Hartebeestloop

Bonsmara Genepoel
Auction 2014

Index  |  Overview  |  Videos |  All Auctions
BULLS Hartebeestloop
at Genepoel 2014


LOT 04: HART 10-0239

    


LOT 04: HART 10-0239

Sy vaar is CEF 04-462 - kliek hier om die vaar te sien - wat werklik goed gedoen het op Hartebeestloop. Ons het die bul in vennootskap met Arthur de Villiers van Arcadia Bonsmaras gekoop. Beide sy bul en verskalwers kom baie sterk deur in die kudde. Ons gebruik ook ‘n halfbroer van HART 10-239 uit dieselfde ma in die kudde. Sy moer GJN 06-0034 se OEK is 26 mnde, TKP van 341 dae oor 4 kalwers, speenindeks van 100 gemiddeld en speen teen 48,6% van haar liggaamsmassa en Reproduksie Indeks van 121.

HART 10-0239 is ‘n tipiese Hartebeestloop “All Rounder, All Purpose” bul wat op koeie en verse gebruik kan word en in enige produksiestelsel. Hy speen swaar op 284 kg en vertoon baie goeie naspeense groeivermoë. Hy is ‘n sterk bul met uitstekende bespiering - kyk gerus die breedte in die borsvloer en oor die rug. HART 10-0239 vertoon uitstaande hoogte/lengte verhouding van 1:22 met sterk toplyn wat eindig in ‘n perfekte kruishelling. Die bul het uitstekende balans met goeie kapasiteit, dye is vol vleis, goeie vleiseienskappe oor die lende area en vol agter die blad.

Dit is moeilik om beter aanpasbaarheidseienskappe te teel as dit wat HART 10-0239 vertoon. Sy bene en kloue is uitstekend vir ons moeilike ekstensiewe toestande. Sy Veldbul indeks wat tot ‘n groot mate aanpasbaarheid weerspieël is 122 – dit is van die heel beste in sy groep! Kenmerkend van die bul is baie goeie Teelwaarde Indekse vir vroeg vetneerlegging (116) en groot oogspieroppervlakte (135). Dit is mos wat ons wil teel - gou in kondisie op veld en baie vleis en gewig in vorm van spiere. Sy sekondêre manlikheidseienskappe is baie goed –sterk kop en mooi verdonkering in die nekarea. Sy skrotum is skoon, hang goed en meet 42 cm.

HART 10-0239 se Teelwaarde Indekse is uitstekend – presies soos dit moet wees.

Ek kan HART 10-0239 met geruste hart aanbeveel na enige stoet of kommersiële kudde. Hy is werklik goed geteel, visueël korrek, uitstekende prestasietoetsing waardes en uitstaande vleiseienskappe. Hy is ‘n toonbeeld van die moderne Bonsmara.

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE Hartebeestloop bulle van die veiling!




LOT 04a: INFORMATION OF DIFFERENT VIEWS

LOT 04a: INFORMATION OF DIFFERENT VIEWS

    





LOT 05: HART 10-0308

    


LOT 05:HART 10-0308

Die moer is ERH 07-0028 met OEK 29 mnde, TKP van 387 en RI van 122. BHE 02-074 (Burkhardt Hermann van Fortress Bonsmaras)- kliek om die vaar te sien - is die vaar. Hy doen uitstekend op Hartebeestloop en sy verse is konstant van die mees vrugbaarste in hulle onderskeie groepe. Ons het hom meestal gebruik om verse oop te maak – hy kom uit beproefde lyn van kalwingsgemak bulle.

HART 10-0308 is 'n mediumraam "All Rounder" bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Daar is ‘n goeie hoogte/lengte verhouding van 1:23 wat betekenisvol beter is as die rasgemiddeld. Hy het goeie breedte en bespiering, mooi diepte deur die voorlyf en genoegsame kapasiteit. Hy vertoon 'n sterk agterkwart, binne en buite dye wat genoeg vleis het met vol lende en kruishelling. Sy pelvisindeks is 105 en hy behoort ook nageslag te teel met groot genoeg pelvisse om kalfgemak te verseker.

Hy wys uitstekende aanpasbaarheidseienskappe met pragtige vel en haar, baie goeie kloue, sterk skofontwikkeling en lang stert.

Sy sekondêre manlikheidseienskappe is uit die boeke. Die bul het houding, sterk oogbanke, goeie breedte tussen die oë, breë bek en mooi verdonkering van die voorkwart. Sy skrotum meet 45cm en is baie goed gevorm.

Ek kan HART 10-0308met 'n geruste hart aanbeveel. Hy is geteel en geselekteer om daardie eienskappe saam te vat wat ons glo baie belangrik is om maksimaal vleis te produseer. Jy kan hom werklik in enige produksiestelsel gebruik – speenkalf, osse of die teel van vervangingverse. Boere besef die belangrikheid daarvan om goeie bulle te gebruik as hulle vervangingsverse teel. Ons sien ook baie duidelik dat die mark vir goeie Bonsmara vervangingsverse baie lewendig is. HART 10-0308 sal ook baie goed doen in ‘n kruisteelstelsel. Daar is baie opsies met diè bul!

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE Hartebeestloop bulle van die veiling!




LOT 06: HART 11-0095

    


LOT 06: HART 11-0095

‘n Baie goeie bul geteel uit een van die top koeilyne in die kudde. Sy is HART 08-0002 met OEK 25 mnde, TKP van 445 dae, Reproduksie Indeks is 109, speenindeks is 101 oor 4 kalwers met ‘n gemiddelde speengewigverhouding van 45,2%. Die ouma is CEF 99-0157 – Elite toekenningskoei van SA Stamboek. Sy het uitstekend aangepas en handhaaf voortreflike produksie- en reproduksiesyfers vir die Kalahari. Haar OEK is 27 mnde, TKP van 393 dae oor 12 kalwers, speenindeks is 100 oor 12 kalwers en sy is nou weer dragtig. Dit is van die meer voortreflike koeilyne in die besigheid.

Die vaar is AG 03-0029 – kliek hier om die vaar te sien - wat vir ons uitstekend geteel het. Daar is 2 seuns van hom wat in die kudde gebruik word.

HART 11-0095 is ‘n “All Rounder” mediumraam bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Hy is ‘n TOP PRESTEERDER met speenindeks (113), GDT indeks (109) Kleiberindeks (114) en Veldbulindeks (116). HART 11-0095 het uitgestaan tydens prestasietoetsing. Sy uitstekende aanpasbaarheidseienskappe kan maklik gesien word – sterk kloue en bene, goeie breedte oor die hakke, baie goeie vel en haar, vel is dik en los en sterk skof. Hy is manlik met sterk oogbanke en forse houding. Sy skrotum is goed gevorm en meet 38,5cm. Die bul praat met ‘n man!

HART 11-0095 is vol vleis. Daar is goeie bespiering, vol dye, sterk toplyn met bogemiddelde oogspieroppervlakte en uitstekende breedte en kapasiteit. Hy is sekerlik een van die breedste bulle op Hartebeestloop – kyk na die breedte in die borsvloer en ook die oogspiere op die rug. Hoogte/lengte verhouding van 1:26 is van die beste. Kyk gerus die baie goeie balans van die bul op die YouTube video.

Op die koop toe, het hy baie goeie Teelwaarde Indekse vir vroeg vetneerlegging (134) en oogspieroppervlakte (105). Ek gaan nie veel meer sê oor die bul nie. Hy is fenotipies doeltreffend, struktureel korrek, van die beste wat ons kan teel en verder kan hy vir homself praat!

HART 11-0095 is ‘n potensiële stoetbul. Hy wys alle eienskappe en kwaliteite wat gesoek word in ‘n stoetbul. Stoettelers moet goed kyk na sy sterk eienskappe.

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE Hartebeestloop bulle van die veiling!




LOT 07: HART 11-0240

    


LOT 07: HART 11-0240

Hy is geteel uit AG 01-0152 – kliek hier om die vaar te sien - en BHE 05-0034 met OEK 26 mnde, TKP 374 dae oor 7 kalwers, Reproduksie Indeks van 116, speenindeks van 99/7 en sys peen 49,2% van haar liggaamsgewig. Dit is nou wat ek noem – hoë koeidoeltreffendheid.

HART 11-0240 is 'n mediumraam, tipiese Hartebeestloop "All Rounder, All Purpose" bul met hoë produksiepotensiaal. Gebruik hom op verse en koeie – sy bouvorm is reg vir verse en sy eie groeivermoë is goed om op koeie te gebruik. Sy gemiddelde daaglikse gewigstoename (GDT Indeks) is 108 en sy Kleiberindeks is 103.

HART 11-0240 is 'n robuuste bul met sterk kop, mooi verdonkering in die nekgedeelte en goeie skrotum (skrotumomtrek is 41 cm). Daar is sterk oogbanke, goeie breedte tussen die oë en ‘n algemene fiere houding. Hy het 'n goeie pelvisindeks en kom uit beproefde vader en moederlyne wat groot pelvisse teel.

Hier is nou 'n bul wat uitstekende aanpasbaarheid wys –pragtige pigment, gladde vel en haar, baie mooi skof, sterk bene en kloue en ‘n skoon onderlyn met baie goeie skede/naelvel kombinasie.

Hy is vol vleis met baie goeie lengte (hoogte/lengte verhouding 1.27) en vertoon baie goeie bespiering. Ekstra gewig kom gewoonlik van ekstra lengte. Hierdie is ‘n bul met die regte bouvorm en wat baie vleis dra. Daar is goeie diepte deur die voorlyf, genoegsame kapasiteit en sterk en breë hakke. Toplyn is reg, kruishelling is goed en vol vleis en so ook die dye.

HART 11-0240 kom vanaf Dassiesfontein uit die klippe. Boere wat in die westelike gedeeltes boer, kan gerus na die bul kyk. Hy is kliphard, het goeie konstitusie en sal maklik aanpas (hy ken klippe) en is goeie onverwante genetika.

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE Hartebeestloop bulle van die veiling!




LOT 08: HART 11-0283

    


LOT 08: HART 11-0283

Hy is geteel uit AG 03-0029 – kliek hier om die vaar te sien - en NFS 04-0265. NFS 04-0265 is ‘N sa Stamboek Elite Brons koei. Sy is nou 9 jaar oud met 7 kalwers, RI van 109, TKP van 371 dae en speenindeks van 106/5. Sy speen haar kalwers teen gemiddeld 45,2% van haar liggaamsmassa en is nou weer dragtig.

HART 11-0283 is ‘n mediumraam bul wat op koeie gebruik moet word. Hy wys baie sterk manlikheid met sterk kop, goeie oogbanke, sterk ontwikkelde nek met mooi verdonkering en ‘n uitstekende skrotum. Die skrotum meet 36 cm, hang mooi simmetries en is glad. HART 11-0283 wys goeie bespiering, mooi diepte, goeie breedte reg deur en genoeg kapasiteit. Die bul het baie goeie balans.

Daar is baie goeie aanpasbaarheidseienskappe met vel en haar van uitstekende kwaliteit. Die skofontwikkeling is goed, toplyn is sterk, stert is lank en sy bene en kloue is van baie goeie kwaliteit. HART 11-0283 dra baie vleis en vertoon vol – veral by die blaaie, dye en agterkwart. Hy wys ‘n “twist area” wat laag af hang en vol vleis is. As jy vleiseienskappe in jou kudde wil verbeter, hoef jy nie verder te soek nie as HART 11-0283 nie.

Sy Teelwaarde Indekse is ook goed gebalanseerd. Minimaal swaarder as rasgemiddeld op geboortedirek met genoegsame groei en baie melk. Hy presteer ook uitstekend tydens prestasietoetsing met speenindeks van 111 (hy speen 326 kg op 7 maande) Gemiddelde daaglikse gewigstoename (GDT) indeks (109), Kleiberindeks (110) en Veldbulindeks (102).

HART 11-0283 is funksioneel doeltreffend, struktureel korrek, vleiseienskappe is van die beste, Teelwaarde Indekse is goed, stambome is baie sterk en algehele prestasie tydens die toets van ekonomiese voordelige eienskappe is ook reg. Stoettelers en ernstige kommersiële boere kan gerus na die bul kyk.

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE Hartebeestloop bulle van die veiling!




LOT 09: HART 11-0301

    


LOT 09: HART 11-0301

Hy is geteel uit die staatmakerbul CEF 04-462 - kliek hier om die vaar te sien. Die moer is AEJ 06-0163 wat ‘n SA Stamboek Elite Brons koei is. Haar OEK is 24 maande, TKP van 364 dae oor 6 kalwers, Reproduksie Indeks van 120, gemiddelde speeenindeks van 109 oor 6 kalwers. Sy speen 55,6%van haar liggaamsgewig en HART 11-0301 weeg 316kg by speen op 7 maande .Daar is niks in vleisbeesboerdery so winsgewind soos ‘n koei met uitsonderlike koeidoeltreffenheidswaardes nie.

HART 11-0301 is ‘n mediumraam “All Rounder” bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Hy is ‘n wakker bul met fier houding. Hy wys goeie manlikheid met ‘n goeie kop, sterk oogbanke, breed tussen die oë, breë bek en mooi verdonkering in die nekarea. Sy skrotum is goed gevorm en meet 40 cm. Hy vertoon ‘n skoon onderlyn met goeie skede/naelvel kombinasie. HART 11-0301 het goeie bespiering en sy oogspieroppervlakte is bo die rasgemiddeld. Toplyn is sterk en eindig in baie goeie kruishellling. Sy hoogte/lengte is weereens uitstekend – naamlik 1:28. As jy lengte in jou kudde soek, oorweeg gerus hierdie bul.

Sy vel en haar is goed, skofontwikkeling is baie goed en sy bene en kloue is uit die boeke. Hierdie tipe bulle is die beste presteerders in die veld. Jy kan hulle enige plek in die land stuur - hulle behou konstitusie, werk hard, pas maklik aan, loop goed en gee nie kalfprobleme nie.

Sy Teelwaarde Indekse is reg in die kol. Orals binne die perke van 90 – 110 wat as “ideaal” beskou word onder normale omstandighede. Hy is lig op geboorte met voorspeense en naspeense groei, melk produksie, voerdoeltreffendheid en GDT Teelwaarde Indekse wat almal baie goed is.

HART 11-0301 is by ons op rekord as ‘n bul wat baie goed presteer het tydens prestasietoetsing. Hy kom uit van die heel beste koeie in die Bonsmara besigheid. Hier is ‘n bul wat vol reproduksie en produksiepotensiaal is. Gee hom gerus ‘n kans in jou kudde.

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE Hartebeestloop bulle van die veiling!




LOT 12: HART 11-0340

    


LOT 12: HART 11-0340

Hy is geteel uit AG 03-0029 –kliek hier om die vaar te sien - en HART 08-0205. Sy kom uit ‘n voortreflike moederlyn en haar ma is BHE 03-104 wat nog steeds in die Hartebeestloop kudde is en baie goed presteer. Kyk gerus ook na haar reproduksiedata op die katalogus. HART 08-0205 se OEK is 23 mnde, TKP is 379 dae oor 4 kalwers, RI van 119 en gemiddelde speenindeks van 108. Sy speen teen 52% van haar liggaamsgewig en HART 11-0340 weeg 317 kg op 7 maande. Jy koop hier in baie goeie moedereienskappe in.

HART 11-0340 is ‘n bul met baie goeie kwaliteite. Opvallend is sy sterk manlike eienskappe. Kop is manlik, nek is sterk, goeie oogbanke, breed tussen die oë, breë bek, mooi verdonkering en goeie skrotum wat 37 cm meet. HART 11-0340 het ‘n goeie hoogte/lengte verhouding van 1:18, sterk toplyn en ‘n oogspieroppervlakte wat groter is as die rasstandaard. HART 11-0340 is breed reg deur, het genoeg diepte deur die voorlyf en vertoon genoegsame kapasiteit met goeie sprong van rib. Daar is oorgenoeg vleis aan die bul.

Sy aanpasbaarheidseienskappe is ook baie goed. Hy wys effe hare op die foto. ‘n Goeie bees is daardie bees wat eerste hare kry in die winter en eerste verhaar in die lente. Moenie dat die effe winterhaar jou hinder nie – dit is ‘n goeie eienskap.

HART 11-0340 het baie goed gebalanseerde Teelwaarde Indekse. Hy is minimaal swaarder as rasgemiddeld op geboortedirek, vertoon uitstekende voorspeense en naspeense groei asook goeie voerdoeltreffendheidswaardes.

HART 11-0340 kom uit sterk stambome - bulle en koeie wat al hulle merk gemaak het in die RSA en Namibië. Daar is ‘n boere gesegde wat sê dat prestasie verdien word en nie ge-erf word nie. Kyk maar na beide sy stambome en sy eie prestasies – hy is sterk na albei kante.

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE Hartebeestloop bulle van die veiling!




LOT 13: HART 11-0378

    


LOT 13: HART 11-0378

HART 11-0378 is 'n baie goeie seun van CEF 04-462 - kliek hier om die vaar te sien. Die moer is BHE 05-0006 met OEK 27 mnde, TKP van 341 dae oor 8 kalwers, Reproduksie Indeks van 120 en speenindeks van 104/8. Sy speen teen 48,1% van haar massa en is weer dragtig gesertifiseer. Sy is ‘n absolute staatmaker koei en verteenwoordig alles waarvoor die Bonsmara ras as moederlyn staan.

HART 11-0378 is baie tipies soos CEF 04-0462 teel - mediumraam, goeie lengte en goed bevleesde bul. Hy vertoon baie goeie aanpasbaarheidseienskappe en dit kan maklik gesien word in sy prestasie op die veld met top Veldbultoets waardes. Hy is een van die beste presteerders tydens die veldtoets. Hy versorg hom self baie goed met dit wat natuurlike veld bied. Hy vertoon van die beste vel en haar op Hartebeestloop.

Hy wys goeie manlikheid, tipiese kop-op bul, mooi verdonkering met goeie skrotumomtrek van 41,5 cm.

Daar is goeie kapasiteit en genoegsame breedte in die bul en dit tesame met sy uitstekende hoogte/lengte verhouding van 1:20 maak dat hy baie goed in balans is. Sy oogspieroppervlakte is ver beter as rasgemiddeld en so ook sy uitslagpersentasie en karkasopbrengs. Daar is baie vleis aan die bul – bespiering is van die beste, dye is vol, vol agter die blaaie, vol in die lendes en breed oor die borsvloer en rug. Kyk gerus na die volume vleis in die agterkwart. Hy vertoon goeie diepte deur die voorlyf, sterk bespiering, genoegsame breedte oor die hakke en baie mooi sprong van rib.

HART 11-0378 se Teelwaarde Indekse is baie goed met baie goeie groeivermoë, oorgenoeg melk, hoë gemiddelde daaglikse gewigstoename en gunstige voerdoeltreffendheid. Daar is baie vleis op die bul en baie goeie groeivermoë – beide voorspeen en naspeense groei. Ek sal hom vir eers net op koeie gebruik word. Evalueer dan die kalwers voordat jy besluit om hom op verse ook te gebruik.

HART 11-0378 is ‘n stoetbul. Hy vertoon die regte bouvorm, goeie vleiseienskappe, gunstige Teelwaarde Indekse, sterk manlikheid en top aanpasbaarheid. Die bul is funksioneel en struktureel baie korrek en is 'n veilige bul om te gebruik. Hy word eers 3 jaar in Desember 2014!

HART 11-0378 behoort na ‘n stoetkudde te gaan.

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE Hartebeestloop bulle van die veiling!




LOT 24: EMOK Bonsmaras: ERH 11-0026

    


LOT 24: ERH 11-0026
Bul vanaf EMOK Bonsmaras

ERH 11-0026is uit HART 06-0074 en ERH 05-0033. Ons is baie tevrede met die teling van HART06-074 – sy kalwers is konstant onder die bestes van die kalwergroepe. Kyk gerus na die kwaliteit van sy ander bulkalwers op die veiling.ERH 05-0033 se OEK is 29 mnde, TKP van 404 dae oor 7 kalwers, speenindeks van 104 en RI van 108. Sy het 100% stoetgoedkeuring van haar kalwers. Sy is die dogter van die bekende AG 01-0051 en hierdie jaar het sy die BPK-Elite Silver toekenning van SA Stamboek verower.

ERH 11-0026is in alle opsigte ‘n uitsonderlike bul wat die oog vang. Hy vertoon goeie lengte met hoogte/lengte verhouding van 1:16. Jy kan dadelik sien dat sy lengte dra by tot sy indrukwekkende voorkoms.Die bul se vleiseienskappe beindruk – vol agter die blaaie, vol vleis oor die lende areas, kruis is goed vol vleis, uitstekende agterkwart en groot oogspieroppervlakte gemeet.Hy het Oogspierarea Teelwaarde Indeks van 108.Na alles gesê en gedaan is oor stoetteling, is genoegsame vleis en gewig op ‘n funksioneel doeltreffende dier, van die beste doelwitte wat in enige teelbeleid ingebou moet word. Hy is baie manlik – met sterk kop en oogbanke, uitstekende skrotum en goeie skede en naelvel. Kyk na die bul se vel en haar – glansend met kort, blink haar. Sy bene en kloue is opvallend sterk – kyk gerus na die breedte oor die hake. Sy skrotum wat perfek aangeheg is hang goed en meet 38 cm aan die end van groeitoets en nou voor-veiling 40 cm. Hy is 'n mediumraam "All Rounder " bul wat op koeie en verse gebruik kan word.

ERH 11-0026is ‘n sterk bul en is beslis ook een van my aanbevelings vir die veiling.

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE Hartebeestloop en EMOK bulle van die veiling!




LOT 25: EMOK Bonsmaras: ERH 11-0037

    


LOT 25: ERH11-0037
Bul vanaf EMOK Bonsmaras

Hierdie HART 07-0027 seun se kapasiteit en diepte trek dadelik jou aandag en die bul is hoog aangeskryf deur Kiep Lepen en Japie Bestebreurje tydens hulle besoek aan Maitland (EMOK Bonsmarastoet). Van jongs af het ERH11-0037uitgestaan tussen die ander kalwers en sy lengte, middelstuk, binne en buite dye en bespiering is uitsonderlik.

ERH11-0037 is geteel uit HART 07-0027 en ERH 05-0096. Haar OEK is 29 maande, met ’n TKP van 371 dae oor 7 kalwers, ’n reproduksie-indeks van 114 en ’n gemiddelde Speen-Indeks van 96 oor 6 kalwers. Sy bring haar kant en vier uit vyf van haar kalwers aan gebied vir keuring is goedgekeur.

ERH11-0037 het ʼn netjiese skede met ʼn goed en korrek aangehegte skrotum, met ʼn Skrotum Teelwaarde-Indeks van 133, wat hy weer by sy vader, HART07-027, geërf het. Sy skrotum-omtrek was 39 cm aan die end van die groeitoets en meet nou voor veiling 42 cm. Hy het ook baie goed gedoen tydens die groeitoets met ’n GDT-indeks van 98 en Kleiber-indeks van 96.

ERH11-0037se aanpasbaarheidseienskappe is baie goed met mooi vel en haar, sterk bene en kloue asook goeie skofontwikkeling, lekker los en dik vel met mooi velvoue in die nek. ERH11-0037sal orals aanpas in Namibië en is kliphard – hy sal sy konstitusie behou waar ookal jy hom gaan gebruik. Hy is pure bul – sy kop is op, oë is wakker, verdonkering is aanwesig, nek is sterk en kop is manlik.Ons sal aanbeveel dat hierdie bul slegs op koeie gebruik word. Die bul het uitstekende groeivermoë en dit mag dalk kalf probleme veroorsaak met verse.Hy het ongelukkig 'n bietjie wit op onderlyn.

ERH11-0037is ’n sterk bul wat ’n goeie bydrae gaan maak in enige kudde. Jy kan nie met so ’n Bonsmara bul ’n fout maak nie!

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE Hartebeestloop en EMOK bulle van die veiling!




LOT 26: EMOK Bonsmaras: ERH 11-0134

    


LOT 26: ERH 11-0134
Bul vanaf EMOK Bonsmaras

ERH11-0134 is geteel uit HART 08-0161 en ERH 05-0019. Haar OEK is 29 maande, met ‘n TKP van 377 dae oor 7 kalwers, ‘n reproduksie-indeks van 112 en ‘n gemiddelde Speen-Indeks van 103 oor 6 kalwers.Haar ma ERH 01-0118 se OEK is 29,met TKP van 367 dae oor 10 kalwers en ‘n speen indeks van 101 oor 8 kalwers.Voorwaar ‘n uitstekunde moederlyn.

ERH11-0134 is ‘n tipiese medium “All Rounder” bul wat op jong verse en koeie gebruik kan word.Sy bouvorm, bespiering en teelwaardes is van so ‘n aard dat hy uitstekunde groei verseker.Sy onderlyn is baie goed met perfekte skede en naelvel met ‘n goed en korrek aangehegte skrotum. Sy skrotum-omtrek was 33 cm aan die end van die groeitoets en meet nou voor veiling 38.5 cm. Hy het ook baie goed gedoen tydens die groeitoets met 'n GDT-indeks van 112 en Kleiber-indeks van 108.

ERH11-0134 se aanpasbaarheidseienskappe is baie goed met mooi vel en haar, sterk bene en kloue asook goeie skof ontwikkeling. Hy vertoon baie manlikheid- sterk nek met goeie verdonkering, breë bek, goeie bespiering, goeie diepte deur die voorlyf, mooi middelstuk met goeie sprong van rib en genoeg same breedte.Hy is heeltemal onverwant aan die bestaande Namibiese genetika. Dit is altyd goed om onverwaante genetika in jou kudde te bring.

ERH11-0134is ‘n goed gebalanseerde bul. Boere wat geharde diere wil teel wat goed veld aangepas is en orals sal presteer, moet ernstig na hom kyk.

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE Hartebeestloop en EMOK bulle van die veiling!




LOT 27: EMOK Bonsmaras: ERH 11-0017

    


LOT 27: ERH 11-0017
Bul vanaf EMOK Bonsmaras

Hy is geteel uit HART 06-74 en ERH 07-84. Haar OEK is 30 mnde, TKP van 370 dae oor 5 kalwers, Reproduksie Indeks van 112 en gemiddelde speen Indeks van110 oor 5 kalwers.Sy het geweldig baie melk wat weerspieël word deur haar speengewig Maternaal Indeks van 114 en teelwaarde van 7.1 (71).Al haar kalwers aan gebied vir keuring is goed gekeur.Sy kom uit 'n baie goeie moederlyn. HART06-74 is ʼn seun van FCT00-65 wat geen bekend stelling nodig het nie. Hy doen uitstekend in die EMOK kudde.

ERH 11-0017 is ’n uitstekende vroeg geslagsryp mediumraam bul met uitstekende kwaliteite. Sy aanpasbaarheidseienskappe is baie goed met baie goeie vel en haar, goeie skofontwikkeling, lang stert,sterk bene met goeie breete oor die hak en goeie kloue.Hy is ʼn mediumraam bul wat op koeie en verse gebruik kan word.Hy is sterk op manlikheid - kop is goed, oogbanke is mooi ontwikkel, goeie diepte regdeur met 'n uitstekende skrotum wat korrek aan geheg is.Dit hang goed en meet 37.5 cm aan die end van groeitoets en nou voor-veiling 40 cm. Niks fout met die bul se hoeveelheid semen met so 'n groot sak nie.

Hierdie bul vertoon klipharde bespiering.Bul wat goeie konstitusie het.Hy het goeie lengte.Sy teelwaardes is goed.Sy Skrotumomtrek teelwaarde Indeks is 123 dus ʼn bul wat as jy Skrotumomtrekke in jou kudde wil verbeter uitstekend sal doen,goed op groeivermoë en voerdoeltreffendheid.Hy speen 275 kg en groei met GDT indeks van 98 en Kleiber indeks van 96 tydens die ekstensiewe groeitoets. Hy is in alle opsigte die ideale middel van die pad bul wat baie veilig is om te gebruik.

ERH 11-0017vertoon baie goeie stoetpotensiaal. Hy behoort ʼn baie groot aanwins te wees ongeag waarheen hy ook al gaan.Stoettelers en erenstige kommersiële telers moet baie mooi na hom kyk – daar is uitstaande kwaliteite wat jy dalk in jou kudde benodig.

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE Hartebeestloop en EMOK bulle van die veiling!



Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap