en vroeg in kondisie (vroeë vetneerlegging 137). In kort – uitstekend in balans met produksie en reproduksie. Jy kan die visuele punte vir bespiering op die bul ook sien – sterk en goed bespierd. Hy vertoon ook ‘n sterk toplyn met goeie breedte, lengte en kapasiteit.

Ek moet die wetenskap agter die bul se voorkoms ook uitlig en ook sy genetiese potensiaal om te teel soos hy lyk en ekonomies te presteer. Kalfgemak (95), Kalfgroei (98), Onderhoudswaarde (113) en Seleksie Waardes vir Groeiwaarde (114) en Produksie Waarde (111).

HART 14-0150 is fenotipies doeltreffend, struktureel korrek en het baie goeie teelwaarde indekse en Seleksie Waardes. Die voorkoms en ekonomiese meriete van die bul komplimenteer mekaar uitstekend. My tipe bul!




LOT 03: HART 13-0301

    


Hy is geteel uit AG 03-0359 (kliek op die stoetvaar skakel hierbo om sy foto te sien) en HART 10-0292. Sy is ‘n pragtige koei, is 9 gepunt en presteer uitstekend. OEK is 23mnde, TKP van 388 dae/5 kalwers, RI is 117 en sy speen 52.8% van haar liggaamsmassa. Baie doeltreffend en goed aangepas in die ekstensiewe Kalahari.

HART 13-0301 is ‘n mediumraam kalfgemak bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Hy vertoon goeie breedte, kapasiteit en lengte met ‘n sterk toplyn. Hy is ‘n tipiese vroegryp bul met meeste teelwaarde indekse wat naby die rasgemiddeld is. Hy kom uit ‘n bloedlyn wat spesifiek gebruik is vir die verbetering van melk in die kudde en die teel van vrugbare vroegryp verse. Daarom ook sy groot skrotum teelwaarde indeks van 112.

Tipies van hierdie vroegryp bulle, presteer hy uitstekend op die veld met ‘n Hartebeestloop VeldPrestasie Indeks van 108. Aangepas vir die veld met goeie skofontwikkeling, sterk bene, goeie breedte oor die hakke en goeie kloue. Hy vertoon goeie bespiering met oogspieroppervlakte (104), vroeë vetneerlegging (150) en lae onderhoudskoste (113) op die veld. Lae insetkoste bul met genoegsame groei, veldvoeromset, GDT en baie melk. Ons land en boeregemeenskap kan mos doen met sò ‘n bul. Na 2016 weet ons mos presies watter diere deurstaan die droogte en presteer nog steeds.

Hou die volgende in gedagte oor die bul – Seleksie waardes vir Groeiwaarde en Produksie Waarde is 113 en 112 onderskeidelik. Wanneer alle subwaardes bymekaar getel word en die ekonomiese meriete van die bul bepaal word, is HART 13-0301 ‘n moet-koop op jou lysie. Hy het voorkoms, genetiese en ekonomiese meriete, is aangepas en laag op insetkoste. Hy doen meer met minder!

Ek beveel hom spesiaal aan vir die areas waar weiding nie so geredelik beskikbaar is dwarsdeur die jaar nie.




LOT 04: HART 14-0318

VIDEO    


Daar is soms ‘n kalf wat jou oog vang op ‘n jong ouderdom en dan jou oog hou regdeur sy groei en ontwikkeling. HART 14-0318 is so ‘n kalf. Geteel uit HART 09-0055 (kliek op die stoetvaar skakel hierbo om sy foto te sien) en die staatmaker koei HART 06-0098 – sy is nog geteel uit die ou Bristow lyne. Haar OEK is 26 mnde, TKP van 340 dae/8 kalwers en RI van 121. Sy speen teen 49.8% van haar eie massa. Hoogs presterende koei en ons verkoop 2 puik bulle van haar aan Pieter von Wielligh en Conrad Pieters.

HART 14-0318 is ‘n raamtipe 3,5 bul wat ek vir eers net op koeie sal gebruik. Sy eie geboortegewig is slegs 33kg maar sy teelwaarde vir geboortedirek is ongeveer 2,5 kg swaarder as die rasgemiddeld. Die gemiddelde geboortegewig van Bonsmara kalwers in die RSA en Namibië is 35 kg (SA Stamboek Jaarverslag 2016) en sy kalwers behoort dan 37,5 kg te wees by geboorte. Hy is in alle opsigte ‘n bul wat jou aandag trek. Hy wys goeie breedte, met goeie buitedye, kapasiteit, diepte deur die voorlyf en uitstekende bespiering – beide visueel en met RTU (oogspieroppervlakte 150). Nieteenstaande sy uitstekende bespiering wys hy vroeg vetneerlegging (104) en uitstekende aanpasbaarheid met Hartebeestloop VeldPrestasie Indeks van 121.

Hy is 24% langer as wat hy hoog is, wys uitsonderlike voor en naspeense groeivermoë en is tog op Volwasse gewig slegs 105. Behalwe vir kalfgemak is hy omtrent op elke teelwaarde indeks bo die rasgemiddeld of baie naby. Sy Seleksie Waardes vir Groeiwaarde en Produksie Waarde is 122 en 121 onderskeidelik.

Hy wys baie goeie manlikheid met ‘n sterk kop, goeie oogbanke, mooi verdonkering en ‘n skrotum wat perfek hang met ‘n skrotumomtrek teelwaarde indeks van 140.

HART 14-0318 is ‘n stoet potensiaal bul en stoettelers moet baie mooi na die bul kyk. Fenotipies doeltreffend, struktureel korrek, visueel reg, baie goeie teelwaarde indekse en Seleksie Waardes, hoog op genetiese en ekonomiese meriete – dit is die Bonsmara – ”Proudly wearing the Yellow Jersey”.




LOT 05: HART 13-0224

VIDEO    


Baie goed bespierde meduimraam bul uit AG 01-0152 (kliek op die stoetvaar skakel hierbo om sy foto te sien) en HART 10-0140. Sy is ‘n 8 punt koei wat baie goed presteer in die Kalahari. OEK is 25 mnde, TKP is 369 dae/5 kalwers met RI van 118. Sy speen haar kalwers teen 52% van haar liggaamsmassa. Haar prestasiedata wys ‘n baie doeltreffende en aangepaste koei.

HART 13-0224 is ‘n kalfgemak bul wat op beide koeie en verse gebruik kan word. Hy wys uitstekende aanpasbaarheidseienskappe met Hartebeestloop VeldPrestasie Indeks van 106. Sy groeivermoë op die veld word weerspieël deur ‘n uitstekende Kleiberindeks van 113. Sy vermoë om gras in vleis en gewig om te sit, is baie goed. Hy is altyd in kondisie en tesame met sy gladde vel en blink hare maak hy ‘n baie mooi prentjie. Hy wys goeie breedte, diepte en lengte met ‘n sterk toplyn. Sy oogspieroppervlakte (117) en vroeë vetneerlegging (100) wys die goeie kombinasie van bespiering en vroeg in kondisie kom.

Sy sekondêre manlikheidseienskappe is baie goed ontwikkel. Sy kop is sterk, goeie breedte tussen die oë, sterk oogbanke met baie goeie verdonkering in die voorkwart. Hy is ‘n tipiese hoë libido bul wat sy kop hoog dra. Sy skrotum hang perfek en sy skrotumomtrek teelwaarde indeks is 110.

Meeste van sy teelwaarde indekse is naby rasgemiddeld en dit is dan ook hoe hy moet aangewend word. Sy Seleksie Waardes vir Groeiwaarde en Produksie Waarde is 104 en 101 onderskeidelik. Hy is ‘n veilige bul wat fenotipies doetreffend is, struktureel korrek is met baie goeie bouvorm en bespiering. Ek sal hom aanbeveel as ‘n bestuursgemak bul wat op koeie en verse en in enige produksiestelsel suksesvol gebruik kan word. HART 13-0224 sal ook baie goed doen in enige kruisteelstelsel. Veral waar die koeie groter raamtipes is met hoër onderhoudsbehoeftes. Die Bonsmara ras se groei en sukses is nie op die “flair” bulle gebou nie maar op hierdie veilige bestuursgemak bulle wat orals goed doen.




LOT 06: HART 11-0058

VIDEO    


Ons moet mos ook van tyd-tot-tyd beproefde genetika in die mark sit.

Hy is geteel uit HJS 03-0016 (kliek op die stoetvaar skakel hierbo om sy foto te sien) wat uitstaande geteel het by ons. Die moer is HART 05-0044 wat ‘n ELITE GOUD koei is met indrukwekkende produksie en reproduksiesyfers. Sy speen 9 kalwers teen 256 kg gekorrigeerd. Sy is ‘n bulmoeder deur-en-deur en uit haar verkoop ons seuns aan Edward Hansen van EMOK Bonsmaras (topverkoper veiling 2011), JC de Klerk, Stephan Botes en Bertus Olivier. Ek onthou hierdie bulle soos gister – almal hoë kwaliteit bulle.

Ons het alreeds 95 kalwers van HART 11-0058 aangeteken en daar is nog ‘n klomp op pad. Hartebeestloop Bonsmaras hou ook een semenaandeel uit van die bul. Semen is klaar getap.

Hy is uitstekend aangepas vir ekstensiewe toestande met ‘n Hartebeestloop VeldPrestasie Indeks van 113. Hy was een van die beste groeiers op die veld in sy prestasietoets groep.

Die teelwaarde indekse van HART 11-0058 is uitstekend vir voorspeense groei (113), melk (123), naspeense groei (124) GDT (124), GDT (124), Kleiber (122) en skrotum (120) - dit alles met ‘n matige Volwasse Gewig waarde van 109. Sy Seleksie Waardes vir Groeiwaarde (140) en Produksie Waarde (132) wys die genetiese en ekonomiese meriete van die bul. Sy kalwers weeg gemiddeld 37 kg.

Bogenoemde teelwaarde indekse beskryf die bul.

Dit is dan ook hoe ek die bul gebruik het: korrektief om onderend teelwaarde indekse - maar tog mooi en hoog reproduserende koeie - se nageslag “reg” te teel. My kleiner en fyner tipe koeie met min groei en lae GDT’s is almal na hom toe. Van tyd-tot-tyd benodig jy so ‘n “yster bul” wat help om jou 2de en 3de span koeie se nageslag reg te ruk.

Hierdie is beproefde genetika uit van die beste lyne op Hartebeestloop. Die bul is relatief jonk en kan ten minste vir nog ‘n paar jaar aktief in jou kudde werk.

Stoettelers moet baie moeite doen en mooi kyk na hom. Kapasiteit, bespiering bouvorm, diepte deur die voorlyf, sterk toplyn en baie goeie bene is wat jy kry. Daar is soveel voordele aan die bul dat ek dit nie alles kan beskryf nie. Kom kyk self en vorm jou eie opinie.




LOT 07: HART 14-0153

    


Sy vader is HART 10-0272 (kliek op die stoetvaar skakel hierbo om sy foto te sien) wat uitstekend geteel het by ons. Die moer is HART 12-0001 wat uitstekend doen in die kudde. OEK is 27 mnde, TKP is 338 dae/4 kalwers en gemiddelde speenindeks van 105/3 kalwers. Sy speen teen 62.2% van haar eie gewig en dit is ‘n gemiddelde gekorrigeerde gewig van 264 kg oor 3 kalwers. Sy is ‘n voorbeeld van ‘n hoogs vrugbare, hoë reproduksievermoë en uiterse doeltreffende koei.

HART 14-0153 is ‘n mediumraam, kalfgemak bul wat op beide koeie en verse gebruik kan word. Hy vertoon goeie bouvorm met genoeg breedte, lengte, diepte deur die voorlyf en kapasiteit. Sy bespiering is goed, toplyn is sterk en mooi agterkwart – hy is vol vleis gepak. Hy is weereens ‘n bul wat goeie bespiering en vroeg verneerlegging baie mooi kombineer.

Sy teelwaarde indekse is oor die algemeen uitstekend. Hy vertoon baie goeie voorspeense (101) en naspeense groei (109), uitstekende GDT (114) en ‘n uitstaande melk waarde van 121. Goed bespierde bulle met baie melk vir die vroulike nageslag is nie volop nie! HART 14-0153 is so ‘n bul. Sy aanpasbaarheideienskappe is visueel uitstekend en sy Hartebeestloop VeldPrestasie Indeks van 121 en Veldvoeromset van 120 bevestig ‘n goed aangepaste dier wat op die veld uitstekend presteer.

Hierdie bul se meriete as vleisbees kan net waardeer word as ek die vlg. teelwaarde indekse en Seleksie Waardes deurgee: Kalfgroei waarde (101), Onderhoudswaarde (108), Vrugbaarheidswaarde (107), Groeiwaarde (108) en Produksie Waarde (110).

HART 14-0153 kan in enige produksiestelsel suksesvol gebruik word – hy is ‘n lae insetkoste bul, daar is baie groei vir kalwers en osse, beide in die voerkraal of op die veld, GDT en Voeromset is baie goed, daar is oorgenoeg melk vir vervangingsverse teel en daar is baie goeie bouvorm. Hy is ‘n uitstaande bul wat ek met groot vertroue en gerustheid kan aanbeveel.




LOT 08: HART 14-0265

VIDEO    


Hy is geteel uit ons topverkoper op die 2013 veiling HART 10-0116 (kliek op die stoetvaar skakel hierbo om sy foto te sien). Die bul is nou by Jungfrau Bonsmaras van Neurath en Julie Botha. Hy doen uitstekend daar. Die moer is AEJ 06-0163 die Bonsmara ELITE PLATINUM KOEI vir 2016. Haar OEK is 24 mnde, TKP is 360 dae/9 kalwers, RI is 120 en gemiddelde speenindeks 107/8 kalwers. Sy speen 48.7% van haar eie liggaamsmassa en dit is 275 kg oor 8 kalwers. Sy is nog steeds in die kudde het tans ‘n top kalf aan voet van HART 13-0114 (Dawie Moller, Komaweer Bonsmaras). Die plaasmanne verwys na haar as die DIAMOND ELITE koei. Sy was mos al PLATINUM is hulle verweer.

HART 14-0265 het dieselfde stoet kwaliteite as sy vaar – fiere houding, kop op bul, wakker oë en jy weet die hele tyd dat hy in die spesifieke bultrop is.

HART 14-0265 is ‘n mediumraam bul met baie goeie bespiering, diepte deur die voorlyf, kapasiteit en lengte. Sy oogspieroppervlakte teelwaarde indeks is 115 en hoogte:lengte verhouding is 1:23. Visueel vertoon hy ook uitstekende bespiering met sterk toplyn. Sy fenotipe en voorkoms weerspieël sy teelwaarde indekse. Sy voorspeense groeivermoë (114), melk (113), naspeense groeivermoë (116) en GDT (104) wys presies wat die bul is. ‘n Sterk groeier met baie goeie melk vir sy vroulike nageslag. Hy is die toonbeeld van aanpasbaarheid – sy Hartebeestloop VeldPrestasie Indeks is 111. Sy pelvisindeks is 111 –ons praat hier van baie melk en groot pelvisse vir sy vroulike nageslag.

Sy geslagsegtheid sal jou dadelik opval. Manlik, robuust, wakker, verdonker en uitstekende skrotum.

Sy Seleksie Waardes is uitstekend – Kalfgroei waarde (114), Vrugbaarheidswaarde (125) – dit kom vanuit die uitstaande ELITE PLATINUM koei, Groeiwaarde (108) en Produksie Waarde (115).

HART 14-0265 wys baie goeie stoetpotensiaal en stoettelers sal hom mooi in die oog moet hou. Ongeag hoe hy prestasie getoets is – amptelik of op die veld met die Hartebeestloop –sisteem, hy bly ‘n absolute top presteerder. Ek beveel hom ten sterkste aan na ‘n ernstige stoetteler.




LOT 09: HART 14-0231

VIDEO    


Hy is ‘n vroegryp, mediumraam bul geteel uit HART 11-0186. Weereens uit ons baie gewilde HJS-lyn. Die moer is GJN 07-0080 ‘n ELITE SILWER koei uit Germar Bonsmaras van Gert Nel. Sy het uitstekende reproduksiesyfers met OEK 25 mnde, TKP 382 dae/8 kalwers, RI 115 en gemiddelde speenindeks van 104/7 kalwers. Sy speen gemiddeld teen 251 kg/7kalwers. Sy is nog steeds in die kudde en bly handhaaf hierdie goeie prestasies.

HART 14-0231 is ‘n mediumraam bul wat op koeie en goed uitgegroeide verse gebruik kan word. As jy onseker is oor jou verse, gebruik hom eers net op koeie en maak dan ‘n besluit. Hy vertoon baie goeie kapsiteit, is breed, vertoon goeie sprong van rib, genoegsame bespiering, pragtige diepte deur die voorlyf en sterk toplyn. Hy maak visueel ‘n mooi prentjie. Sy teelwaarde indekse ondersteun die prentjie – baie melk (116), goeie voorspeense (113) en naspeense groeivermoë (116), GDT (122), en voeromsetverhouding (123). As jy sy geslagsegtheid, kapasiteit en breedte visueel neem, sy uitstekende melkwaarde en skrotumomtrek teelwaarde indeks van (113) – behoort jy uitstekende bouvorm, vrugbare verse met baie melk te teel. Natuurlik behoort hy ook baie goeie bulkalwers te teel!

Hy is seker een van die veilingsbulle wat visueel die beste aanpasbaarheidseienskappe wys. Sy Hartebeestloop VeldPrestasie Indeks van (101) en sy Veldvoeromset verhouding teelwaarde indeks van (124) wys presies wat jy hier kry – ‘n veldaangepaste, geharde bul met uitstekende groei op die veld. Sy Seleksie Waardes van 121 vir Groeiwaarde en 118 vir Produksie waarde wys die potensiaal in hierdie bul en wat hy na sy nageslag behoort oor te dra.

Hier is ‘n baie goeie bul wat aandag sal trek. Met sy baie goeie teelwaardes, robuuste voorkoms en goeie skofontwikkeling is hy presies dit wat goed sal doen orals in Suider-Afrika. As jy ernstig is om jou kudde kwaliteit te verbeter, kyk baie mooi na HART 14-0231.




LOT 10: HART 13-0225

VIDEO    


Hy is geteel uit HART 09-0329 (kliek op die stoetvaar skakel hierbo om sy foto te sien) wat nou by oom Jörg Sigwart en Siegfried du Toit van Okamaja Bonsmaras is. Die moer BHE 02-0153 gaan al die pad terug na AGJ8 en TBR 91-0704. Sy is ‘n hoogs presterende ELITE GOUD koei met OEK 29 mnde, TKP 377 dae/10 kalwers, RI 113 en gemiddelde speenindeks van 101/10 kalwers. Sy speen 51.8% van haar eie massa en dit is gemiddeld 235 kg oor 10 kalwers. Daar is koeie èn koeie! HART 13-0225 kom uit blou bloedlyne aan beide kante. Daar is ‘n gesegde in teling, “Stambome word ge-erf, Prestasies word verdien”

Kyk gerus na die prestasies van HART 13-0225. Teelwaarde indekse vir Voorspeense groeivermoë (132), melkwaarde (98), naspeense groeivermoë (140), GDT (115) en skrotumomtrek (106). Kyk na die prestasies by Seleksie Waardes: Groeiwaarde (133) en Produksie Waarde (126). Kyk na die Volwasse Gewig (109) en skouerhoogte (91) – hy is nie ‘n grootraam dier nie. Maar kyk na die hoogte:lengte verhouding van 1:29 – hy is 29% langer as wat hy hoog is. Dit is ver bo die rasgemiddeld.

HART 13-0225 is ‘n mediumraam bul wat op koeie gebruik moet word. Hy is goed bespierd, mooi lengte, goeie breedte, sterk toplyn en diep deur die voorlyf. Hy dra baie vleis en is vol op die lendes, kruishelling en vertoon ook goeie binne- en buite dye. Sy aanpasbaarheid is uitstekend – Hartebeestloop VeldPrestasie Indeks van 115 en ‘n veldvoeromsetverhouding van 104. Hy is ‘n uitstaande groeier en is baie effektief om gras in vleis en gewig om te sit. Kyk gerus ook na die goeie skofontwikkeling van die bul.

HART 13-0225 wys baie manlikheid met sterk kop en dik oogbanke, pragtige verdonkering op die nekgedeelte en ‘n skrotum wat simmetries en perfek hang. Geslags-eg beskryf hom die beste.

HART 13-0225 is ‘n besondere bul. Bouvorm, bespiering, goeie groei, baie melk, aangepas, gehard, geslagseg met bogemiddelde teelwaarde indekse is wat hy bied. Jy kan hom gerus merk.




LOT 11: HART 14-0272

VIDEO    


‘n Breë dikgat mediumraam bul met mooi pigment wat dadelik jou aandag sal trek. Hy is geteel uit ‘n 8-punt jong koei wat baie goed presteer. OEK 29 mnde, TKP 349 dae/3 kalwers en RI van 115. Sy speen teen 53.1% van haar eie massa – dit is mos doeltreffende syfers! Die vaar is HART 08-0082 (kliek op die stoetvaar skakel hierbo om sy foto te sien) wat die topverkoper op die 2012 veiling was. Hy teel uitstekend by EMOK Bonsmaras en sy seuns en nageslag is orals in Namibië.

HART 14-0272 is ‘n kalfgemak bul en kan met vertroue op verse en koeie gebruik word. Hy is ‘n vroegryp, veilige bul met alle teelwaarde indekse wat naby die rasgemiddeld is. Dit is die tipiese bestuursgemak bulle waarna ons so gereeld verwys – jy kan hom in enige produksiestelsel gebruik. Hy het genoegsame bespiering, goeie breedte en kapsiteit met mooi diepte deur die voorlyf asook ‘n baie goeie sprong van rib. Sy toplyn is sterk en die kruishelling en agterkwart is goed. Daar is baie vleis aan die bul.

Sy aanpasbaarheidseienskappe is treffend – blink, gladde vel en haar, goeie skofontwikkeling, pragtige pigment met sterk bene en kloue. Sy Hartebeestloop VeldPrestasie Indeks van 101 en sy Kleiber (veldvoeromset) van 102 wys dat hy bogemiddeld presteer op die veld.

Sy sekondêre manlikheidseienskappe is ook baie goed ontwikkel – sterk kop met dik oogbanke, mooi verdonkering en ‘n goedgevormde skrotum wat baie mooi hang. HART 14-0272 lyk baie soos sy vaar wat bekend is vir die uitstekende, vroeg vrugbare en top bouvorm verse wat hy teel. My aanbeveling is dat jy HART 14-0272 wel in enige produksiestelsel sinvol kan gebruik maar, hy behoort die beste te presteer deur hoë kwaliteit vervangingsverse te teel. Ons weet dat die jare wat elke boer sy eie vervangingsverse geteel het, speenkalwers verkoop het en nog osse laat uitgroei het, verby is. Die slim boer koop sy vervangingsverse by ‘n medeboer wat daarin spesialiseer. Dit is die segment van die vleisbeesindustrie wat die vinnigste groei. Kyk mooi na HART 14-0272 as jy die groeiende vervangingsvers mark wil betree.




LOT 12: HART 13-0354

VIDEO    


Dit sal nie reg wees as ons die LEGENDES in die vleisbeesindustrie vergeet nie. Hartbeestloop veiling sal ook nie dieselfde wees as daar nie ‘n AG 98-0338 (kliek op die stoetvaar skakel hierbo om sy foto te sien) seun of ten minste ‘n paar kleinseuns is nie. HART 13-0354 is die laaste direkte seun van hom op Hartebeestloop. Ons het natuurlik semen van AG 98-0338 getap en sal dit in die toekoms gebruik. HART 13-0354 se moer is BHE 03-0070 uit die Fortress Bonsmara stoet. Sy is ‘n uitstaande koei met OEK 29 mnde, TKP 420 dae/8 kalwers en gemiddelde speenindeks van 102/8 kalwers. Sy het baie melk en speen 8 kalwers teen ‘n gemiddeld van 265 kg. Ek gaan nie uitbrei oor die vaar AG 98-0338 nie – hy en sy nageslag praat vir homself.

HART 13-0354 is ‘n mediumraam, sterk bespierde bul wat ek net op koeie sal gebruik. Hy wys uitstekende lengte en is 21% langer as wat hy hoog is. Nieteenstaande die lengte, het hy ‘n sterk toplyn, goeie breedte, mooi diepte deur die voorlyf en genoegsame kapasiteit. AG 98-0338 het soms bietjie “droog” geteel maar HART 13-0354 wys genoegsame vroeë vetneerlegging met waarde van (98). Hy het uitstekende voorspeense groeivermoë (131) (hy weeg 298 kg op speen) en naspeense groeivermoë (128) (hy is die nommer 1 groeier in sy prestasie groep) en goeie GDT (103). Nieteenstaande die goeie groeisyfers is hy op Volwasse Gewig (108) en skouerhoogte slegs (95). Dus ‘n mediumraam bul met alle voordele van goeie groei.

AG 98-0338 was bekend vir sy uitstekende aanpasbaarheidseienskappe en HART 13-0354 is nie anders nie. Van sy goeie skofontwikkeling tot sy lang stert is hy ‘n voorbeeld van ‘n goed aangepaste dier. Sy Hartebeestloop VeldPrestasie Indeks is 115, hy handhaaf sy kondisie en het baie goeie groeivermoë op die veld.

Vir die voornemende koper is die Seleksie Waardes van groot belang aangesien dit ‘n klomp genetiese en ekonomiese teelwaarde indekse in een waarde saam vat. Sy Groeiwaarde is 128 en sy Produksie Waarde 119 – beter groei en produksie sal jy moeilik kry.

Daar is die gesegde “Kan jy tè veel AG 98-0338 genetika in jou kudde hê? Ja, heel moontlik. “Kan jy bekostig om geen AG 98-0338 genetika in jou te hê? Nee, heel moontlik nie.

Kyk baie mooi na hierdie uitsonderlike seun van hom.




LOT 13: HART 13-0212

VIDEO    


Hy gaan dadelik jou aandag trek op die veiling. HART 13-0212 is geteel uit AG 01-0152 (kliek op die stoetvaar skakel hierbo om sy foto te sien) en HART 10-0198. Sy is verkoop aan Jungfrau Bonsmaras maar weens die verskriklike droogte in die weste is sy verskuif na huurveld in die suide. Die droogte het ‘n geweldige uitwerking gehad op die produksie en reproduksiesyfers van die nasionale kudde – maar die Bonsmara het kop omhoog anderkant uitgekom. Haar OEK is 22 mnde, TKP 403 dae oor 4 kalwers met RI van 118. Sy speen haar 3 kalwers teen 50.8% van haar eie massa – baie goeie syfers as jy kyk na haar omstandighede.

HART 13-0212 is ‘n goed bespierde, mediumraam bul wat gemaklik op verse en koeie gebruik kan word. Hy wys baie goeie bouvorm, goeie kapasiteit, breedte, lengte, diepte deur die voorlyf en sterk toplyn. Die buite en binne dye is vol vleis en so ook die lendes en kruishelling. Sy vleiseienskappe is baie goed – dit is soos ‘n vleisbees moet lyk! Hy vertoon uitstekende lengte en is 23% langer as wat hy hoog is.

Sy teelwaarde indekse is goed – lig op geboorte (115), genoeg melk (95), goeie voorspeense (99) en naspeense groeivermoë (104), GDT (111) en voeromsetverhouding (109). Sy Hartebeestloop VeldPrestasie Indeks is 103 en sy Kleiber (veldvoeromset verhouding is) 110. Dit wys ‘n aangepaste en geharde bees wat uitstekend gras in vleis en gewig om sit. Dit is diè beeste wat oor die langtermyn suksesvol produseer onder ekstensiewe toestande. Sy Seleksie Waardes is soos hy lyk – Groeiwaarde (118) en Produksie Waarde (119).

Hy is baie manlik met ‘n sterk kop, mooi verdonkering en goeie skrotumomtrek teelwaarde indeks van 116. Skrotum is perfek gevorm en hang baie goed.

HART 13-0212 is een van die gunsteling bulle op die veiling. Stoettelers moet mooi na hom kyk.




LOT 14: ERH 14-0061

VIDEO    


Bul vanaf gasverkoper: ERASMUS Bonsmaras

‘n Goed bespierde mediumraam bul wat geteel is uit HART 09-0326 en ERH 10-0077. Sy gaan al die pad terug na EMOK Bonsmaras se HART 06-0074 wat se nageslag regoor Namibië is. ERH 10-0077 is ‘n top koei met OEK 30 mnde, TKP 404 dae/3 kalwers en gemiddelde speenindeks van 102/3 kalwers. Sy speen teen 51.7% van haar liggaamsmassa. Wat wil ons nou meer?

ERH 14-0061 is ‘n kalfgemak bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Sy bouvorm is uitstekend, baie goeie kapasiteit, breedte, lengte, sterk toplyn en goeie diepte deur die voorlyf. Hy dra baie vleis en is orals – lende, kruishelling, dye en agterkwart in geheel- baie goed gevul met vleis. Sy teelwaarde indekse is almal op of naby rasgemiddeld en die bul kan regtig in enige produksiestelsel aangewend word. Of jy speenkalwers produseer, osse grootmaak of vervangingsverse wil teel – ERH 14-0061 is die bul om sterk te oorweeg.

ERH 14-0061 wys uitstaande aanpasbaarheidseienskappe – pragtige vel en blink haar, mooi skofontwikkeling, lang stert, skoon onderlyn met sterk bene en kloue. Sy Hartebeestloop VeldPrestasie Indeks van 119 is ook in die top van die groep. As jy kyk na ‘n goed aangepaste en ‘n geharde bul wat kondisie en konstitusie op die veld behou, en boonop nog baie goed groei op die veld, moet ERH 14-0061 op jou lysie wees.

Hy is ‘n baie manlike bul met ‘n sterk kop en baie fiere houding. Kop op en wakker oë! Hy het ook ‘n goedgevormde skrotum wat baie mooi hang met ‘n groot teelwaarde indeks van 113.

Kyk ook na die bul se goeie Seleksie Waardes- Groeiwaarde (109) en Produksie Waarde (104). As alle ekonomiese belangrike teelwaarde indekse saamgegooi word, is hy ‘n bul met hoë genetiese en ekonomiese meriete.

ERH 14-0061 is geteel deur ‘n uitstekende stoetteler. Edward Hansen se beeste is orals bekend en hulle doen orals goed. Jy kan nie verkeerd gaan met die bul en sy teling nie.




LOT 15: HART 13-0234

    


Hy is geteel uit HART 09-0014 wat geteel is uit die Frikkie Kruger bulle WAT 04-0339 en WAT 02-0054. Ons het HART 09-0014 omtrent uitsluitlik gebruik om verse oop te maak. Die moer is AEJ 06-0123 uit die NOSA bloedlyne en sy doen uitstekend in die warm Kalahari. OEK 23 mnde, TKP 358 dae/9 kalwers, RI 120 en gemiddelde speenindeks is 100/9 kalwers. Met sulke koeie kan jy mos vorentoe boer.

HART 13-0234 is ‘n mediumraam, vroeër ryp tipe bul wat baie gemaklik op verse en koeie gebruik kan word. Seker een van die bulle wat die gouste in kondisie kom en dit die beste behou. Sy vroeë vetneerleggingswaarde is 128. Hy vertoon goeie bouvorm met genoegsame bespiering, mooi kapasiteit, goeie diepte deur die voorlyf en ‘n sterk toplyn. Hy is fenotipies doeltreffend en struktureel korrek. Sy Hartebeestloop VeldPrestasie Indeks (109) en Kleiberverhouding van 122 wys sy uitstekende aanpasbaarheid, gehardheid en bogemiddelde groeivermoë op die veld. Sy hele voorkoms spreek van baie goeie aanpasbaarheid – van mooi skofontwikkeling, gladde vel en kort, blink hare tot sy sterk bene.

Sy teelwaarde indekse wys bogemiddelde voorspeense (102) en naspeense groeivermoë (102), baie goeie GDT (116), goeie voeromsetververhouding (106) en ‘n mediumraam Volwasse Gewig van (96). Bogemiddelde goeie groei maar nie ‘n olifant nie!

Sy Seleksie Waardes wat weereens genetiese en ekonomiese meriete weerspieël is uitstekend – Groewaarde (126) en Produksie Waarde (117).

HART 13-0234 is ‘n baie goeie bul om in enige produksiestelsel te gebruik. Kalfgemak en Bestuursgemak – op koeie en verse en hy sal goeie speenkalwers en osse teel. Hy bring alles waarvoor die Bonsmara bekend is na jou kudde en kyk mooi na sy verse om te hou. Hy sal ook baie goed doen in enige kruisteelstelsel – veral op die Simbra-tipe koeie wat alreeds ‘n 2-ras samestelling is.




LOT 16: HART 14-0182

    


Hy is geteel uit HART 09-0014 uit die Frikkie Kruger (Waterpaslaagte Bonsmaras) lyne en HART 12-0116. Sy is ‘n uitstekende jong koei uit die AG 98-0338 lyn gekombineerd met Woestyn Bonsmaras. Bespiering, voorkoms en vleis van vaderskant en aanpasbaarheid en gehardheid vanaf die moederlyne. Haar OEK is 25 mnde, TKP 405 dae/3 kalwers, RI 115 en gemiddelde speenindeks van 104/3 kalwers. Sy speen 63.6% van haar eie massa en dit is 271 kg gemiddeld vir haar kalwers. Sy is die ideaal waarna ons strewe.

HART 14-0182 is ‘n effens later ryp tipe bul maar nog steeds binne die mediumraam perke. Ek sal aanbeveel dat hy vir eers net op koeie gebruik word. Hy het baie goeie bouvorm, diepte deur die voorlyf, baie goeie bespiering, kapasiteit en sterk toplyn. Hy dra baie vleis. Sy groeivermoë is uitstekend – voorspeens (109), naspeense (116), GDT (124) en voeromsetverhouding (111). Daar is ‘n verskil tussen ‘n groeier en ‘n doeltreffende groeier – HART 14-0182. Sy melkwaarde van 109 is ver bo die rasgemiddeld en hy sal die goeie melkwaarde oordra na sy vroulike nageslag.

HART 14-0182 het uitstekend gedoen met prestasietoetsing op die veld. Sy Hartebeestloop VeldPrestasie Indeks van 108 en sy Kleiber indeks (veldvoeromset verhouding) van 123, is absoluut uitstekend. Onthou hy het kompeteer teen ‘n groot klomp ander sterk bulle op die veld!

Hy wys baie goeie geslagsegtheid met sterk en robuuste kop en baie goeie skrotumomtrek (109). Sy skrotum is goed gevorm en hang simmetries en reg.

HART 14-0182 is ‘n bul met baie goeie Seleksie Waardes – Groeiwaarde (126) en Produksie Waarde (119). Hy is ‘n Top Presteerder en behoort na ‘n stoetkudde te gaan waar sy goeie genetika vermeerder word en aan die kommersiële mark beskikbaar gestel word. Hy gaan nog baie mooier en beter ontwikkel na die veiling – kyk hom oor ‘n jaar van nou!




LOT 17: HART 14-0214

    


Hy is geteel uit HART 11-0186 en HMB 10-0140. Sy is ‘n baie goed aangepaste koei met OEK 29 mnde, TKP 402 dae/4 kalwers, met RI van 109 en gemiddelde speenindeks van 106/4 kalwers. Sy speen teen 57.5% van haar eie massa. Goeie reproduseerder en produseerder!

HART 14-0214 is ‘n mediumraam, vroeër ryp tipe bul met goeie bouvorm, genoegsame bespiering, sterk toplyn, goeie kapasiteit en mooi diepte deur die voorlyf. Hy vertoon ook baie goeie sprong van rib. Sy kruishelling en lende is goed gevul met vleis. Die onderlyn is mooi skoon en die naelvel/skede kombinasie is ook baie goed. Hy vertoon baie goeie aanpasbaarheidseienskappe – pragtige gladde en blink vel en haar, sterk oogbanke, goeie skofontwikkeling en sterk bene met goeie kloue. Sy Hartebeestloop VeldPrestasie Indeks van 109 is ook baie goed en hy het sterk groei op die veld gewys. Hy hou sy kondisie baie goed en behoort orals maklik aan te pas.

Hy is ‘n tipiese robuuste en geslagsegte Hartebeestloop bul. Sterk kop, wakker houding, mooi verdonkering en perfekte skrotum posisie. Sy skrotumomtrek teelwaarde indeks van 124 tesame met ‘n uitstaande melkwaarde van 122 kan sekerlik goed gebruik word vir die teel van vroeg geslagsryp en baie vrugbare verse met goeie melk om swaar kalwers te speen.
HART 14-0214 het goeie voorspeense en naspeense groeivermoë en sal goed presteer in kuddes waar groei benodig word. Sy Groeiwaarde (116) en Produksie Waarde (113) is baie goed en wys sy waarde vir die boer.

Hy is ‘n baie goeie bul wat werklik in enige produksiestelsel gebruik kan word.
As jy aanpasbaarheid, gehardheid, vrugbaarheid, melk en groei in jou kudde kort, oorweeg gerus die bul.




LOT 18: HART 14-0204

    


Sterk bespierde mediumraam bul geteel uit HART 09-0014 en HART 11-0094. Sy was ‘n mooi koei wat ongelukkig ‘n draad in die pens gekry het. Ons moes haar uit sit.

HART 14-0204 kan op verse en koeie gebruik word. Hy is vol vleis – wys baie goeie bespiering, breedte, kapasiteit en sterk toplyn. Sy voorkwart is opvallend goed ontwikkel met baie diepte en goeie bespiering by die voorarm. Hy is vol vleis by die lendes, kruishelling en agterkwart. Die binne en buite dye is goed gevul met vleis.
Hy sal jou dadelik opval as ‘n mooi prentjie van ‘n ideale vleisbees. HART 14-0204 wys uitstekende konstitusie en is ‘n klipharde bul wat orals maklik behoort aan te pas en te presteer.

HART 14-0204 se aanpasbaarheidseienskappe is baie goed. Daar is goeie skofontwikkeling, gladde, blink vel met kort glansende hare, sterk bene ‘n mooi skoon onderlyn. Hy doen goed tydens die Hartebeestloop VeldPrestasie toets met ‘n indeks van 123. Dit is ‘n goeie aanduiding dat hy veldtoestande baie goed hanteer, maklik beweeg in die sand en goeie groeisyfers behaal op die veld. Die aanpasbaarheid en prestasie op die veld met minimale insette is ‘n al hoe meer belangrike ekonomiese eienskap waaraan ons meer-en-meer aandag gee in die kudde. Lae insetkoste diere is deel van die oplossing van die koste-knyptang waarna die boere gemeenskap so maklik verwys. Maar dan moet jy lae insetkoste diere bekom en daarmee boer.

Hy is ‘n harde en robuuste bul wat baie manlik is. Sy kop is sterk, oogbanke is goed ontwikkel en sy skrotum is goed gevorm en hang simmetries. Skrotumomtrek teelwaarde indeks is 105.

Sy teelwaarde indekse is almal by rasgemiddeld en ek kan hom aanbeveel na enige kudde en in enige produksiestelsel. Hy wys hoë stoetpotensiaal en stoettelers moet baie goed na hom kyk.
Die Bonsmara kan goed doen met die eienskappe wat HART 14-0204 sterk in is.




LOT 19: ERH 14-0063

    


Bul vanaf gasverkoper: ERASMUS Bonsmaras

‘n Kalfgemak mediumraam bul geteel deur Edward Hansen van EMOK Bonsmaras. Hy kan met gemak op koeie en verse gebruik word. Hy is geteel uit HART 06-0074 en ERH 09-0013 – sy is ‘n top presteerder met OEK 27 mnde, TKP van 381 dae/5 kalwers en RI van 114.

ERH 14-0063 kan in enige produksiestelsel gebruik word. Daar is genoegsame voorspeense en naspeense groeivermoë om beide goeie speenkalwers en osse te produseer. Hy dra baie vleis en behoort ook sy goeie vleiseienskappe na die nageslag oor te dra. Hy vertoon die gewenste kombinasie van vroeë vetneerlegging (109) en goeie bespiering (105) – vroeg in kondisie op die veld en genoeg vleis en gewig vir hoë produksie potensiaal. Die toekoms blyk te wees om te boer met lae insetkoste diere wat ook in staat is om bogemiddelde opbrengste te lewer.

ERH 14-0063 het goeie bouvorm, mooi bespiering met goeie lengte, breedte, diepte kapasiteit en sterk toplyn. Hy maak ‘n mooi prentjie van ‘n bul mooi in balans. Hy is fenotipies doeltreffend en struktureel korrek. Sy aanpasbaarheid is baie goed – goeie skof, mooi vel en haar, lang stert, skoon onderlyn, sterk bene en mooi kloue. Kyk ook die dik velvoue in die nekgedeelte.

Sy teelwaarde indekse is almal op of naby die rasgemiddeld. Hy is ‘n veilige bul om te gebruik en sal geen foute in jou kudde bring. Koeie of verse, speenkalwers of osse, suiwer Bonsmara vervangingsverse of enige kruisteelstelsel – oorweeg gerus ERH 14-0063.




LOT 20: HMB 14-0025

    


Bul vanaf gasverkoper: Hochfeldstreek Bonsmaras

HMB 14-0025 is geteel uit HMB 10-143 aan vaderskant, wat uit NOSA Bonsmaras geteel is. Hierdie kuddevaar het baie mooi mediumraam diere met besondere aanpasbaarheidseienskappe geteel.

Van moederskant, HMB 06-67 kry hierdie bul sy goeie haarkleed en lengte. HMB 06-67 het met 34 maande vir die eerste keer gekalf, en het ‘n TKP van 404 dae onder ekstensiewe toestande, vir 7 kalwers. Sy het al haar kalwers gespeen met ‘n gemiddelde speenindeks van 107. Haar reproduksie indeks is 104, en is sy dan ook deur SAStamboek as Silwer Elite koei aangewys.

Goeie verdonkering op die nek, goeie balans, testis, skede, toplyn, bene, kloue, vel en haar, is van die eienskappe wat eerste opval as ‘n mens die bul sien.

HMB 14-0025 is ‘n baie sterk “all-rounder” tipe bul met besonder goeie aanpasbaarheidseienskappe.




LOT 21: DKT 14-0043

    


Bul deur gasverkoper: Gocharus Bonsmaras

DKT 14-35 is ‘n kleinseun van die bekende AG 98-338.

Sy ma is IH 04 -79 wat ons op wyle Ingo Halberstadt se laaste veiling bekom het. Aanvanklik sukkel sy om in die Kalahari aan te pas en lyk haar TKP nie baie goed nie maar sy het later goed aangepas en top kalwers geteel.

DKT 14-35 is ‘n medium raam met uitstekende balans tussen bespiering en vet neerlegging.
Hier is ‘n goed aangepaste “all rounder, easy fleshing” bul wat in enige kudde, kommersieël sowel as stoet, ‘n positiewe bydrae sal maak.




LOT 22: HART 14-0101

    


‘n Sterk seun van AG 03-0359 (kliek op die stoetvaar skakel hierbo om sy foto te sien) en HART 10-0324.

Sy is ‘n goeie reproduserende koei in die kudde met OEK 24 mnde, TKP 453 dae/4 kalwers en RI 109. Sy het in die droogte van 2015 een teelseisoen aangeskuif. Sy speen haar kalwers teen 48% van haar eie massa. Baie goeie en doeltreffende koei.

HART 14-0101 is ‘n mediumraam Kalfgemak en Bestuursgemak bul wat op koeie en verse en enige produksiestelsel suksesvol gebruik kan word. Hy is laag op geboortedirek (103), met goeie melk (107) en genoegame voorspeense (90) en naspeense groeivermoë (96), goeie GDT (104) en voeromsetverhouding (105). As jy alle relevante teelwaarde indekse bymekaar reken, eindig HART 14-0101 met ‘n Seleksie Groeiwaarde van (106) en Produksie Waarde van (102). Dit is bogemiddeld vir die ras en dit is wat die boer nodig het om Groei en Produksie te bevorder in sy kudde. Sy hoë melk en skrotumomtrek teelwaarde indekse van (107) en (111) tesame met sy baie goeie bouvorm, maak hom ‘n goeie proposisie om vroeg vrugbare vervangingsverse met oorgenoeg melk vir die kalwers, te teel.

HART 14-0101 vertoon uitstekende aanpasbaarheid en bogemiddelde groei en prestasie op die veld. Sy Hartebeestloop VeldPrestasie Indeks is 101 en sy Kleiber (veldvoeromsetverhouding) is 110. Vir die boere wat ekstensief en meestal net op natuurlike weiding boer, is hy die ideale bul. Tel daarby nog die feit dat hy ‘n lae Onderhoudskoste teelwaarde indeks van 113 het.
Wat beteken bogenoemde? - lae insetkoste bul wat bogemiddeld goed op die veld aanpas en uitgroei.

Hy is ‘n meer vroegryp tipe bul met goeie bespiering – visueel en met RTU (oogspieroppervlakte 107), vroeë vetneerlegging (155), goeie kapasiteit en breedte, sterk toplyn en baie mooi diepte deur die voorlyf. Bonsmara Namibië se leuse vir 2017 is “Back to Basics” – en dit is presies wat jy kry met HART 14-0101.
Aangepas, gehard, presteer op die veld, vroeg geslagsryp en teelwaarde indekse wat mooi by die ras pas. Ernstige kommersiële boere moet mooi na hom kyk.




LOT 23: HART 13-0324

    


Hy is geteel uit ADV 06-0198 (kliek op die stoetvaar skakel hierbo om sy foto te sien) vanuit die Stormfontein Bonsmara kudde en VBB 08-0329. Sy doen uitstekend met OEK 23 mnde, TKP 355 dae/7 kalwers, RI 122 en gemiddelde speenindeks van 104/6 kalwers. Okombonde Bonsmara stoet koop ‘n top seun van haar HART 12-0319. VBB 08-0329 is ‘n hoog reproduserende koei en die sukses van boerdery is gebou op hierdie kwaliteit koeie met hierdie tipe reproduksiesyfers.

HART 13-0324 is ‘n groter raamtipe bul wat net op koeie gebruik moet word. Hy speen lekker swaar op 291 kg en sy geboortegewig en speengewig reflekteer dan ook die uitstekende GDT (105), voorspeense (115) en naspeense groeivermoë (113) van die bul. Boere moet let dat hierdie bul hoër op Skouerhoogte en Volwasse gewig is as die rasgemiddeld en hy moet dan ook volgens sy sterkpunte aangewend word. Hy is ‘n uitstekende groeier, met hoë daaglikse gewigstoename en baie goeie bespiering. Hy sal baie goed doen in enige produksiestelsel waar goeie groei die prioriteit is, soos met speenkalwers of osse.

Nieteenstaande sy raamtipe, doen hy baie goed tydens die veldtoets met ‘n Hartebeestloop VeldPrestasie Indeks van 101 en ‘n veldvoeromsetverhouding van 103. Daar is ook goeie groter raam diere wat baie goed doen op die veld – soos HART 13-0324.

Hy vertoon baie goeie bouvorm, sterk bespiering, mooi breedte en diepte en ook goeie kapasiteit. ‘n Tipiese vol-vleis bul wat orals goed gevul is met vleis. Kyk gerus ook na sy goeie lengte en sterk toplyn.

HART 13-0324 wys ook baie goeie aanpasbaarheid met mooi skofontwikkeling, gladde en blink vel en haar, sterk bene en skoon onderlyn.

Sy Seleksie Waardes wys sy groei en produksievermoë – Groeiwaarde (116) en Produksie waarde (110).

Hy is ‘n uitstekende bul indien hy reg aangewend word. Kyk gerus ook om sy goeie eienskappe in ‘n kruisteelstelsel te gebruik.




LOT 24: HART 14-0269

    


Hierdie is ‘n goed bespierde seun van HART 11-0216 (kliek op die stoetvaar skakel hierbo om sy foto te sien) en HMB 10-0002. Harry Eramus van ERASMUS Bonsmaras het die koei en kalf aangekoop en HART 14-0269 het sy prestasietoetsing op Hartebeestloop deurgeloop.

HART 14-0269 is ‘n goed bespierde bul met mooi kapasiteit, lengte, goeie breedte en diepte deur die voorlyf. Sy toplyn is sterk en die oogspiere gaan baie mooi deur tot in die skof. Hy dra baie vleis – kyk gerus hoe goed die lendes, kruishelling en binne en buite dye gevul is. Daar is breedte oor die hakke met ‘n lang boudspier wat laag aanheg. Ons soek daardie bietjie ekstra breedte oor die hakke met sterk bene vir spieraanhegting – ekstra vleis en gewig.

Hy wys uitstekende aanpasbaarheidseienskappe – goeie skofontwikkeling, gladde vel, blink en kort hare, lang stert en sterk bene met skoon onderlyn. Jy sal die baie goeie balans en beweeglikheid van die bul sien as ons hom deur die ring vat. Sy Hartebeestloop VeldPrestasie Indeks is 109 wat sy prestasies op die veld mooi ondersteun.

Sy teelwaarde indekse is regoor baie goed – goeie voorspeense groei (118), melkwaarde (109), naspeense groeivermoë (138) en GDT (109). Sy skrotumomtrek teelwaarde indeks is (119) en tesame met sy goeie melkwaarde van 109 behoort hy vroeg ryp, hoogs vrugbare verse te teel met baie goeie melk vir hulle kalwers.

Sy Seleksie Waardes reflekteer sy voorkoms en genetiese en ekonomiese meriete – Groeiwaarde (128) en Produksie Waarde (125).

HART 14-0269 is ‘n veilige bul wat in enige produksiestelsel baie goed behoort te doen. Daar is oorgenoeg groei, melk, aanpasbaarheid, gehardheid en prestasie vir enige produksiestelsel.
Hy wys ook goeie stoetpotensiaal en stoettelers kan goed na hom kyk. Hy behoort te teel soos hy lyk en presteer!




LOT 25: HART 14-0128

    


‘n Goed bespierde mediumraam, kalfgemak bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Hy kom uit ‘n familie van kalfgemak bulle en alhoewel hy breed en bespierd is, sal dit geen invloed op kalfgemak hê nie.

Hy is geteel uit HART 09-0073 (kliek op die stoetvaar skakel hierbo om sy foto te sien) wat tans by Hochfeldstreek Bonsmaras van Streicher en Hella Coetzee is. Die moer is HART 12-0132 en dit is haar eerste kalf op 24 mnde. Sy is ‘n baie goeie moeder met ‘n gemiddelde speenindeks van 105 oor 3 kalwers en sy speen die 3 kalwers teen 59.2% van haar eie liggaamsmassa. Dit is 264 kg gemiddeld. Uiters doeltreffende koei en dit is ‘n swaar gemiddelde speenmassa vir die warm en droë Kalahari.

HART 14-0128 wys goeie breedte, sterk bespiering, sterk toplyn, goeie kapasiteit met mooi diepte deur die voorlyf. Sy oogspieroppervlakte teelwaarde indeks van 120 reflekteer ook sy goeie bespiering en die oogspiere strek baie mooi tot in die skof. Nieteenstaande die goeie bespiering, is sy vroeë vetneerleggingvermoë baie goed (124) – baie vleis en vroeg in kondisie! Sy vleiseienskappe sal jou beindruk – lendes is baie mooi vol vleis, vol vleis binne en buite dye met boudspiere wat laag afkom op die hakke.

HART 14-0128 is ‘n bestuursgemak bul wat in enige produksiestelsel goed sal doen. Daar is genoegsame voorspeense groei (97), goeie naspeense groei (101), baie goeie GDT (114) en uitstekende voeromsetverhouding (122). Hy is een van die bulle wat die heel beste presteer het op die veld. Sy Hartebeestloop VeldPrestasie Indeks van 114, behoud van kondisie en konstitusie op die veld en sy veldvoeromsetverhouding maak hom ‘n ideale bul vir ekstensiewe omstandighede. Vir die boer wat slegs van natuurlike ekstensiewe weiding afhanklik is, is HART 14-0128 jou mees geskikste bul. Hy is ‘n lae onderhoudskoste (111) bul met bogemiddelde Groeiwaarde (104) en Produksie Waarde (105).

As jy kalfgemak, bestuursgemak, aanpasbaarheid en gehardheid op die veld met bogemiddelde groei en produksie in jou kudde soek, kyk goed na HART 14-0128.




LOT 26: DKT 14-0035

    


Bul vanaf gasverkoper: Gocharus Bonsmaras

DKT 14-35 is ‘n kleinseun van die bekende AG 98-338.

Sy ma is IH 04 -79 wat ons op wyle Ingo Halberstadt se laaste veiling bekom het. Aanvanklik sukkel sy om in die Kalahari aan te pas en lyk haar TKP nie baie goed nie maar sy het later goed aangepas en top kalwers geteel.

DKT 14-35 is ‘n medium raam met uitstekende balans tussen bespiering en vet neerlegging.
Hier is ‘n goed aangepaste “all rounder, easy fleshing” bul wat in enige kudde, kommersieël sowel as stoet, ‘n positiewe bydrae sal maak.




LOT 27: HART 14-0280

    


Hy is ‘n tipiese mediumraam, goed bespierde bul wat uitstekend aangepas is vir ekstensiewe omstandighede. Ons sien hierdie tipe bulle orals in Namibië en hulle presteer konstant baie goed. Boere wat hierdie tipe bulle in kruisteelstelsels op groter raamtipe, later ryp en hoë onderhoudskoste koeie gebruik, word vir altyd oorgewen na die Bonsmara. HART 14-0280 en ander soortgelyke bulle reflekteer eintlik maar net die werkbare en volhoubare teelbeleid van die Bonsmara. Hy is geteel uit HART 08-0082 (kliek op die stoetvaar skakel hierbo om sy foto te sien) en HART 12-0391. Sy kom uit ‘n baie vrugbare moederlyn en haar OEK is 21 mnde, TKP 342 dae/2 kalwes met RI van 131 en gemiddelde speenindeks van 102/2 kalwers. Sy speen 57.6% van haar liggaamsgewig en dit is 261 kg gemiddeld.

HART 14-0280 is ‘n kalfgemak en bestuursgemak bul wat op verse en koeie en in enige produksiestelsel goed gebruik kan word. Hy is uitstekend aangepas met ‘n Hartebeestloop Veldprestasie Indeks van 103 en ‘n Kleiber (veldvoeromset) teelwaarde indeks van 104. Visueël vertoon hy baie goeie aanpasbaarheidseienskappe met goeie skofontwikkeling, gladde vel, blink en kort haar, sterk bene en goeie kloue. Hy is ‘n vroeg ryp tipe bul wat baie gou in kondisie kom en beide kondisie en konstitusie baie goed behou op die veld.

HART 14-0280 vertoon goeie bouvorm, goeie breedte, mooi kapasiteit, diepte deur die voorlyf, baie goeie balans en ‘n sterk toplyn. Hy dra goeie vleis en het daardie tipies kompakte “vleis voorkoms” van die vroeër ryp diere.

Hy is ‘n baie manlike bul met sterk kop, goeie ontwikkeling van die oogbanke, goeie breedte tussen die oë, mooi verdonkering en ‘n skrotum wat goed gevorm is en mooi hang.

Sy teelwaarde indekse en Seleksie Waardes is meestal op of naby die rasgemiddeld.

HART 14-0280 is ‘n veilige bul om te gebruik, funksioneel doeltreffend, struktureel korrek en baie goed aangepas. Boere wat graag die goeie eienskappe van die Bonsmara in hulle kuddes wil vestig, moet goed kyk na hom.




LOT 28: HART 14-0104

    


Baie goed bespierde mediumraam bul geteel uit AG 03-0256 (kliek op die stoetvaar skakel hierbo om sy foto te sien) en BHE 04-0145. Sy is uit die Fortress Bonsmara lyne met uitstekende reproduksie en produksie syfers: OEK 30 mnde, TKP 358 dae/11 kalwers en RI van 116. Sy het 100% stoetgoedkeuring van al haar kalwers aangebied en is nog steeds in die kudde. Sy is ‘n top bouvorm koei met uitstekende prestasies.

HART 14-0104 vertoon uitstekende bouvorm, baie goeie bespiering, breedte, goeie lengte en sterk toplyn. Sy oogspieroppervlakte indeks is 114 en kyk gerus hoe sterk die oogspiere deurloop tot in die skofgedeelte. Sy kapasiteit is goed en hy vertoon sterk bene met goeie breedte oor die hakke. HART 14-0104 vertoon baie goeie vleiseienskappe en hy het daardie tipiese vol-vleis voorkoms. Daar is uitstaande aanpasbaarheid met seepgladde vel, blink en kort haar, uitstekende skofontwikkeling en ‘n Hartebeestloop VeldPrestasie Indeks van 105. Sy Kleiber indeks van 111 wys ook sy baie goeie veldvoeromset en sy goeie groei op die veld. Ons kombineer hier uitstekende bouvorm met uitstekende aanpasbaarheid.

Sy teelwaarde indekse is ook baie goed – effens swaarder op geboorte en gebruik hom net op koeie weens sy sterk bespiering. Hy vertoon baie goeie groeivermoë – Voorspeense groei (108) en naspeense groei (102) met GDT van (101). Sy Seleksie Waardes vir Groeiwaarde en Produksie Waarde is 113 en 102 onderskeidelik.

Sy manlikheid sal jou opval – sterk kop, met goeie ontwikkeling van die oogbanke, goeie breedte tussen die oë, pragtige verdonkering in die nekgedeelte met goedgevormde skrotum wat baie mooi hang. Hy is ‘n wakker bul en behoort baie goeie libido te hê.

HART 14-0104 wys goeie stoetpotensiaal en kyk baie mooi na hom. Regtig ‘n indrukwekkende bul wat ‘n baie goeie bydrae tot die Bonsmara ras en ook jou kudde sal maak. Hy is een van die gunsteling bulle op die veiling.




LOT 29: HART 14-0046

    


‘n Groter raamtipe bul met baie goeie bespiering en groeivermoë. Hy is geteel uit LAR 06-0224 (kliek op die stoetvaar skakel hierbo om sy foto te sien) vanaf UP George en ‘n hoogs reproduserende en produserenede koei, HART 07-0045. OEK 23 mnde, TKP 362 dae oor 8 kalwers, RI van 120 en gemiddelde speenindeks van 103/7 kalwers. Sy is goed doeltreffend en speen teen 45.9 % van haar liggaamsgewig en dit is 245 kg gemiddeld oor 8 kalwes. Sy gaan al die pad terug na Okamaja en Woestyn Bonsmaras.

HART 14-0046 is ‘n baie sterk bespierde bul met baie goeie groeivermoë. Kyk gerus na hierdie groeisyfers – voorspeens (121), naspeens (134), GDT (131) en voeromsetverhouding (102). Hy het ‘n goeie melksyfer van 110 wat hy sal oordra na sy vroulike nageslag. Sy bouvorm is uitstekend – goeie bespiering met sterk toplyn (oogspieroppervlakte van 153). Daar is goeie breedte, lengte, mooi kapasiteit en baie goeie diepte deur die voorlyf. Daar is baie vleis aan die bul en dit is sekerlik sy sterk eienskap. Nieteenstaande sy raamwerk, bespiering en groeivermoë is hy baie goed aangepas met Hartbeestloop VeldPrestasie Indeks van 110. Sy vermoë om weiding in vleis en gewig om te sit op die veld is uitstekend, met ‘n veldvoeromsetverhouding van 117. Kyk gerus na sy baie goeie aanpasbaarheidseienskappe.

Hy wys baie goeie manlikheid met sterk kop, mooi verdonkering deur die voorlyf en goeie skrotum wat mooi hang en skrotumomtrek teelwaarde indeks van 106.

Sy Seleksie Waardes is van die bestes in die ras. Top genetiese en ekonomiese meriete, tesame met goeie bouvorm uit blou bloed familie lyne aan beide kante – dit is presies wat jy kry met HART 14-0046.
HART 14-0046 het my van jongs af beindruk en hy doen nog steeds so. As jy groeivermoë, melk, GDT, aanpasbaarheid en vrugbaarheid wil verbeter in jou kudde, hoef jy nie eers verder te kyk nie. Ek beveel hom met die grootste vertroue aan na enige teler en kudde.




LOT 30: HART 14-0103

    


‘n Baie goeie seun van HART 10-0272 (kliek op die stoetvaar skakel hierbo om sy foto te sien) en HART 11-0086. Sy is ‘n 8-punt koei met OEK 24 mnde, TKP 422 dae/ 4 kalwers met RI van 114 en gemiddelde speenindeks 101/4 kalwers. Ons het ‘n uitstekende seun van haar aan Leeba Fouche en Ben van der Merwe van Leeben Farming verkoop.

HART 14-0103 is ‘n mediumraam bul met goeie bespiering en mooi bouvorm. Ek sal hom vir eers net op koeie gebruik en daarna finaal besluit oor sy aanwending op verse. Hy maak ‘n mooi prentjie met sy kop op, uitstekende diepte deur die voorlyf, goeie kapasiteit en sterk toplyn. Hy het baie goeie groeivermoë – voorspeens (106), naspeens (117) en GDT (114). Dit is mos presies wat ons soek in die vleisbees industrie. Sy melkwaarde van 115 is baie goed en sy vroulike nageslag behoort swaar kalwers te speen.

Kyk gerus ook na sy mooi aanpasbaarheidseienskappe – blink vel en kort haar, baie goeie skof, dik vel met breë velvoue, swart pigment en sterk bene en kloue. Sy Hartebeestloop VeldPrestasie Indeks van 104 en sy veldvoeromsetverhouding van 109 wys sy aanpasbaarheid op die veld en sy vermoë om op die veld te groei en te presteer. Party bulle doen net orals goed, ongeag vir watter ekonomies belangrike eienskap jy toets.

Hy is ‘n baie manlike, kop op en wakker bul. Sy kop is sterk, oogbanke is goed ontwikkel, mooi verdonkering deur die voorlyf met ‘n goedgevormde skrotum wat mooi hang.

Sy Seleksie Waardes vir Groeiwaarde (123) en Produksie Waarde (118) wys presies wat hy vir die nuwe eienaar werd sal wees.

HART 14-0103 kan baie goed in enige produksiestelsel gebruik word. Daar is oorgenoeg groei vir speenkalwers en os produksie en oorgenoeg melk vir die teel van goeie vervangingsverse. Ernstige boere wat graag ‘n “groot” stap vorentoe wil neem met hulle kuddes kan gerus HART 14-0103 merk.




LOT 31: HART 13-0051

    


‘n Goeie seun van AG 06-0411 en een van ons top koeie op Hartebeestloop BHE 01-0144. Haar OEK is 28 mnde, met TKP van 411 dae/9 kalwers en RI van 108. Soos meeste van die Fortress koeie, het sy uitstekend presteer by ons. Sy gaan al die pad terug na NPT 91-0022 en AG D 0103.

HART 13-0051 is effens groter as mediumraam, maar kan nog met vertroue op koeie en verse gebruik word. Hy vertoon baie goeie balans en kyk gerus as die bul beweeg. Daar is goeie bouvorm, bespiering, lengte, breedte en diepte deur die voorlyf. Hy is struktureel baie korrek en dra baie goeie vleis. Sy aanpasbaarheidseienskappe is uit die boonste rakke – kyk na sy mooi skofontwikkeling, blink, gladde vel en kort hare, sterk bene en baie goeie kloue. Sy onderlyn is baie goed met ‘n baie mooi skede/naelvel kombinasie. Sy Hartebeestloop VeldPrestasie Indeks van 102 en sy Kleiberindeks van 102 wys sy goeie aanpasbaarheid op die veld asook goeie groei en gewigstoename onder veldtoestande.

Hy wys baie manlikheid met sterk kop, mooi verdonkering en skrotum wat goed gevorm is en reg hang. Hy maak ‘n mooi prentjie van manlikheid met sy kop-op houding en wakker oë.

Sy teelwaarde indekse is almal op rasgemiddeld of naby daaraan. Hy is ‘n tipiese Bestuursgemak bul wat jy in enige produksiestelssel met sukses kan gebruik. Hy sal definitief bietjie raamwerk na jou kudde bring. Dus as jou koeie tè klein is vir jou gemak en produksie lei daaronder, kan jy ook na HART 13-0051 kyk.

Ek sal hom sterk aanbeveel vir enige kruisteelstelsel waar die Bonsmara se spesifieke eienskappe benodig word – kalfgemak, bestuursgemak, genoegsame groei en gewigstoename, bogemiddelde melk vir sy vroulike nageslag en prestasie onder natuurlike veldtoestande.




LOT 32: HART 13-0379

    


Soms is jy net baie gelukkig oor hoe die paringsbesluite uitwerk tussen 2 bloedlyne. Dan benodig jy ook nog ‘n klomp geluk vir die nageslag om goed te doen met prestasie toetsing. As alle “gelukke” bymekaar kom, het jy ‘n wenner bul. So ‘n bul is HART 13-0379.

Hy is geteel uit AG 03-0359 (kliek op die stoetvaar skakel hierbo om sy foto te sien) en HART 10-0151. Sy kom uit een van ons beste bulmoeder en vrugbaarheidslyne en gaan al die pad terug tot HART 06-0058 en BHE 03-0103 aan vaderskant en VBB 07-0302 ELITE SILWER en EI 00-0329 aan moederskant. HART 10-0151 se OEK is 28 mnde, TKP 384 dae/5 kalwers met RI van 112 en gemiddelde speenindeks van 101/4 kalwers. Sy speen teen 46.3% van haar eie gewig en dit is 235 kg gemiddeld oor 4 kalwers.

Ons het hom self gebruik in die kudde vir die volgende teeldoelwitte:

  1. Bouvorm en kalfgemak vas te teel

  2. Genoegsame bespiering (oogspieroppervlakte 124) gekombineerd met goeie vroeë vetneerlegging (106)

  3. Genoegsame voorspeense (101) en naspeense groeivermoë (108) met hoë GDT (110) en voeromsetverhouding (102)

  4. Baie melk (120) met groot skrotumomtrek (107)

  5. Goeie vermoë om veldweiding doeltreffend om te sit in vleis en gewig met Kleiberindeks van 108.

Sy teelwaarde indekse is bykans almal matig bo rasgemiddeld. Die eienskappe wat ons van groot ekonomiese waarde vir die boer beskou, is betekenisvol beter as rasgemiddeld. Sy Seleksie Waardes vir Groeiwaarde en Produksie Waarde is beide 122!

Hy wys alle eienskappe wat bo gelys is. Tesame met dit, is hy ‘n lewendige kop-op bul, robuust met baie manlikheid. Sy kop is sterk en daar is baie mooi verdonkering in die nekgedeelte en ‘n groot skrotum wat perfek hang.

HART 13-0379 wys duidelike stoetpotensiaal en dit is hoekom hy as jong bul in die Hartebeestloop kudde gebruik is. Ek sal graag wil hê dat hy na ‘n stoetkudde gaan aangesien hy baie het om tot die Bonsmara ras by te dra. Ek verkoop hom moeilik.




LOT 33: HART 14-0081

    


Uitstekend aangepaste mediumraam bul geteel uit HART 10-0202 (kliek op die stoetvaar skakel hierbo om sy foto te sien) en ‘n ELITE GOUD koei NGO 02-0010. Sy is nou werklik die toonbeeld van top reproduksie en produksie vermoeëns. OEK 32 mnde, TKP 375 dae/12 kalwers en RI 112. Sy het ‘n stoet goedkeuringspersentasie van 88% van al haar kalwers aangebied en sy speen haar 12 kalwers teen 241 kg gemiddeld. Uit haar verkoop ons 2 uitstekende seuns aan Werner en Anita Schroër ( HART 08-0147) en J.H. Maritz (HART 11-0170). Die Bonsmara is gebou op hierdie top tipe koeie.

HART 14-0081 is ‘n mediumraam bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Hy is ook ‘n Bestuursgemak bul wat in enige produksiestelsel sal presteer. Hy het goeie bouvorm met goeie bespiering, genoegsame kapasiteit en breedte met mooi diepte. Die bul het baie goeie balans en kyk gerus as hy beweeg in die ring. Sy teelwaarde indekse is uitstekend – laag op geboorte (114), hy weeg 35 kg by geboorte, baie goeie voorspeense groei (104) – hy speen 278 kg, top naspeense groei van (107), uitstekende GDT (120) en voeromsetverhouding van (120). Kyk gerus ook sy goeie melkwaarde (107) en groot skrotumomtrek (112) - sy vroulike nageslag sal oorgenoeg melk hê vir swaar speenkalwers en behoort ook vroeg vrugbaar èn baie vrugbaar te wees.

HART 14-0081 is baie goed aangepas en sy vel en haar is opvallend goed tussen al die veilingsbulle. Sy Hartebeestloop VeldPrestasie Indeks van 112 en sy Kleiber (veldvoeromsetverhouding) van 108 wys ‘n goed aangepaste bul wat op die veld uitstekend groei en presteer.

HART 14-0081 sal uitstekend doen as jy die volgende benodig in jou kudde:

  1. Kalfgemak en Bestuursgemak
  2. Aanpasbaarheid en gehardheid op die veld
  3. Baie goeie groeivermoë vir swaar speenkalwers en osse
  4. Melk en vrugbaarheid

Boere kan ook die bul sterk gebruik in enige kruisteelstelsel onder ekstensiewe toestande waar die koeie meer grootraam is en waar die Bos Indicus eienskappe van die Bonsmara benodig word.




LOT 34: HART 14-0014

    


Hy is ‘n goed bespierde mediumraam bul wat geteel is uit HART 10-0251 (kliek op die stoetvaar skakel hierbo om sy foto te sien) en HART 11-0056. Sy was ‘n top koei – “full score” 9 gepunt met OEK 24 mnde, TKP 345 dae/3 kalwers, RI van 123 en sy het gespeen teen 48.8% van haar liggaamsmassa – dit is 270 kg gemiddeld vir haar speenkalwers. Ongelukkig het sy onherstelbaar seer gekry en moes ons haar slag.

HART 14-0014 kan in enige produksiestelsel baie goed gebruik word. Sy teelwaarde indeks vir voorspeense groei, is 110 en dus behoort sy kalwers goed te groei en swaar te speen. Hy self het 274 kg gespeen. Sy baie goeie melkwaarde van 107 sal hy oordra na sy vroulike nageslag wat weereens genoeg melk behoort te hê om swaar kalwers te speen. Sy naspeense groeivermoë van 117 is uitstekend en sy osse sal ordentlik groei. Kyk gerus ook na sy baie goeie waardes vir GDT (126) en voeromsetverhouding (132). Hy is ‘n ideale bul vir die teel van goeie speenkalwers en osse. Sy Seleksie Waardes vir Groeiwaarde is 117 en Produksie Waarde is 114 – so al die bou blokke is in plek vir ‘n bul wat se nageslag baie goed behoort te presteer.

Sy bouvorm, bespiering, lengte, breedte en diepte deur die voorlyf is baie mooi. Hy vertoon ‘n groot oogspieroppervlakte van 128, met baie sterk toplyn en oogspiere wat reg deur strek tot in die skofgedeelte.

Hy is baie goed aangepas vir die ekstensiewe toestande met goeie skofontwikkeling, baie mooi vel en haar, mooi pigment, lang stert, skoon onderlyf met goeie bene en kloue. Hy kon sterker oor die hakke wees.

HART 14-0014 wys goeie manlikheid en sterk sekondêre gelsagseienskappe - bul met ‘n sterk kop, mooi verdonkering en ‘n teelwaarde indeks vir skrotumomvang van 101.

HART 14-0014 se goeie bouvorm, vleiseienskappe en teelwaarde indekse maak hom ‘n baie goeie bul vir enige produksiestelsel. Kommersiële boere wat ernstig is om ‘n “groot stap” vorentoe te neem, moet hom sterk oorweeg.
Hy bring al die eienskappe wat Bonsmara die vleis en boer bees van keuse maak na jou kudde.




LOT 35: HART 13-0443

    


‘n Mooi donker mediumraam bul geteel uit AG 06-0411 en ‘n ELITE GOUD koei JMP 04-0139. Kyk gerus na haar uitstekende prestasies: OEK 24 mnde, TKP 376 dae/10 kalwers, RI 114, gemiddelde speenindeks van 101/10 kalwers en sy speen teen 46.8% van haar liggaamsmassa. Uit haar verkoop ons uitstekende bulle aan Wouter van Amstel/Luhan Steyn en Johan Groenewaldt en top stoetverse aan Charlottenberg Bonsmaras, Nabibis Bonsmaras en Springputz Bonsmaras. Voorwaar ‘n koei met uitstekende prestasies.

HART 13-0443 vertoon goeie bouvorm met genoegsame bespiering, sterk toplyn, goeie breedte en genoegame kapasiteit. Daar is goeie diepte deur die voorlyf en daar is sterk bene en goeie kloue. Kyk gerus ook na die mooi breedte oor die hakke. Die boere wat osse uitgroei weet al baie goed dat ‘n sterk raamwerk met ‘n breër beenstruktuur ‘n moet is vir goeie prestasie.

Hy is pragtig aangepas met ‘n Hartebeestloop VeldPrestasie Indeks van 118 – sy eie indekse in die groep is GDT (120) en Kleiber (110). Dit beteken baie goeie groei in die groep en ver bogemiddelde prestasie met die vermoë om veldweiding in vleis en gewig om te sit. Dit is mos diè tipe diere waarmee ons ekstensief op die veld moet boer. Sy baie mooi manlikheid is opvallend met sterk kop, goed ontwikkelde oogbanke, mooi verdonkering en groot skrotumomtrek teelwaarde indeks van 119, en skrotum hang baie goed.

Sy teelwaarde indekse is almal op of naby die rasgemiddeld – hy is ‘n veilige bul vir verse en koeie en ook vir enige produksiestelsel. Sy Seleksie Waardes onderstreep sy sterk punte – Onderhoudswaarde is 111 - lae insetkoste diere met prestasie op die veld, Groeiwaarde 117 - genoegsame groeivermoë en Produksie Waarde 106.

HART 13-0443 is verseker ‘n bul waarna jy kan kyk as jy ekstensief boer sonder aangeplante weiding en goedkoop mielies.




LOT 36: HART 13-0240

VIDEO    


‘n Goed bespierde mediumraam bul met baie goeie bouvorm geteel uit AG 01-0152 (kliek op die stoevaar skakel hier bo om sy foto te sien) en HART 10-0164. Sy is ‘n baie goeie koei met OEK 25 mnde, TKP 363 dae/5 kalwers en ‘n RI van 119. Sy is ‘n top doeltreffende koei en speen teen 57% van haar liggaamsmassa. Sy is verkoop aan Jungfrau Bonsmaras en het bitter swaar gekry in die droogte. Hulle het eenvoudig net niks reën gehad in die 2016 seisoen nie. HART 13-0240 het sy prestasietoetsing op Hartebeestloop gedoen.

Hy is ‘n uitstekende bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Ons het hom self op verse gebruik en geen probleem gehad nie nieteenstaande sy geboortegewig van 44 kg. HART 13-0240 vertoon baie goeie breedte, kapasiteit, sterk toplyn en mooi diepte deur die voorlyf. Hy is baie mooi vol agter die blad. Sy oogspieroppervlakte teelwaarde indeks van 115 bevestig sy goeie bespiering reg deur en sterk toplyn. Jy kan net na hom kyk – en jy sien daardie vol-vleis prentjie bul. Hy is ook uitstekend aangepas vir die ekstensiewe boerdery met Hartbeestloop VeldPrestasie Indeks van 109 en Kleiber indeks van 101. Van sy goed ontwikkelde oogbanke – regdeur – tot sy sterk bene en kloue wys hy uitstaande aanpasbaarheidseienskappe.

Sy teelwaarde indekse is baie goed met bogemiddelde goeie voorspeense groei (103), goeie melksyfer (106), goeie naspeense groei (106), uitstekende GDT (114) en uitstekende voeromsetverhouding (116). Sy Seleksie Waardes is as volg: Groeiwaarde (114) en Produksie Waarde (107) – dit is mos so goed as wat ons almal wil hê. Werklik ‘n bul wat in enige produksiestelsel baie goed sal doen.

Kyk gerus ook na sy baie sterk manlikheidseienskappe en sy goedgevormde skrotum met teelwaarde indeks van (105).

HART 13-0240 is werklik ‘n uitstaande bul en vertoon goeie stoetpotensiaal. Hy is een van die sterk bulle op die veiling.




LOT 37: HART 13-0217

VIDEO    


Kyk gerus na die bul se stamboom – aan vaderskant HART 09-0055 (kliek op die stoetvaar skakel hierbo om sy foto te sien) vanuit die AG 98-0338 lyn en 2014 GOUD ELITE koei JMP 04-0139. HART 09-0055 was die topverkoper op die 2014 veiling aan Wouter van Amstel en Luhan Steyn. Aan moederskant kom hy uit ‘n Fourie Scheepers bul CEF 03-0322 vanuit die RCO 98-0037 lyn. Ek het dit al vantevore genoem – die kombinasie van AG 98-0338 en RCO 98-0037 het baie goeie resultate gelewer. Sy ouma is NGO 00-0052 vanuit Woestyn Bonsmaras wat uitstaande aanpasbaarheid en gehardheid na ons kudde gebring het. Sy moeder HART 07-0012 is ‘n pragtige, diep koei, TKP van 383 dae oor 8 kalwers met speenindeks van 101/8. Ons verkoop ‘n top bul van haar aan Edward Hansen van EMOK Bonsmaras. Edward koop net die beste!

HART 13-0217 is ‘n vol-vleis bul met uitstekende prestasies regdeur. Uitstaande teelwaarde indekse vir voor (118) - en naspeense groeivermoë (113), uitstekende GDT (106) en is een van die top groeiers in sy naspeense groeitoets. Sy aanpasbaarheidseienskappe is van die beste en hy eindig met ‘n Hartebeestloop VeldPrestasie Indeks van 123 – dit is ‘n sprekende voorbeeld van ‘n aangepaste dier wat goed groei op die veld. Sy liggaamsverhoudinge is uitstekend – hy is 20% langer as wat hy hoog is. Jy sal ook die bul se baie goeie balans sien as hy beweeg.

Sy kombinasie teelwaarde indekse vir oogspieroppervlakte (121), marmering (133) en vroeë vetneerlegging (103) is uit die boeke. Goeie sterk bespiering maar tog die vermoë om vroeg vet neer te lê – jy kan mos nie vir beter vra nie. Kyk na sy Seleksie Waardes vir Kalfgroei Waarde (118), Vrugbaarheid (102), Groeiwaarde (127) en Produksie Waarde (118). Bogenoemde is almal kardinale belangrike ekonomiese eienskappe vir winsgewinde boerdery.

HART 13-0217 bring goeie bouvorm, breedte, lengte, sterk bespiering, hoë vrugbaarheid, uitstekende groeivermoë met hoë produksie waarde na jou kudde. Op die koop toe – sy aanpasbaarheid, vermoë om kondisie te hou op die veld, manlikheid en libido is van hoogstaande gehalte.

Kyk hom mooi. Hy is deur-en-deur ‘n top kwaliteit vleisbul. Hoekom kom hy laaste in – dit is jou laaste kans vir ‘n uitstaande bul op die veiling!




LOT 38: HART 12-0028

    


Hy is geteel uit HART 07-0087 en CEF 99-0086 vanuit die Zinabos kudde. Ek het haar as jong koei gekoop by Fourie Scheepers en sy het uitstaande aangepas en presteer in die warm Kalahari. Haar OEK is 31 mnde met TKP van 399 dae/12 kalwers en RI van 108. Sy speen haar 12 kalwers teen gemiddeld 248 kg wat wragtag goed is vir 12 kalwers. Uit haar verkoop ons top verse en bulle aan DI Boerdery, Nabas Farming, Theo Kinda en Tuauana Bonsmaras. Sy was ‘n groot aanwins vir Hartebeestloop kudde en is sekerlik ook ‘n goeie advertensie vir die Zinabos Bonsmaras se “Golden Oldies” aankope.

HART 12-0028 is ‘n mediumraam, kalfgemak bul wat op verse en koeie gebruik kan word.
Hy is ook ‘n tipiese Bestuursgemak bul wat in enige produksiestelsel gebruik kan word. Daar is goeie voorspeense groei (110) vir swaar speenkalwers; genoeg melk (103) vir goeie vervangingsverse met baie melk vir hulle kalwers en genoeg naspeense groeivermoë (103) - met ‘n goeie voeromsetverhouding (101) - om osse gou en swaar te laat uitgroei. Sy bouvorm is goed met goeie lengte, genoeg kapasiteit, mooi diepte deur die voorlyf en orals goed gepak met vleis.

Sy teelwaarde indekse is regdeur goed gebalanseerd en daar is geen uitskieter waardes wat jou bekommerd hoef te maak nie. Hy sal teel soos hy lyk en soos wat sy teelwaarde indekse is.

HART 12-0028 is een van die ouer bulle op die veiling. Hy het nog baie jare se goeie werk in hom en sal sy bydrae doen in enige kudde. Boere wat effektiewe kruisteling doen, kan hom gerus oorweeg. Hy sal sterk eienskappe soos bouvorm kalfgemak, goeie groeivermoë, oorgenoeg melk, aanpasbaarheid en gehardheid in die kuddes versterk.



Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap