Hartebeestloop

Hartebeestloop
Auction 2014

Index  |  Overview  |  Newsletter | Animals | General | Videos |  All Auctions
Bonsmara Auction
Bulls 2014


LOT 01: HART 10 - 0240

    


LOT 01: HART 10 - 0240

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Sy vaar is CEF 04-462 - KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN (Fourie Scheepers, Zinabos Bonsmaras) wat werklik goed gedoen het op Hartebeestloop. Beide sy bul en verskalwers kom nou baie sterk deur in die kudde. Ons gebruik ook alreeds een seun in die kudde. Sy moer HART 06-073 se OEK is 37 mnde, TKP van 338 dae oor 5 kalwers, speenindeks van 100 oor die 5 kalwers en speen teen 45,7% van haar liggaamsmassa en RI van 109. Sommer ‘n uithaler koei.

HART 10-240 is ‘n tipiese Hartebeestloop “All Rounder, All Purpose” bul wat op koeie en verse gebruik kan word en in enige produksiestelsel. Hy is ‘n sterk bul met uitstekende bespiering. Sy oogspieroppervlakte Teelwaarde Indeks van 130 is ver bo die rasgemiddeld – kyk gerus die breedte wat die bul oor die rug vertoon, sy skilpadspier en voorarm. Hy staan breed op sy bors en vat hierdie breedte reg deur tot agter. HART 10-240 vertoon uitstaande hoogte/lengte verhouding van 1:21 maar nog steeds ‘n baie sterk toplyn wat eindig in ‘n perfekte kruishelling. Die bul het uitstekende balans met goeie kapasiteit, dye is vol vleis, goeie vleiseienskappe oor die lende area en vol agter die blad.

Dit is moeilik om beter aanpasbaarheidseienskappe te teel as dit wat HART 10-240 vertoon – vel en haar uitstaande, skofontwikkeling baie goed, stert hang tot op die grond en sy skede/naelvel kombinasie is 100%. Sy bene en kloue is uitstekend vir ons moeilike ekstensiewe toestande. Sy Veldbul indeks wat tot ‘n groot mate aanpasbaarheid weerspieël is 103. Sy sekondêre manlikheidseienskappe is baie sterk – kyk na sy kop en verdonkering in die nekarea. Sy skrotum is skoon, hang perfek en meet 38 cm.

HART 10-240 het goeie Teelwaarde Indekse – presies soos ons dit wil hê. Op rasgemiddeld vir geboortedirek met genoegsame groei, goeie doeltreffendheid en gebalanseerde liggaamsmates.

Ek kan HART 10-240 met geruste hart aanbeveel na enige stoet of kudde. Hy is propvol potensiaal – fenotipies korrek, goeie prestasietoetsing waardes en uitstaande vleiseienskappe. As jy nog nie die bloedlyn in jou kudde gevestig het nie, is dit nou jou kans. Hy sal veral baie goed doen in die teel van vervangingsverse – sy pelvisindeks van 107 is baie goed. Dink net as hy sy bouvorm, aanpasbaarheidseienskappe en pelvismates aan sy verse oordra – jy sal nie kan voorbly met al die navrae nie! Kyk baie goed na die bul – daar is ‘n klomp goeie eienskappe en kwaliteite in hom!




LOT 02: HART 10 - 0257

    


LOT 02: HART 10 - 257

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is geteel uit ADV 06-198 - KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN van Stormfontein Bonsmaras (Arthur de Villiers senior). Daar is uitstaande kalwers van die bul op Hartebeestloop en nog ‘n klomp wat moet deur kom. Die moer is HART 08-140 wat uit NOSA Bonsmara bloedlyne kom. Daar is al baie gepraat en geskryf oor die uitstekende kruisteling effek binne die Bonsmara en ook oor rasse heen wanneer sulke onverwante diere gebruik word.HART 10-257 is ‘n voorbeeld hiervan.

HART 08-140 is 5 jaar oud met 4 kalwers, OEK is 27 mnde, TKP van 352 dae en reproduksie indeks van 118. Sy is ‘n uitstaande koei en speen haar kalwers teen 47,7% van haar eie gewig (548 kg). Sy is klokslag in die eerste groep wat bul vat. Haar ma is ook nog in die kudde en deel van die Elite groep koeie.

HART 10-257 is ‘n toonbeeld van hoe ‘n Namibiese Bonsmara vleisbees bul moet lyk. Hy is ‘n robuuste, dik bul met goeie breedte regdeur. Bespiering is goed (Teelwaarde Indeks vir oogspieroppervlakte is 102), hoogte/lengte verhouding is uitstekend (1:24), daar is goeie diepte deur die voorlyf en baie goeie sprong van rib en algemene kapasiteit.Toplyn is sterk, kruishelling is baie goed en vol vleis, uitstekende agterkwart, breed oor die hakke en vol in die lende. Die bul se vleiseienskappe is uitstekend.

Die bul het uitstekende aanpasbaarheidseienskappe – glansende vel en haar, lang stert, sterk kloue en bene, goeie skofontwikkeling en dik vel (16 cm) wat los en beweeglik is. Kyk na die manlikheid en veral die houding van HART 10-257 -hier is nou ‘n wakker bul! Hy vertoon’n sterk kop met sterk oogbanke, goeie breedte tussen die oë en ‘n goedgevormde skrotum wat 39,5 cm meet. Hy is vol groei woema en moet net op koeie gebruik word.

Sy Teelwaarde Indekse is baie goed – hy is swaarder as rasgemiddeld op geboortedirek en van daar af is al die ander waardes so goed soos wat ons dit wil hê in die vleisbees bedryf. Hy is ‘n TOP PRESTEERDER tydens die prestasietoetsing met indekse van 108 vir daaglikse gemiddelde gewigstoename (GDT), 103 vir Kleiber (groei op die veld),112 Veldbul Ekonomiese indeks en pelvisindeks van 104.

HART 10-257 is een van die gunstelinge bulle op die veiling. Telers en ernstige kommersiële boere moet goed kyk na hom! Hy gaan genetiese vordering sowel as verhoogde produksie en reproduksie in jou kudde bring.




LOT 03: HART 10 - 304

    


LOT 03: HART 10 - 304

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is geteel uit AG 06-350 - KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN en WCS 02-109. Beide hierdie diere is van genetika wat onverwant is aan die bestaande Namibiese genetika. WCS 02-109 is nog steeds in goeie reproduksie toestand. Sy is nou 11 jaar oud met 8 kalwers, RI van 101, TKP van 419 dae en speenindeks van 104/7. Sy speen haar kalwers teen gemiddeld 48,1% van haar liggaamsmassa. Sy is nou weer dragtig gesertifiseer. Sy behou ‘n relatiewe goeie kondisie en ons hou haar fyn dop.

HART 10-304 is ‘n mediumraam bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Hy wys baie sterk manlikheid met sterk kop, goeie oogbanke, sterk ontwikkelde nek met mooi verdonkering en ‘n uitstekende skrotum. Die skrotum meet 38,5 cm, hang mooi simmetries en is glad. HART 10-304 wys genoegsame bespiering, mooi diepte, goeie breedte reg deur en genoeg kapasiteit. Die bul het baie goeie balans.

Daar is baie goeie aanpasbaarheidseienskappe met vel en haar van uitstekende kwaliteit. Die skofontwikkeling is goed, toplyn is sterk, stert is lank en sy bene en kloue is van baie goeie kwaliteit. Sy toplyn is goed met ‘n oogspieroppervlakte wat ver beter as rasgemiddeld is. HART 10-304 dra baie vleis en vertoon vol – veral by die blaaie, dye en agterkwart. Hy wys ‘n “twist area” wat laag af hang en vol vleis is. Die Teelwaarde Indekse vir uitslagpersentasie en karkasopbrengs is 121 en 109 onderskeidelik. Dit is uitstekende waardes en is ‘n aanduiding van die hoeveelheid vleis wat die bul dra. As jy vleiseienskappe in jou kudde wil verbeter, hoef jy nie verder te soek nie. Hier is die bul vir jou!

Sy Teelwaarde Indekse is ook goed gebalanseerd. Minimaal swaarder as rasgemiddeld op geboortedirek met genoegsame groei en baie melk. Hy presteer goed tydens prestasietoetsing met GDT indeks (110) en Kleiberindeks (110).

HART 10-304 is ‘n goeie bul. Hy is funksioneel doeltreffend, struktureel korrek, vleiseienskappe is van die beste, Teelwaarde Indekse is goed, stambome is onverwant en algehele prestasie tydens die toets van ekonomiese voordelige eienskappe is ook reg. Boere moet baie goed na hom kyk – hier is ‘n klomp woema in die bul!




LOT 04: HART 09 - 055

    


LOT 04: HART 09 - 0055

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Dit is met ‘n swaar hart en hand wat ek die bulbeskrywing doen. Hierdie is tans my top bul op Hartebeestloop en sy kalwers se kwaliteit is die beste wat ek nog geteel het. Maar – ons het baie, baie AG 98-338 genetika in die kudde en ek moet onverwante genetika ook ‘n kans gee.

Hy is geteel uit AG 98-338 - KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN en JMP 04-139. Sy is deel van die “Royal Family” van koeie en ook ‘n 2014 Elite Goud SA Stamboek koei. Ongelukkig het sy nog net 2 bulkalwers gegee – HART 09-055 en HART 12-022. Ons verwag baie van HART 12-022. JMP 04-139 se OEK is 28 mnde, TKP is 379 dae oor 8 kalwers, met ‘n RI van 113. Sy speen haar kalwers teen 51,2% van haar massa en het ‘n gemiddelde speenindeks van 100/7. Hierdie is formidabele reproduksie en produksiesyfers vir die Kalahari.

HART 09-055 is seker die bul op die veiling. Hy is ‘n beproefde stoetvaar en sy kalwers is van hoogstaande gehalte. Hy teel konstant uitstekende bouvorm, pragtige aanpasbaarheidseienskappe, goeie stertaanhegtings en sterk koppe met goed gevormde skrotums. Hy teel uitstaande vleiseienskappe en sy kalwers wys sterk agterkwarte en is oor die algemeen vol vleis. Jy ken sommer sy kalwers maklik uit tussen die ander. Hy is gebruik in ons beste koeitroppe maar ook op daardie koeitroppe wat bouvorm, bespiering en kapasiteit kort. Sy kalwers is in beide troppe ‘n verbetering op die ouers en dit is mos waaroor teling gaan. Ek kan die bul ten sterkste aanbeveel as jy vinnig geneties wil vorder.

Sy geboortedirekte teelwaarde van 4,53 is groter as die rasgemiddeld. Die gemiddelde geboortegewig van sy kalwers op Hartebeestloop is 39 kg met die swaarste kalf 45 kg en die ligste kalf 30 kg. Ons het nooit enige kalfprobleme met hom gehad nie. Oor die algemeen doen sy kalwers baie goed in hulle onderskeie groepe en daar is seuns van hom wat baie goeie potensiaal alreeds op jong ouderdom wys.

Jy kan self die bul besigtig op die foto’s op die webtuiste of tydens die veiling. Hy is meer as indrukwekkend. Hy is werklik ‘n asem-wegslaan bul. Sy aanpasbaarheidseienskappe, manlikheid en bouvorm is baie goed. Hy is propvol vleis en is orals baie goed uitgevul. Hy het hoë libido en die dragtigheidspersentasies onder sy koeitroppe is altyd baie goed.

Soos enige ander stoetteler, is ons ook baie bly as daar ‘n uitsonderlike bul geteel word. HART 09-055 is Hartebeestloop se uitsonderlike bul. Hy moet na ‘n top stoetteler gaan. Ons hou een semenaandeel van die bul uit. Ek weet dat ek nog my hare uit my kop gaan trek oor die verkoop van HART 09-055!




LOT 05: ADV 06 - 0198

    


LOT 5: ADV 06 - 0198

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is een van die beproefde stoetvaars wat ons in 2014 op die veiling sit. Hy is aangekoop van Stormfontein Bonsmara (wyle oom Arthur de Villiers senior).

Ons het oorgenoeg nageslag van hom en daar is alreeds ‘n seun van hom wat gebruik word. Kyk gerus na die seuns van hom wat op die veiling is – dit is van sy eerste aanteel op Hartebeestloop en daar is nog heelwat van hulle wat moet deurkom.

ADV 06-198 is weens sy bouvorm en raam grootte net op koeie gebruik. Ek stel voor dat die nuwe eienaar dit ook so doen.

Sy kalwers lyk baie goed. Hy teel goeie diepte en kapasiteit en effe groter raam diere. Sy kalwers wys almal pragtige vel en haar met lang sterte. Hy teel die blink velle op konstante basis.

Jy kan duidelik die goeie vleiseienskappe sien wat hy teel. Ek dink dit is van sy sterkste eienskappe en hy dra dit goed oor.

Die bulkalwers se skrotums lyk goed en van die ouer seuns wat in die groeitoetse is, vertoon ook goeie skrotums – beide in vorm en grootte. Sy kloue het uitstekend gehou in die sand en dit lyk asof hy konstant sterk kloue teel. Geen van sy nageslag het enige klouprobleme ontwikkel nie.

Kyk gerus ook na die katalogus om sy baie goeie teelwaardes te sien.

ADV 06-198 het sy kant deur–en–deur op Hartebeestloop gebring. Hy het uitstekende nageslag en sy bydrae sal nog vir jare in die kudde gesien word.

Hy kan nog vir ‘n hele paar jaar gebruik word en kan ‘n groot impak maak waar hy ookal gaan. Stoettelers sal sekerlik dieselfde goeie eienskappe wat hy op Hartebeestloop ingeteel het, kan gebruik. Vir die kommersiële boer sal hy van groot nut wees en die vordering in die kudde sal uitstekend wees.

Kyk baie mooi of jy nie vir hom plek kan maak in jou kudde nie.




LOT 06: HART 10 - 0347

    


LOT 6: HART 10 - 0347

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is geteel uit LAR 06 – 224 - KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN en DNT 03-039. Sy is ‘n hoë potensiaal reproduksie koei met OEK van 29 mnde, TKP van 356 dae oor 9 kalwers, 100% stoetgoedgekeur en sy speen haar kalwers teen 50,8% van haar liggaamsmassa. Haar gemiddelde speenindeks is 95. Sy teel jaar-vir-jaar ‘n kalf wat verkoop of self gebruik kan word. Daar is alreeds weer ‘n goeie seun in ‘n groeitoets op Dassiesfontein wat goed doen. Sy is deel van die “Royal Family” van koeie op Hartebeestloop.

Nageslag van haar is verkoop aan Danie Kotze, Ronnie Coleman, Lomupa Wildlife en Labuschange Boerdery.

LAR 06-224 is geteel deur die Ralfe familie en is in alle opsigte ‘n bul wat uitstaande vertoon en nog meer uitstaande teel. Ek het die bul saam met Piet du Toit van Pilanesberg Bonsmaras gekoop.

HART 10-347 moet jy self sien om te waardeer. Hy is met groot sukses in die Hartebeestloop stoet gebruik op verse en koeie en het uitstaande kalwers produseer. Hy het baie goeie lengte,(hoogte/lengte verhouding van 1:24), uitstekende bespiering (Teelwaarde Indeks van 115), goeie diepte en baie goeie breedte reg deur. Hy is ‘n bul met goeie kapasiteit, sterk toplyn, goeie agterkwart met sterk bene en kloue. Hy dra baie vleis! – binne en buite dye is vol, vol agter die blad en by die lende area. Sy kalwers lyk presies soos ek bo beskryf het.

Hy het genoeg manlikheid in die kop, breed tussen die oë, breë bek met goeie verdonkering. Sy skrotum meet 37 cm, is simmetries en hang perfek. Sy skede/naelvel kombinasie is baie goed. Sy aanpasbaarheidseienskappe is baie goed en dit kan ook gesien word in sy Veldbul indeks van 110.

HART 10-347 se Teelwaarde Indekse is baie goed. Hy is laer as rasgemiddeld op geboortedirek, vertoon uitstaande groei en voerdoeltreffendheidseienskappe en is laer op melk maternaal. Die melk syfer pla nie regtig – sy pa is uitstaande op melk (TWI 109) en HART 10-347 se TWI het tussen die laaste 2 BLUP analises alreeds vanaf 84 na 91 TWI verander. Onthou daar was geen modelaanpasings vir die laaste BLUP analise nie – slegs die invloed van nageslag wat aangemeld is. Soos sy nageslag aangemeld word, sal sy melk maternale syfer verbeter. Sy ma DNT 03-039 is laag op melk.

HART 10-347 is ‘n stoetbul met uitsonderlike kwaliteite en eienskappe. Telers moet ernstig na hom kyk. Kom kyk gerus ook na sy kalwers. Hy kom met my aanbeveling en waarborg van tevredenheid.




LOT 07: HART 11 - 0101

    


LOT 07: HART 11 - 0101

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is geteel uit BG 04-037 – KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN - hy is deur wyle Kit Thompson vir ons uitgesoek op die Genepoel veiling. Ons wou altyd graag genetika bekom van diè groep uitsoek telers.

Die moer is WCS 03-033 wat in 2013 ‘n Stamboek Elite Silwer koei was. Haar OEK 35 mnde, TKP 376 dae oor 8 kalwers met gemiddelde speenindeks van 99/7 en Reproduksie Indeks van 109. Sy speen gemiddeld teen 50,2% van haar massa en het 'n stoetgoedkeuring persentasie van 80%.

HART 11-101 is 'n indrukwekkende bul wat uitstekend aangepas is vir die ekstensiewe toestande. Hy blink, is glad van haar, mooi pigment, het sterk skof, lang stert, goeie bene en kloue en is gedurigdeur in 'n goeie kondisie. Sy kondisie punt telling tydens die Hartebeestloop Veldbul toets was altyd van die beste en daarom presteer hy uitstekend tydens die toets met indeks van 113. Vir ons is daar amper nie 'n onderskeid tussen die terme kondisie en aanpasbaarheid nie.

Hy is 'n robuuste, dik bul met baie goeie manlikheid. Die kop is sterk met goeie oogbanke, dik bulnek met goeie verdonkering en goeie skrotum wat 40 cm meet. Die vleiseienskappe van die bul is opvallend - kyk na die kapasiteit, diepte deur voorlyf, bespiering, toplyn, agterkwart, breedte van die bul asook die lengte en volheid van die kruishelling. Namibië lewer vleis van die veld en daarvoor soek ons sulke bulle.

HART 11-101 se bouvorm en vleis kom nie oornag nie - dit is jare se selektiewe teling en ondervinding om presies te weet wat soek die mark. Sy uitslagpersentasie en karkasopbrengs Teelwaarde Indekse is 129 en 118 onderskeidelik. As jy vleis in jou kudde soek – hier is die bul vir die “job”.

HART 11-101 se Teelwaarde Indekse is goed. Geboortedirek is laag en vandaar toon hy baie sterk groeivermoë waardes. Sy speenindeks is 100, GDT indeks 101, Kleiber indeks 99 en pelvisindeks 100. Hy is 'n mediumraam "All Rounder” bul wat op koeie en verse gebruik kan word.

HART 11-101 beïndruk my vanaf jong bul stadium. Ek hou hom al geruime tyd dop. Hy is ‘n stoetpotensiaal bul en telers behoort hom op hulle kortlys te plaas. Hy is ‘n indrukwekkende bul met goeie kwaliteite en eienskappe wat in enige kudde van groot belang behoort te wees.




LOT 08: HART 10 - 0331

    


LOT 08: HART 10 - 0331

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is geteel uit AG 03-029 - KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN en HART 07-057. Ons het AG 03-029 met groot sukses in die Hartebeestloop stoet gebruik. HART 07-057 is ‘n kombinasie van AG 98-338 aan vaderskant en RCO 98-037 aan moederskant. Sy is uit een van ons mees vrugbaarste moederlyne. Haar OEK is 20 mnde, TKP van 360 dae oor 6 kalwers, RI van 124 en speenindeks van 99/5. Sy speen teen 45,2% van haar massa en het 100% stoet goedkeuring van haar kalwers. Haar moeder BHE 04-104 is ook nog in die stoet met ewe voortreflike reproduksie en produksie syfers. Uit die HART 07-057/BHE 04-104 moederlyne verkoop ek 2 baie sterk bulle aan Harry Erasmus en Chris Visser van Skatkis Bonsmaras. Ek verkoop ook ‘n pragtige dragtige vers aan Johannes Gawaxab. Hierdie is ’n yster moederlyn.

HART 10-331 is ‘n vroegryp, mediumraam bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Hy vertoon baie goeie kapasiteit, goeie balans met genoegsame bespiering. Hy is ‘n dik bul met sterk toplyn, goeie kruishelling en sterk bene.

Sy manlikheidseienskappe is goed ontwikkel– kop is sterk, oogbanke is goed ontwikkel, verdonkering is aanwesig en skrotum is uitstekend (40 cm in omtrek). HART 10-331 het baie goeie hoogte/lengte verhouding van 1:27- daar is ekstra vleis en gewig in ekstra lengte. Sy onderlyn is skoon met goeie skede/naelvel kombinasie. Kyk gerus na sy uitstekende aanpasbaarheidseienskappe – vel en haar is perfek, pragtige pigment, vel is 15mm dik, skof is goed ontwikkel en kloue is sterk.

Sy Teelwaarde Indekse is goed gebalanseerd en jy kan duidelik sien dat hy ook as versbul gebruik kan word. Geboortedirek is effens bo die rasgemiddeld, daar is genoegsame groei, bogemiddelde daaglikse gewigstoename en uitstekende voerdoeltreffendheid waardes.

HART 10-331 se potensiaal is vroeg raak gesien. Hy behoort na ‘n top kudde te gaan waar sy eienskappe en kwaliteite tot voordeel van die Bonsmara ras gebruik kan word. Ek kan hom met geruste hart aanbeveel – gebruik hom in jou stoet of kommersiële kudde. Hy sal uitstaande vervangingsverse teel wat goed aangepas is met baie goeie bouvorm.




LOT 09: HART 10 - 0224

    


LOT 9: HART 10 - 0224

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is ‘n groter raamtipe bul wat geteel is uit http://www.bonsmara.com.na/gallery_gen.php?parent=174&secid=331&menuid=331&view=inform&mode=large&imgid=2088 "> LMR 05-092 – KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN (Paul Mare, Limerick Bonsmaras) en BHE 03-130. Sy is ‘n 2014 Elite Goud toekenningskoei met uitstaande reproduksievermoë en prestasies. Haar TKP is 391 dae oor 8 kalwers, Reproduksie Indeks 109 en speenindeks 101 oor 7 kalwers. Sy is nou 11 jaar oud en haar laaste TKP is 383 dae – dit is mos die tipe prestasies wat ons almal soek in ‘n koeikudde. LMR 05-092 is ‘n effens groter raam bul wat uitstekend teel. Sy kalwers se gemiddelde geboortegewig is 37 kg. Ons het hom met groot sukses gebruik op die “flou Teelwaarde Indekse koeie” om goeie nageslag te teel. Hy teel uitstekend en sy nageslag is baie gewild onder die osboere. Hy teel karkasse wat klomp vleis dra en klomp van sy seuns is regoor Namibië.

HART 10-224 moet net op koeie gebruik word. Sy bouvorm en hoë groeivermoë maak dat hy nie op verse gebruik kan word nie. Sy aanpasbaarheidseienskappe is uitstaande – pragtige, blink vel en haar, lang stert en sterk bene en kloue. Hy is manlik – kyk na die verdonkering van die voorkwart, en sy skrotum is groot, goed gevorm en hang netjies. Dit meet 38 cm voor veiling.

HART 10-224 is propvol vleis gepak. Hy teel ‘n sterk skeletale raamwerk en het die groeivermoë om klomp vleis vinnig op die raamwerk te pak. Sy bespiering is goed, daar is goeie lengte, sterk toplyn, goeie diepte deur die voorlyf, mooi kapasiteit en breedte met goed gevulde dye. Sy agterkwart is goed ontwikkel met spiere wat laag afkom na die hakgedeeltes. Die lende en kruishelling is vol vleis gepak. As vleis jou besigheid is, is hy seker die bul vir jou!

Sy Teelwaarde Indekse is deurgaans baie goed en tipies van ‘n groter raam en goeie groeier bul. Daar is baie melk, sterk groei, goeie voerdoeltreffendheid en positiewe reproduksie Teelwaarde Indekse. Jy kan eintlik nie vra vir beter Teelwaarde Indekse nie.

HART 10-224 sal uitstekend doen in enige speenkalf of osproduksiestelsel. Hy is ook ideaal vir ‘n kruisteelprogram - hy sal die beste uit jou kruiskoeie bring! Sy erfdwang om goeie melk en sterk voorspeense en naspeense groei te teel, sal sorg vir swaar speenkalwers en osse. Boere wat bietjie meer “bees” en groeivermoë soek, moet goed kyk na hom.




LOT 10: HART 11 - 0170

    


LOT 10: HART 11 - 0170

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is geteel uit AG 03-359 – KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN en NGO 02-010. Haar OEK 32 mnde, TKP van 384 dae oor 9 kalwers en Reproduksie Indeks van 109. Sy het 83% stoetgoedkeuring van haar kalwers. Sy is ook ‘n 2014 Elite Goud Stamboek toekenningskoei.

AG 03-359 doen uitstekend by ons en daar is 3 seuns wat gebruik word in die kudde. Hy teel konstant goed bevleesde diere met genoeg bespiering en wat kondisie op die veld behou. Tipiese "nat" bulle waarna in boere terme verwys word - hulle slaan gou “vet neer” en is reeds vroeg in die regte kondisie op die veld. Sy Teelwaarde Indeks vir melk is hoog en sy verse het baie melk. Dit is die presiese kombinasies wat ons wil teel op Hartebeestloop. Ons opinie is dat hy teel soos wat ons die moderne Bonsmara sien.

HART 11-170 is 'n vroeg ryp mediumraam bul. Hy is 'n "All Rounder All Purpose" bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Daar is goeie aanpasbaarheid met uitstekende vel en haar, dik en los vel met baie voue in die nekarea, goeie skofontwikkeling, lang stert en baie goeie bene en kloue. Sy loopvermoë in die klip is uitstekend. Daar is baie manlikheid in die bul - sy kop is altyd op en sy oë is wakker. Die karaktertrekke sal jou dadelik opval as jy die bul sien. Sy skrotum hang baie goed, is simmetries en glad. Skrotumomtrek is 37 cm.

Daar is klomp vleis aan die bul. Toplyn is sterk, wys baie goeie kruis (helling en lengte), breë hakke en vol binne en buite dye. Daar is goeie bespiering, baie goeie kapasiteit, diepte en breedte en mooi lengte (hoogte/lengte verhouding is 1:28). Sy onderlyn is skoon met goeie naelvel en skede kombinasie. Hy is 'n Top Presteerder met speenindeks (99), GDT indeks (112), Kleiber indeks (110) en Veldbul indeks (113). Waar en hoe hy ook al gemeet is, het hy uitstekend gedoen.

Sy ultrasoniese skandering wys uitstekende Teelwaarde Indekse – oogspieroppervlakte grootte (TWI 120), vroeë vetneerlegging (TWI 140) en marmering (142). Dit is die ideale kombinasies vir 'n uitstekende veld bees.

HART 11-170 is een van my gunstelinge vir die veiling. As teler weet ek hoe moeilik dit is om stambome, teelwaardes, eie prestasies, vleiskwaliteite en ekonomiese belangrike eienskappe in harmonie te kry met bouvorm, aanpasbaarheid, manlikheid, robuustheid en houding. Kyk goed na HART 11-170.




LOT 11: HART 10 - 0187

    


LOT 11: HART 10 - 0187

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is geteel uit HART 06-058 wat aan Henning en Barbara du Toit van Charlottenberg Bonsmaras verkoop is. HART 06-058 is onverwant aan meeste van ons bloedlyne. Die moer is WCS 07-041 vanaf wyle Wally Stay. Sy het goed aangepas en haar TKP van 366 oor 3 kalwers met RI van 105 en speengewig verhouding van 55% is baie goed. Ons is baie tevrede met die diere wat Cecil van der Merwe op die boedelveiling van Wally Stay namens ons gekoop het.

Ons het HART 10-187 in die stoet gebruik op Dassiesfontein (klipplaas). Hy het deurgaans baie goed presteer as jong bul en het vroeg gewys dat daar baie potensiaal is. Die yskoue en harde Oos-Kaap het die raamwerk van die WCS-koeie klein gehou. Ons het HART 10-187 gebruik om die raamwerk, Teelwaarde Indekse en produksieprestasies van die koeie se nageslag te verbeter. Dit het hy uitstekend gedoen. Sy pelvisindeks is 110 en sy jong verse is sommer goed wyd tussen die sitbene.

HART 10-187 moet verkieslik net op koeie en uitgegroeide verse gebruik word. Hy is effens groter as mediumraam met baie goeie groeivermoë. Nieteenstaande my aanbeveling - sy kalwers se gemiddelde geboortegewig is slegs 34 kg. Die bul is fenotipies baie reg met goeie aanpasbaarheidseienskappe, sterk manlikheid en baie goeie bouvorm. Sy kloue is uitstekend – hy is geskuif tussen die klip en duine plase sonder enige klou probleme of probleme met loopvermoë. Sy Veldbul indeks is 118 wat wys dat hy orals gemaklik sal aan pas.

Hy dra baie vleis. Daar is goeie lengte, diepte deur die voorlyf, kapasiteit, sterk toplyn en genoegsame breedte. Sy oogspieroppervlakte is ook beter as rasgemiddelde waarde en sy teelwaarde vir vroeë vetneerlegging is ook baie goed. Ek sien dit ook aan die bul – hy behou kondisie deurgaans baie goed. Sy teelballe hang perfek, is simmetries in grootte en goed gevorm en meet 43 cm voor veiling. Fenotipies en struktureel vertoon hy regtig uitstekend.

HART 10-187 het goeie gebalanseerde Teelwaarde Indekse. Effens swaarder op Geboortegewig direk, met baie goeie voorspeense en naspeense groei waardes, asook ‘n skrotum teelwaarde indeks van 116. Sy goeie bouvorm en bogemiddelde groeivermoë is sekerlik sy sterkpunte. Stoettelers kan maar mooi na hom kyk – sy kal-wers is van die beste op Dassiesfontein. Goeie bouvorm en sterk groei het hy konstant geteel. Hy is een van die gunstelinge van die Hartebeestloop manne op die veiling!




LOT 12: HART 10 - 0320

    


LOT 12: HART 10 - 0320

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is geteel uit CEF 04-462 - KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN (Zinabos Bonsmaras) - dit is eintlik genetika wat baie onverwant is aan meeste bestaande Namibiese diere. Die moer is AEJ 06-113 met OEK 23 mnde, TKP 369 dae oor 6 kalwers, Reproduksie Indeks van 119 en speenindeks van 102/5. Ek verkoop ‘n baie goeie seun van haar aan Johann Human van Human Boerdery. Sy is ‘n uitstekende koei met baie hoë reproduksie waarde.

HART 10-320 is 'n mediumraam, tipiese Hartebeestloop "All Rounder, All Purpose" bul met hoë stoetpotensiaal. Gebruik hom op verse en koeie – sy bouvorm is reg vir verse en sy groeivermoë uitstekend om op koeie te gebruik.

HART 10-320 is 'n robuuste en manlike bul met sterk kop, mooi verdonkering in die nekgedeelte en goeie skrotum (skrotumomtrek is 41 cm). Daar is sterk oogbanke, goeie breedte tussen die oë en ‘n algemene fiere houding. Hy het 'n goeie pelvisindeks van 100 en sy nageslag behoort ook maklik te kalf sonder probleme.

Hier is nou 'n bul wat uitstekende aanpasbaarheid wys –pragtige pigment, gladde vel en haar, baie mooi skof, lang stert, sterk bene en kloue en ‘n skoon onderlyn met baie goeie skede/naelvel kombinasie.

Hy is vol vleis met baie goeie lengte (hoogte/lengte verhouding 1.24) en vertoon baie goeie bespiering. Sy oogspieroppervlakte Teelwaarde Indeks is 122, uitslagpersentasie 107 en karkasopbrengs 115. Hierdie is ‘n bul met die regte bouvorm en wat uitsonderlik baie vleis dra. Daar is goeie diepte deur die voorlyf, genoegsame kapasiteit en sterk en breë hakke. Toplyn is reg, kruishelling is goed en vol vleis en so ook die dye.

HART 10-320 se Teelwaarde Indekse is deurgaans baie goed. Daar is baie goeie groeivermoë, uitstaande voerdoeltreffendheid, gebalanseerde liggaamsmates en uitstekende reproduksievermoë. Sy Teelwaarde Indekse wys presies wat in die kraal staan - mediumraam, aangepaste bul met goeie vleiseienskappe en hoog in reproduksievermoë.

Stoettelers kan gerus na HART 10-320 kyk. Hy is van hoogstaande kwaliteit en behoort na ‘n ernstige stoetteler te gaan. Hy wys alle eienskappe en kwaliteite wat van ‘n stoetbul verwag word. Ek beveel hom met groot vrymoedigheid en ‘n geruste hart aan.




LOT 13: HART 10 - 0202

    


LOT 13: HART 10 - 0202

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is geteel uit AG 03-359 – KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN en VBB 08-076. Sy is ‘n uitstaande koei en deel van die “Royal Family” van koeie op Hartebeestloop. Haar OEK is 29 mnde, TKP van 349 dae oor 4 kalwers, RI van 116, gemiddelde speenindeks van 108 oor 4 kalwers en sy speen haar kalwers teen 48,7% van haar liggaamsgewig. ‘n Sterk Kalahari koei en klaar! Die Suid-Afrikaanse koeie wat aangepas het, het uitstaande waarde toegevoeg tot die Hartebeestloop kudde. Sy is een van hulle.

Ek moet dadelik noem dat HART 10-202 se kleur miskien nie tipies Bonsmara is soos wat meeste van ons verkies nie. Die bul het egter soveel ander uitstekende eienskappe dat ek nie anders kan as om hom na die veiling te bring. Hy is gebruik op Hartebeestloop onder die ou stoetkoeie trop – as ek net ‘n paar kalwers met sy bouvorm en prestasies kan kry, sal ek baie tevrede wees.

Hy is ‘n tipiese mediumraam “All Rounder” bul wat op koeie en verse gebruik kan word. HART 10-202 is ‘n toonbeeld van goeie kapasiteit gekombineerd met goeie hoogte/lengte verhouding van 1:24. Hy is breed reg deur, veral op die rug waar die oogspieroppervlakte (Teelwaarde Indeks 107) ver beter as rasgemiddeld is. Hy is diep deur die voorlyf met goeie sprong van rib. “Hy is ‘n vol bul – vol vleis”. Kyk na die dye, die lende wat vol is, vol agter blad en area bokant die lyn van sitbeen na heupbeen wat vol duur vleis is. Hy het ‘n uitstekende agterkwart – breed oor die hakke waar die boudspier aan heg. Sy manlikheidseienskappe is baie goed – sterk oogbanke, goeie verdonkering en goeie skrotum wat 43 cm meet.

Hy presteer baie goed tydens prestasietoetsing – speenindeks (100), GDT indeks (114), Kleiberindeks (114) en Veldbul indeks (115).

Sy Teelwaarde Indekse is baie goed gebalanseerd. Laag op geboortedirek, oorgenoeg melk, genoeg groei en voerdoeltreffendheid met goeie reproduksie waardes.

Boere moet baie goed na HART 10-202 kyk. Sy kleur sal stoettelers hinder. Die bul het goeie kwaliteite en sal ‘n groot impak maak op menige kuddes. Sy Teelwaarde Indeks vir vroeë vetneerlegging (om gou kondisie op die veld te bereik) is 137! Die eienskap is belangrik in enige kudde veral as jou ekonomiese sukses daarvan afhang om diere direk van die veld af te bemark of te paar met slegs presisie lekaanvulling. Kommersiële boere kan met hom uitstekende bouvorm en baie melk in hul kuddes bring.

Ons kan maar luister as die beeswagters sê “Hierdie bul, hy is altyd vet”!




LOT 14: HART 10 - 0255

    


LOT 14: HART 10 - 0255

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is geteel uit ADV 06-198 - KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN wat aangekoop is by wyle oom Arthur de Villiers (senior) van Stormfontein Bonsmaras. ADV 06-198 is sterk in die Hartebeestloop kudde gebruik en ons is baie tevrede met die kwaliteit van sy nageslag. HART 10-255 is een van sy seuns wat ons baie beïndruk het en hy is gedurende 2013 in die Hartebeestloop kudde gebruik. Sy moer is HART 08-156.

HART 10-255 is 'n effens groter raam bul (3,5) met uitstekende aanpasbaarheidseienskappe. Die kwaliteit van die vel en haar is baie goed - hy blink in die Kalahari son. Daar is goeie skofontwikkeling, lang stert, sterk bene en kloue en 'n skoon onderlyn. Hy is ‘n toonbeeld van die aanpasbaarheid in die Bonsmara – en dit is wat ons onderskei van die meeste van die ander rasse. Hy is 'n tipiese Hartebeestloop robuuste en manlike bul met houding, sterk kop, pragtige verdonkering en baie goeie skrotum. Die skrotumomtrek is 42 cm.

Sy vleiseienskappe het ons en die konsultante beïndruk. Ons moet selekteer vir goeie vleis direk vanaf die veld. Sy Teelwaarde Indekse vir uitslagpersentasie en karkasopbrengs is 133 en 142 onderskeidelik. Daar is geen twyfel waar sy sterkpunte is nie. Hy het baie goeie kapasiteit, goeie diepte deur voorlyf, sterk bespiering, baie mooi breedte reg deur en goeie agterkwart. Kyk na die kruis se helling, lengte en vleis - dit is so na aan die ideaal as wat kan kom. Hy wys ook die "sjambok" houe op die agterkwart wat aanduidend is van goeie bespiering. Sy oogspieroppervlakte Teelwaarde Indeks is 121.

HART 10-255 se Teelwaarde Indekse is van die beste. Hy is effe swaarder op geboortedirek, wys uitstekende groeivermoë, baie melk, goeie GDT, uitstekende voerdoeltreffendheid en uitstaande reproduksie waardes. Dit is presies soos die bul lyk en dit is presies soos wat ons verwag hy gaan teel.

HART 10-255 kan net op koeie gebruik word.

HART 10-255 is 'n stoetpotensiaal bul wat ons hoog ag. Ons het hom self in die kudde gebruik. Stoettelers moet baie goed na die bul kyk. Hy is van die beste beskikbaar en behoort na ‘n stoetkudde te gaan.




LOT 15: HART 11 - 0021

    


LOT 15: 11 - 0021

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

HART 11-021 is 'n goeie seun van WAT 04-339 – KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN. Die moer is JPL 06-0114 met OEK 23 mnde, TKP van 377 dae oor 5 kalwers, Reproduksie Indeks van 119 en speenindeks van 94/4. Sy speen teen 45,4% van haar massa. Ons gebruik ‘n goeie seun van WAT 04-339 in die kudde.

HART 11-021 is baie tipies soos WAT 04-339 teel - mediumraam, vroeg ryp, goeie lengte en goed bevleesde bul. Hy vertoon baie goeie aanpasbaarheidseienskappe en dit kan maklik gesien word in sy prestasie op die veld met Veldbul indeks van 115. Hy is een van die beste presteerders tydens die veldtoets. Hy versorg hom self baie goed met dit wat die natuurlike veld bied. Hy vertoon baie goeie vel en haar met sterk bene.

Hy wys goeie manlikheid, tipiese kop-op bul, mooi verdonkering met goeie skrotumomtrek van 37,5 cm.

Daar is goeie kapasiteit en genoegsame breedte in die bul en dit tesame met sy uitstekende hoogte/lengte verhouding van 1:23 maak dat hy baie goed in balans is. Sy oogspieroppervlakte is ver beter as rasgemiddeld (TWI 104) en sy vroeë vetneerlegging Teelwaarde Indeks is 92. Sy uitslagpersentasie en karkasopbrengs Teelwaarde Indekse is 108 en 105 onderskeidelik. Dit wys dat hy gou genoeg kondisie op die veld sal aansit en dat hy ‘n tipiese “easy fleshing” bul is wat relatief gou bemarkbare nageslag behoort te teel.

HART 11-021 se Teelwaarde Indekse is goed met baie goeie groeivermoë, oorgenoeg melk, hoë gemiddelde daaglikse gewigstoename en gunstige voerdoeltreffendheid. Hy is 'n "All Rounder All Purpose" bul wat met geruste hart op koeie en verse gebruik kan word. Daar is baie vleis op die bul en goeie groei en hy kan suksesvol op koeie gebruik word.

HART 11-021 kan met groot sukses in enige stoet of kommersiële kudde gebruik word om regte bouvorm, goeie vleiseienskappe en gunstige Teelwaarde Indekse neer te lê. Hy is funksioneel en struktureel baie korrek en is 'n veilige bul om te gebruik. Daar is werklik niks wat jy negatief in jou kudde sal bring met die bul nie.




LOT 16: HART 11 - 0041

    


LOT 16: HART 11 - 0041

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is geteel uit LAR 06 – 224 - CLICK TO SEE THE SIRE en AG 04-392. Sy is OEK 38 mnde, TKP van 367 dae oor 6 kalwers, Reproduksie Indeks van 106 en gemiddelde speenindeks van 98 oor 4 kalwers. Ek het alreeds op ander plekke in die katalogus geskryf oor LAR 06-224 – lees gerus daardie gedeeltes om meer van die bul te weet.

HART 11-41 het stoetpotensiaal van jongs af gewys. Hy is ‘n groter raam bul (3,5 - 4) wat net op koeie gebruik moet word. Nieteenstaande sy groter raam is hy in baie goeie balans. Hy is uitstekend aangepas vir die ekstensiewe toestande met goeie vel en haar, dik, los en beweeglike vel, pragtige pigment, goeie skof en sterk bene en kloue. Hy het deurgaans sy hand opgesteek tydens toetsing op die veld – jy het hom altyd opgemerk.

Hy is 'n robuuste, manlike bul met sterk oogbanke en 'n uitstekende skrotum. Dit hang perfek, is simmetries en meet 34,5 cm. Hy vertoon tipiese sterk bul nek met goeie verdonkering. Dit is soos ons hulle moet teel – bulle moet soos bulle lyk – van ver af!

Ons het hom hoog gepunt op vleiskwaliteite. Sy Teelwaarde Indekse vir uitslagpersentasie en karkasopbrengs is 100 en 113 onderskeidelik. Hy is lank, wys goeie diepte deur die voorlyf, uitstekende kapasiteit met goeie breedte reg deur. Sy oogspieroppervlakte Teelwaarde Indeks is 129 wat baie beter is as die rasgemiddeld en dit ondersteun die sterk toplyn. Hy wys ook goeie Teelwaarde Indeks vir vroeë vetneerlegging (102) en dit onderskryf sy vermoë om gou in kondisie te kom en dit te behou. Sy pelvisindeks is 105.

HART 11-41 se Teelwaarde Indekse wys presies wat voor jou staan. Hy is ‘n groter raam bul met swaarder geboortegewig direk, uitstaande voorspeense en naspeense groei, uitstekende daaglikse gewigstoenames en net sulke uitstekende waardes vir voerdoeltreffendheid en reproduksie.

HART 11-41 is 'n potensiële stoetbul en stoettelers moet goed na die bul kyk. Kyk na sy geboortedirekte waarde en as jy dit akkommodeer in jou kudde moet jy nie 2 keer dink oor die bul nie. Ek beveel hom sterk aan vir die ernstige stoetteler.




LOT 17: HART 11 - 0012

    


LOT 17: HART 11 - 0012

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Daar moet maar altyd op die Hartebeestloop Veiling ten minste seuns of kleinseuns van AG 98-338 aangebied word. Dit klink net nie reg as daar nie sulke seuns of kleinseuns op die veiling is nie. HART 11-012 is so ‘n bul. Hy is geteel uit AG 02-251 - KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN en BHE 02-104. Ek gaan niks sê oor AG 02-251 – almal weet van die bul en weet watter bydrae hy maak tot die Bonsmara. BHE 02-104 se OEK is 31 mnde, TKP is 416 dae oor 8 kalwers met 83% stoetgoedkeuring, RI van 105 en speenindeks van 101/8. Sy speen haar kalwers teen 48,3% van haar liggaamsgewig. Sy is ‘n uitstekende koei wat onder marginale beesboer toestande nog steeds ver bo die rasgemiddeld presteer.

HART 11-012 is ‘n mediumraam bul met goeie bespiering en goeie kapasiteit. Die toplyn is sterk, daar is baie goeie breedte, goeie diepte deur die voorlyf en mooi sprong van rib. Sy hoogte/lengte vehouding is uitstekend op 1:25. Hy is ‘n goed gebalanseerde bul. Sy bouvorm is van so ‘n aard dat hy net op koeie gebruik moet word. Sy breedte deur die borsvloer, skouerknoppe en goeie bespiering is almal kontra-indikasies vir gebruik op verse.

Hy is baie manlik met sterk kop, goeie oogbank ontwikkeling en sterk nek. Sy skrotum meet 38,5 cm, is glad en skoon. Daar is ‘n klein spleet tussen die teelballe wat heeltemal binne rasstandaard is. HART 11-012 is ‘n wakker bul - hy kan stout word as die koeie naby is. Sy aanpasbaarheid is tops – vel en haar is goed, skofontwikkeling is sterk en sy bene en kloue is baie sterk. Sy onderlyn is skoon met baie goeie skede/naelvel kombinasie. “All in all” – is dit wragtag ‘n sterk bul.

HART 11-012 se Teelwaarde Indekse is ook goed. Hy is binne perke op geboortegewig direk, vertoon goeie voor- en naspeense groei, goeie GDT met uitstekende voerdoeltreffendheidsyfers, goeie liggaamsmates en aanvaarbare reproduksie waardes. Hy is ‘n Top Presteerder tydens alle prestasietoetse wat ons gedoen het – Veldbul ekonomiese indeks (109), GDT (107), Kleiberindeks (104) en pelvisindeks (106). Hy is ‘n klipharde bul en sal orals aanpas en sy konstitusie behou.

As jy nog nie 338-genetika in jou kudde het nie, hier is ‘n goeie bul om dit mee te vestig. Aan die anderkant, as jy enigsins getwyfel het of jy 338-genetika moet vestig in jou kudde – heel moontlik sal HART 11-012 jou oorreed om dit ten minste ‘n kans te gee.

HART 11-012 kan ek met geruste hart aanbeveel na enige stoet of kommersiële kudde. Die bul gaan jou oog trek op die veiling. Merk hom nou al!




LOT 18: HART 10 - 0272

    


LOT 18: HART 10 - 0272

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

‘n Baie goeie bul geteel uit een van die top koeie in die kudde. Sy is BHE 02-035 wat alreeds 10 kalwers gehad het met TKP van 413 dae. Haar Reproduksie Indeks is 105, speenindeks is 111 met ‘n gemiddelde speengewigverhouding van 50,2%. Sy het uitstekend aangepas en handhaaf voortreflike produksie- en reproduksiesyfers vir die Kalahari. Die vaar is AG 03-359 – KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN wat uitstekend doen op Hartebeestloop. Ons gebruik die bul om goeie melk (Speen maternale teelwaarde indeks van 129), “easy fleshing” en goeie kapasiteit te teel. Daar is natuurlik ook baie ander goeie eienskappe wat hy konstant teel.

HART 10-272 is ‘n “All Rounder” mediumraam bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Hy is ‘n TOP PRESTEERDER met speenindeks (104), GDT indeks (111) Kleiberindeks (107), Veldbulindeks (104) en Pelvisindeks (95). In sy groep het hy uitgestaan tydens prestasietoetsing. Dit is ook ‘n baie goeie aanduiding van sy uitstekende aanpasbaarheidseienskappe. Jy kan nie vir beter vra nie – sterk kloue en bene, goeie breedte oor die hakke, baie goeie vel en haar, vel is dik en los en sterk skof. Hy is manlik met sterk oogbanke en forse houding. Die bul praat met ‘n man!

HART 10-272 is vol vleis. Daar is goeie bespiering, vol dye, sterk toplyn met bogemiddelde oogspieroppervlakte en uitstekende breedte en kapasiteit. Hoogte/lengte verhouding van 1:18 is goed en hy vertoon baie goeie balans. Ons teelbeleid is om meer sulke tipe bulle te teel wat maklik in kondisie kom, gou vleis aanpak en nie so baie hard bespierd is nie. Die harde bespierde “flair” bulle se dogters se langtermyn retensie in die kudde is soms nie goed nie.

Sy Teelwaarde Indekse is goed gebalanseerd. Lig op Geboortedirek, baie sterk op Speen Maternaal en goeie Voerdoeltreffendheid. Sy skrotumwaarde is negatief maar sy gemete skrotumomtrek voor veiling is 41 cm. Lees gerus die artikel deur Pieter Visagie oor Skrotums, korreksie faktore en seleksie , by kuddes wat ekstensiewe groeitoetse doen om sin te maak van die laer Teelwaarde Indeks maar uitstekende grootte en vorm van skrotums. HART 10-272 se skrotum hang simmetries, is van ‘n goeie volume en sy vorm is uitstekend.

Ek gaan nie veel meer sê oor die bul nie. Hy is fenotipies doeltreffend, struktureel korrek, van die beste wat ons kan teel en verder kan hy vir homself praat!

HART 10-272 is ‘n potensiële stoetbul. Hy wys alle eienskappe en kwaliteite wat gesoek word in die moderne Bonsmara. Stoettelers kan maar mooi na hom kyk. Sy sterk eienskappe sal ‘n beduidende indruk maak op jou kudde.




LOT 19: HART 11 - 0121

    


LOT 19: HART 11 - 0121

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Weereens 'n baie sterk AG 03-029 - KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN seun met 'n uitstekende HART moeder. HART 07-012. Haar ma NGO 00-052 is nog steeds in die kudde en is nou 13 jaar oud met 10 kalwers en weer dragtig. Meeste van die Woestyn Bonsmara koeie is baie vrugbaar met hoë reproduksie potensiaal. Hulle nageslag retensie is hoog in die kudde.

HART 07-012 OEK is 26 mnde, TKP van 390 dae oor 6 kalwers, Reproduksie Indeks van 114, gemiddelde speenindeks van 99 oor 6 kalwers en sy speen teen 50,7% van haar massa. Hierdie is beproefde en hoogspresterende bloedlyne. Die Bonsmara as moederlyn ras se status is gebou op hierdie tipe moederlyne. Boere weet dat vrugbaarheid is koning! Dit is altyd lekker om bulle uit sulke moederlyne aan te bied.

HART 11-121 is 'n mediumraam bul (tipe 3,5) met uitstaande aanpasbaarheidseienskappe. Die vel en haar is so goed as kan kom, vel is los en beweeglik en bene en kloue is baie goed. Bonsmara bulle moet goeie skowwe hê en dit is wat jy hier sien. Die stert hang amper tot op die grond, die onderlyn is skoon met goeie skede/naelvel kombinasie en die bul beweeg baie gemaklik. Sy Veldbul indeks van 105 wys dat hy heel gelukkig en tevrede op die veld kon oorleef.

Hy is 'n manlike bul met op en wakker houding, sterk kop met goeie oogbanke en mooi verdonkering. Daar is goeie breedte tussen die oë. Sy skrotum is goed gevorm, hang mooi en meet 41 cm.

HART 11-121 is ‘n lang bul (hoogte/lengte 1:22), met goeie diepte deur voorlyf, sterk bespiering en baie goeie kapasiteit. Sy oogspieroppervlakte Teelwaarde Indeks is 111 wat sy goeie bespiering onderskryf. So ook sy vroeë vetneerlegging Teelwaarde Indeks 106. Dit word weerspieël in sy goeie kondisie wat hy behou. Daar is baie goeie vleisneerlegging in die lendes, kruishelling, agterkwart, binne en buite dye en “twist area”. Weens sy bouvorm en raamgrootte moet die bul net op koeie gebruik word. Sy pelvisindeks is 104.

Sy Teelwaarde Indekse is baie goed. Hy is swaarder op geboortedirek, melk is onder rasgemiddeld, maar hy vertoon uitstekende groeivermoë, goeie GDT, met baie goeie voerdoeltreffendheid en uitstekende reproduksie waardes.

HART 11-121 is 'n top veilingsbul en vir enige boer wat bouvorm, groei, vleisproduksie en aanpasbaarheid wil verbeter, is hy die ideale bul. Hy sal ook uitstekend doen in kruisteling en speenkalf of osproduksie stelsel.




LOT 20: HART 11 - 0284

    


LOT 20: HART 11 - 0284

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is geteel uit HART 08-141 - KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN wat op sy beurt weer geteel is uit AG 04-427.

AG 04-427 het ‘n groot impak op die Hartebeestloop kudde gemaak. HART 08-141 is op die 2012 veiling aan Streicher en Hella Coetzee van Hochfeldstreek Bonsmaras verkoop. Hy teel uitstekend by hulle.

Die moer is BHE 01-0101 wat een van die heel beste koeie op Hartebeestloop is. Ons het ‘n top stoetbul (HART 06-074) van haar aan Edward Hansen (EMOK Bonsmaras) verkoop, HART 07-151 aan Bernhard en Kathrin Vente (Vente Farming Enterprise) en HART 09-251 aan Steve Katjiuanja (Tuauana Bonsmaras). Sy is ‘n volwaardige bulmoeder by uitnemendheid! Haar OEK is 31 mnde, TKP is 374 dae oor 10 kalwers, met ‘n RI van 112. Sy speen haar kalwers teen 52,7% van haar massa.

HART 11-284 is een van diè bulle op die veiling. Hy is ook die jongste bul op die veiling. Die goeie bespiering, diepte deur die voorlyf, breedte en sprong van rib is wat dadelik opval. Hy is uitstekend in balans, loopvermoë is baie goed, toplyn is sterk, oogspieroppervlakte is groot gemeet, en kruishelling is baie goed. HART 11-284 is propvol vleis – vanaf die vol kruishelling, lende areas, agterkwart en baie vol agter die blad. Die bul vertoon uitstekende manlikheid – sterk in die kop, breë bek, goeie oogbanke – mooi pigment en goeie verdonkering in die nekgedeelte. Sy skrotum hang perfek, is goed gevorm maar een van die epididimusse wys na die kant en nie na voor. Dit meet 40,5 cm.

Sy aanpasbaarheidseienskappe is baie goed – gladde vel en haar, goeie skofontwikkeling met sterk bene en baie goeie kloue.

Sy Teelwaarde Indekse is ook baie goed. Hy doen uitstekend tydens prestasietoetsing met speenindeks (99), GDT indeks (126), Kleiberindeks (117), Veldbulindeks (109) en pelvisindeks (101).

HART 11-284 is ‘n mediumraam, “All Rounder” bul met baie goeie stoetpotensiaal. Op Hartebeestloop mis ons selde so ‘n goeie bul! Hy moet na ‘n top stoetteler gaan. Ons hou een semenaandeel van die bul uit.




LOT 21: ERH 11 - 0015

    


LOT 21: ERH 11 - 0015

Bul vanaf gasverkoper: EMOK Bonsmaras
Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!
Hy is geteel uit HART 08-082 - KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN (Aangekoop vir N$400 000) en ERH 09-13. Haar OEK is 27 maande, met ’n TKP van 409 dae oor 2 kalwers, ’n Reproduksie-Indeks van 112 en ’n gemiddelde Koei-doeltreffendheidsindeks van 110. Sy kom uit 'n baie goeie moederlyn en haar moer, ERH 05-48, is nog steeds in die kudde. ERH 05-48 se OEK is 27 maande, met ’n TKP van 369 dae oor 7 kalwers, ’n reproduksie-indeks van 115 en ’n gemiddelde speenindeks van 104 oor 6 kalwers. ERH 05-48 het verlede jaar die toekenning van SA Stamboek as BPK – Elite Brons verower en hierdie jaar het sy die BPK – Elite Silwertoekenning verower. Maar hoe dan anders? Dis die tipe koeie waarvoor EMOK Bonsmara-stoet oor die jare bekend geword het. Dis dan ook geen verrassing dat een van die EMOK-koeie (ERH 04-23) hierdie jaar (2014) as een van SA Stamboek se Elite Platinumkoeie in hul jaarlikse Elitetoekennings gekies is nie.

ERH 11-15 is die eerste kalf van ’n vers en is ’n effe grootraambul wat op koeie en uitgegroeide verse gebruik kan word. Sy aanpasbaarheidseienskappe is baie goed – regdeur van vel en haar goeie skofontwikkeling, lengte van stert en sterk bene met goeie kloue. Hy is seepglad en blink in die son. Dit is aanpasbaarheid op sy beste. Hy is sterk op manlikheid – sy kop is goed, sy oogbanke is mooi ontwikkel, met goeie verdonkering in die nek met sy skrotum wat perfek aangeheg is. Dit hang goed en meet 33 cm aan die end van groeitoets en nou voor veiling 35 cm.

Met sy geweldige sterk manlikheid en donker pigment vang hy dadelik die oog. Die bul het baie goeie lengte en ’n uitstaande ferm toplyn, wat eindelik ongehoord is by ’n bul met so ’n goeie lengte. Die bul het geweldige goeie diepte, mooi breedte en uitstaande kapasiteit. Hy het goeie bespiering met die bespiering van sy nek wat netjies op skof vertoon. Kruishelling is baie goed en so ook die stertaanhegting met ’n lekker lang stert. Sy agterkwart en dye is baie goed en die lendes is vol vleis. Jy kan werklik nie enige iets negatiefs sien met betrekking tot die raamwerk en die hoeveelheid vleis wat daaraan gepak is nie. Dit wat boere soek in vleiseienskappe het hy in oormaat. Sy teelwaardes is goed. Hy is laag op geboortedirekte teelwaarde - 0.06 (81), uitstekend op groeivermoë en voerdoeltreffendheid, goed op liggaamsmates en baie goed op reproduksievermoë. Hy speen 270 kg en groei met ’n GDT-indeks van 101 en Kleiber-indeks van 97 tydens die ekstensiewe groeitoets.

Hierdie bul vertoon baie goeie stoetpotensiaal. Hy is hoog gepunt deur al die konsultante en ons bied hom met trots aan.




LOT 22: HMB 10 - 0111

    


LOT 22: HMB 10 - 0111

Bul vanaf gasverkoper: Hochfeldstreek Bonsmaras

HMB 10 – 0111 is geteel uit AEJ 06 - 0107 en HMB 01 - 0148. Ons by Hochfeldstreek Bonsmaras was bevoorreg om AEJ 06 - 0107 vir een jaar te gebruik. Hierdie bul het ‘n geweldige impak op ons kudde gehad, wat ons met reuse stappe nader aan ons teeldoelwit vir bouvorm vir bulle sowel as verse gebring het. Vir ‘n gedetailleerde beskrywing van AEJ 06 - 0107 kan na die Hartebeestloop katalogus van 2009, lot10, gekyk word.

HMB 10 – 0111 se ma (HMB 01-148) was ‘n uitstekende koei met ‘n OEK (ouderdom eerste kalwing) van 33 maande, ‘n TKP van 371 dae oor 8 kalwers, en ‘n gemiddelde speenindeks 97. Haar RI (Reproduksie indeks) is 111 – dus ‘n koei met bogemiddelde produksie.

HMB 10 – 0111 is ‘n mediumraam bul. Indien paring met verse oorweeg word, toets hom verkieslik eers op koeie en kyk na die kalwers se geboortegewigte. Sy sterk, manlike kop toon goeie breedte tussen die oë, en goed ontwikkelde oogbanke. Sy liggaamsbou is uitstekend in balans en sy sterk toplyn en lengte van lyf is opvallend. Sy hoogte-lengte verhouding is 1:1.21, wat volgens ondervinding by Hochfeldstreek die ideale meting is vir mediumraam , kompakte diere in areas soos ons s’n. Hy is die tipiese “smooth”, soepel bul, waar die voorkwart, middelstuk en agterkwart netjies aanmekaar geheg is. Hy dra regdeur goeie bespiering. Sy skrotum is netjies gevorm en hang perfek, en tydens die vrugbaarheidsondersoek het sy skrotum omvang 38,5 cm gemeet.

Die bul het baie korrekte en sterk bene met baie goeie breedte op die hakke – dus ‘n bul wat aanbeveel kan word vir kuddes met beenfoute. HMB 10 – 0111 het tydens sy fase D toets ‘n GDT indeks van 105 en Kleiber indeks van 101 gehad.

Die eienskappe wat aanpassingsvermoë toon vir hierdie bul is uit die boonste rakke – baie gladde vel en haar, goeie skof ontwikkeling en baie goeie sterk kloue. Sy lang stert, wat tot op die grond hang, sal menige teler, wat hierdie eienskap as ‘n sterk aanduider vir aanpasbaarheid ag, twee keer na hierdie bul laat kyk. HMB 10 – 0111 is ‘n vroeër ryp, mediumraam bul wat propvol stoetpotensiaal is. Sy sterkste eienskappe, naamlik goeie beenvorm, bouvorm en lengte van lyf , is hoogs oorerflik en behoort in sy nuwe kudde ‘n sterk impak op sy nageslag te toon.




LOT 23: JS 10 - 0009

    


LOT 23: JS 10 - 0009

Bul vanaf gasverkoper: Swartrand Bonsmaras

JS 10-09 is die seun van AG 03-214. Baie sterk manlike bul. Die bul het ‘n baie mooi skof en sy manlikheid is duidelik sigbaar met die sterk verdonkering oor sy kop en nek.

JS 10-09 se besonderse kop en skof het baie mense al laat omdraai om weer te kyk. Hy praat heeltyd en loop en soek werk. Die bul het uitsonderlike bespiering met baie goeie breedte reg deur. Hy het baie mooi boude met goed gedefinieerde binne en buite dye. Hy is ‘n besonderse lang bul met ‘n uitstaande reguit rug. Baie mooi lang stert wat amper tot op die grond hang. Die bul dra baie vleis.

Sterk bene en kloue met goeie hiel diepte is van sy uitstaande kenmerke. Sy baie goeie vel en hare val mens onmiddelik op as jy hom sien.

JS 10-09 sal in enige kudde waar daar bespiering, breedte en lengte kort ‘n groot inpak maak. Die is een van die heel beste seuns van AG 03-214. Hy is op die veiling van 2012 aan Sonelle Van Der Merwe verkoop.

Die bul sal ek net op uitgegroeide verse en koeie gebruik. Hy was by Swartrand Bonsmaras tussen die koeie. Die eerste kalwers lyk baie mooi.

CWS 98-106 is sy ma. Ons het haar by Mnr Schullenbach van Witvlei gekoop. Sy kalf op 35 maande die eerste keer en haar TKP is 438 dae oor 10 kalwers. Haar gemiddelde speen indeks is 101 oor haar kalwers. Die koei was een van die groot staatmakers van die kudde.

Die bul kan ek met vrymoedigheid aan beveel.




LOT 24: WAGB 11 - 0106

    


LOT 24: WAGB 11 - 0106

Bul vanaf gasverkoper: Wagner Bonsmaras

Hier is ‘n mediumraam robuuste bul wat ongelooflike diepte het. Hy het ‘n baie sterk rug, kop en bene. Sy skofontwikkeling is baie goed en hy toon baie goeie verdonkering oor die nek en agterkwart. WAGB 11-106 het uitstekende diepte in die voorkwart, sprong van rib en agterkwart. Sy agterkwart is ook vol vleis en hy toon reeds baie goeie binne en buite dye. Hier is ‘n uitstekende “dikgat” bul!

WAGB 11-106 is uit HART 06-093 geteel. Dit is ‘n bul wat baie diepte en mediumraam ontwikkeling in ons kudde ingebring het. Sy nageslag is reeds wyd verkoop en hulle hou almal hulle kondisie uitstekend. WAGB 11-106 se teelwaardes toon sterk groei op speen, 12 en 18 maande met baie goeie prestasie op uitslag persentasie en vleis opbrengs. Sy GDT en voeromset waardes is omtrent op die rasgemiddeld.

Hy kom uit ‘n baie goeie moederlyn en sy ma kalf elke jaar op haar tyd ongeag die weersomstandighede. Hier is ‘n harde mediumraam bul wat top prestasie van die veld af sal gee. Hy gaan verseker ‘n bydrae in jou kudde maak.




LOT 25: HART 10 - 0251

    


LOT 25: HART 10 - 0251

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is geteel uit AG 03-359 – KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN en VBB 08-001. Ek het reeds op ander plekke in die katalogus verwys na die teelvermoë van AG 03-359 en die rol wat hy speel in die teel van die hedendaagse Bonsmara. Ek verwys spesifiek na die Hartebeestloop visie van die hedendaagse of “moderne” Bonsmara.

VBB 08-001 se OEK is 30 mnde, TKP 396 dae oor 4 kalwers met speenindeks van 102 oor 3 en RI van 108. Sy speen haar kalwers teen 52,5% van haar eie gewig – en sy is nie sommer ‘n hierjy koeitjie nie. Sy weeg 519 kg gemiddeld tydens speen. Al haar kalwers aangebied vir stoet, is goedgekeur. As sy aanhou so presteer, is sy op pad na die Hartebeestloop “Royal Family” van koeie.

HART 10-251 het as jong bul alreeds sy hand opgesteek en is in die stoet gebruik. Hy is op jong verse gebruik en sy kalwers lyk uitstekend.

HART 10-251 is ‘n mediumraam “All Rounder” bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Sy manlikheid val dadelik op – kop is sterk met goed ontwikkelde oogbanke, breë bek, genoeg spasie tussen oë met ‘n sterk bespierde nek wat goeie verdonkering wys. Sy skrotum is goed gevorm, hang mooi en meet 38,5 cm. Die onderlyn is skoon met uitstekende skede/naelvel kombinasie.

Sy uitstekende aanpasbaarheidseienskappe maak van hom ‘n wenner. Vel en haar is baie goed, vel is dik (15 mm), los, beweeglik met baie velvoue, skofontwikkeling is sterk, sterk bene en kloue en goeie loopvermoë. Sy stert hang op die grond.

HART 10-251 vertoon genoegsame bespiering. Die bespiering is soepel en nie so hard gedefinieerd nie. Sy lengte is uitstekend en hoogte/lengte verhouding is 1:19. Goeie lengte is ‘n prioriteit teeldoelwit op Hartebeestloop. Die bul is breed met goeie diepte deur die voorlyf en wys uitstaande kapasiteit met goeie sprong van rib. Hy is ‘n tipiese “easy fleshing” bul met vroeë vetneerlegging Teelwaarde Indeks van 134! Dit is wat ons wil teel – diere wat kondisie gou aansit en so lank as moontlik behou. Hy het uitstaande vleiseienskappe – kom kyk gerus na die bul in die kraal.

Hy het uitstekend presteer in sy prestasietoetsing met Veldbul indeks (109), pelvisindeks (102), speenindeks (100), GDT (112) en Kleiberindeks (107). Sy Teelwaarde Indekse is absoluut uitstekend – hy is ‘n kalfgemak bul, met klomp melk, baie goeie groei en uitstekende voerdoeltreffendheid. Op alle gemete ekonomiese belangrike eienskappe loop hy heel voor!

Op Hartebeestloop is HART 10-251 opgeskryf as ‘n stoetbul. Hy het alles wat nodig is vir die stoetbedryf en om top moderne Bonsmaras te teel.




LOT 26: HART 10 - 0256

    


LOT 26: HART 10 - 0256

Hy is geteel uit AG 03-359 – KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN en VBB 08-027. Hy is haar eerste kalf en sy is verkoop as stoetkoei aan Nghilundua Farming.

HART 10-256 is ‘n mediumraam “All Rounder” bul wat op beide koeie en verse gebruik kan word. Hy vertoon baie goeie bespiering – kyk gerus op die rug waar die oogspieroppervlakte groot gemeet het (Teelwaarde Indeks 136). Daar is uitstekende lengte, (hoogte/lengte verhouding van 1:25), baie goeie breedte en mooi diepte deur die voorlyf. Die sprong van rib is sterk en die bul se kapasiteit is baie goed. Die vleiseienskappe is voortreflik – vol agter die blad, uitstekende agterkwart met vol binne en buite dye en goed gevul oor die lende en kruis. Die boudspiere is lank en heg laag op die hakke aan. HART 10-256 se sekondêre manlikheidseienskappe is voortreflik – hy is ‘n baie manlike bul met sterk kop en oogbanke, sterk bespierde nek met goeie verdonkering en ‘n skrotum wat goed gevorm is en mooi hang. Skrotumomtrek is 39 cm.

Sy aanpasbaarheid is so goed soos kan kom. Pragtige vel en haar, seepglad, sterk skof, lang stert en uitstaande kloue met goeie bene. Sy kondisie telling is altyd in die top 5% van die groep – dit word gestaaf deur Veldbul indeks van 109 en Teelwaarde Indeks van 131 vir sy vermoë om kondisie vroeg aan te sit en te behou op die veld. Ek kan nie die belangrikheid van vroeg in kondisie en die behoud daarvan genoeg beklemtoon nie.

HART 10-256 doen uitstekend tydens die ekstensiewe groeitoets met GDT indeks 107 en Kleiber indeks 106. Sy pelvismate is op die groep gemiddeld en eintlik groot vir sy raamtipe.

Sy Teelwaarde Indekse is baie goed – hy is laer as rasgemiddeld op geboortedirek, uitstekende melkwaarde, genoegsame voor- en naspeense groeisyfers met aanvaarbare doeltreffendheidsyfers en reproduksie waardes.

HART 10-256 is alreeds as speenkalf goed gepunt, goed gepunt by die FASE D afsluiting, weer by die Veldbul afsluiting hoog gepunt en weer tydens die “screening” op Hartebeestloop om te besluit watter bulle gaan veiling toe. Hy is nie ‘n “uitskieter” wat ‘n maand voor die veiling ewe skielik goed begin lyk het nie – hy het konstant goed gelyk oor ‘n lang tydperk. Hy is vanaf speenkalf evaluering regdeur tot by veiling genoteer as bul met baie hoë potensiaal. Kyk ernstig en met goeie oë na die bul en probeer om plek te maak vir die tipe dier in jou kudde.




LOT 27: HART 10 - 0231

    


LOT 27: HART 10 - 0231

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is geteel uit AG 03-029 - KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN en BHE 05-044. Haar OEK is 28 mnde, TKP 384 dae oor 6 kalwers met speenindeks van 100 oor 6 en RI van 112. Sy speen haar kalwers teen 53% van haar eie liggaamsmassa. Sy is beseer en ons moes haar ongelukkig laas jaar slag. Hierdie tipe goed gebeur ook.

HART 10-231 is ‘n mediumraam “All Rounder” bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Sy manlikheid val dadelik op – kop is sterk met goed ontwikkelde oogbanke, breë bek, genoeg spasie tussen oë met ‘n sterk bespierde nek wat goeie verdonkering wys. Hierdie ou is pure bul. Sy skrotum is goed gevorm, hang mooi, is glad en meet 41,5 cm.

Die bul is breed met goeie diepte deur die voorlyf en wys goeie kapasiteit met aanvaarbare sprong van rib. Daar is baie vleis aan die bul en weereens is sy Teelwaarde Indeks om goeie kondisie gou op die veld te kry en te behou, baie goed. Sy kruishelling is presies soos ons dit wil hê – helling is reg met goeie lengte en vol vleis op die kruisgedeelte. Die bul se pelvisindeks (109) was van die beste in sy groep. Wat meer soek ons as sulke kruishellings met groot pelvisse in mediumraam diere?

Sy aanpasbaarheid is ook goed en kyk gerus na dit wat belangrik is – vel, haar, skofontwikkeling, sterk bene en kloue, loopvermoë en algemene balans. Daar is goeie pigmentasie van die gesig en neusspieël. Hy vertoon ook ‘n goeie skede/naelvel kombinasie. Hy het ‘n klein bietjie wit net voor die teelballe op die onderlyn.

HART 10-231 het goeie Teelwaarde Indekse wat mooi in balans is. Hy is laer as rasgemiddeld vir geboortedirek, vertoon goeie groei met volwasse gewig ongeveer op die rasgemiddeld, aanvaarbare voerdoeltreffendheidseienskappe met “right-size, right type” liggaamsmates en goeie reproduksie waardes. Ons sou graag sy melk Teelwaarde Indeks beter wou sien.

Ons skryf HART 10-231 hoog aan. Hy is ‘n “All Purpose” bul en sal goed doen in ‘n speenkalf en osproduksiestelsel. My persoonlike opinie is dat hy baie goeie vervangingsverse sal teel. Gee hom koeie met goeie melkeienskappe en hy sal die res vir jou doen. Ons sien orals deur in Namibië hoe goed die mediumraam, goed aangepaste en geharde bulle presteer. Hy bring ‘n klomp goeie eienskappe na die tafel en is ‘n kyk-weer bul op die veiling.




LOT 28: HART 10 - 0283

    


LOT 28: HART 10 - 0283

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is geteel uit KHB 04-168 – KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN en JMP 04-15. Sy is ‘n 2014 Elite Silwer SA Stamboek toekenningskoei. Haar OEK is 26 mnde, TKP van 371 dae oor 8 kalwers met speenindeks van 111/6 en RI van 116. Sy is ‘n uitstaande koei. ‘n Baie goeie seun van haar HART 08-206 is ook deur ons en Edward Hansen van EMOK Bonsmaras in die stoet gebruik. Kyk gerus na LOT 56 ERH 11-135 wat die seun is van HART 08-206.

HART 10-283 is ‘n mediumraam “All Rounder” bul wat op koeie en jong verse gebruik kan word. Hy kom uit ‘n bulfamilie wat al verskeie generasies gebruik is om versbulle suksesvol te teel. HART 10-283 het baie goeie diepte deur die voorlyf, mooi breedte en goeie bespiering. Tipies van die meer glad bespierde bulle is daar nie oormatige spierdefinisie nie. Sy TWI vir oogspieroppervlakte is 124 – dit is ‘n groot spier! Hy is ook glad oor die skouerknoppe - dit alles is belangrik om kalfgemak te verseker. Daar is goeie kapasiteit in die bul met ‘n sterk middelstuk. Hy is manlik met sterk kop, goeie oogbanke en goed gevormde skrotum wat reg hang. Sy skrotum meet 41 cm. Sy skede/naelvel kombinasie is so goed soos wat jy kan kry. Hy vertoon goeie balans, beweeg baie gemaklik en het sterk bene en kloue. HART 10-283 het baie goeie vleiseienskappe – vol agter die blad en baie goeie agterkwart. Sy aanpasbaarheid is uitstekend - sy vel is glad, blink met kort haar, goeie skof en die lang stert. Hy sit baie gou kondisie aan, behou sy kondisie uitstekend op die veld en dit kan gesien word in sy vroeë vetneerlegging TWI van 140. Hy is altyd baie goed gepunt op kondisietelling. Sy Veldbul indeks van 102 wys ook dat hy goed aangepas is en goed presteer op die veld.

Sy Teelwaardes Indekse wys dat hy op jong verse gebruik kan word. Andersins is die teelwaardes gebalanseerd sonder enige waarde wat na enige kant uitskiet. Ek sou graag bietjie meer groei in die bul wou sien.

HART 10-283 is ‘n bul wat groot waarde het as hy reg aangewend word. Ons het hom identifiseer as spesialis versbul om jong verse oop te maak en nog steeds genoegsame kapasiteit, goeie bespiering en sterk koppe te teel. In die Hartebeestloop kudde gebruik ons sulke bulle baie suksesvol om die koeie wat neig na swaarder bespiering, groter raam en min kapasiteit se nageslag te teel na net genoeg bespiering, regte raamtipe, goeie kapasiteit en mooi vroulikheid sonder om in te boet op diepte, breedte en goeie koppe.




LOT 29: HART 10 - 0339

    


LOT 29: HART 10 - 0339

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is geteel uit AG 06-350 - KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN – kyk ook na sy ander seuns op die veiling. Die moer is WCS 04-036 wat ‘n 2014 Elite Silver Stamboek toekenningskoei is. Haar OEK is 36 mnde, TKP is 384 dae oor 7 kalwers, met ‘n RI van 105. Sy speen haar kalwers teen 48,5% van haar massa met speenindeks van 105 gemiddeld. Sy is in alle opsigte ‘n uitstaande koei. Ek het ‘n sterk seun van haar aan Arnold Klein verkoop.

HART 10-339 is een van diè bulle op die veiling. Die goeie bespiering, diepte deur die voorlyf, breedte, sprong van rib en kapasiteit is wat dadelik op val. Hy is uitstekend in balans, loopvermoë is baie goed, toplyn is sterk, oogspieroppervlakte (Teelwaarde Indeks van 150) is beter as die rasgemiddeld, en kruishelling is baie goed. HART 10-339 is propvol vleis – vanaf die vol kruishelling, lende areas, agterkwart en vol agter die blad. Sy Teelwaarde Indekse vir uitslagpersentasie en karkasopbrengs van 121 en 115 onderskeidelik bevestig sy waarde as vleisbees bul.

Die bul vertoon goeie manlikheid – sterk in die kop, breë bek, goeie oogbanke en goeie verdonkering in die nekgedeelte. Sy skrotum hang perfek en is baie goed gevorm. Dit meet 39 cm. Kyk gerus ook na die goeie skede/naelvel kombinasie.

Sy aanpasbaarheidseienskappe is baie goed – gladde vel en haar, goeie skofontwikkeling met sterk bene en baie goeie kloue.

HART 10-339 is ‘n mediumraam “All Rounder” bul wat gemaklik op verse en koeie gebruik kan word.

Sy Teelwaarde Indekse is ook goed – geboortegewig effens swaarder as rasgemiddeld, goeie voor- en naspeense groei en baie goeie melk maternale waardes.

HART 10-339 is ‘n bul met baie goeie stoetpotensiaal. Sy potensiaal is geïdentifiseer tydens die prestasietoetsing en sy uitgroei proses op die veld. Telers sal goed doen om HART 10-339 se goeie kwaliteite maksimaal in hulle kuddes te vestig. As jy die regte bouvorm en raamwerk wil teel en dit dan nog vol vleis ook wil pak – dan is HART 10-339 die regte bul daarvoor.




LOT 30: HART 11 - 0073

    


LOT 30: HART 11 - 0073

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is geteel uit AG 03-029 - KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN en HART 08-028. AG 03-029 het uitstekend gedoen op Hartebeestloop en ons gebruik ook 2 seuns van hom in die kudde. Sy seuns was van die topverkopers op die veiling die afgelope 2 jaar. Kyk gerus ook na die ander AG 03-29 seuns op die veiling. Die algemene standaard van sy kalwers is hoog.

HART 08-028 OEK is 24 mnde, TKP 363 dae oor 4 kalwers, Reproduksie Indeks 119 en speenindeks 105/3. Sy speen teen 48,2% van haar massa en het 'n 100% stoetgoedkeuring van haar kalwers aangebied. Sy is aan Springputz Bonsmaras verkoop in 2013.

HART 11-073 is 'n indrukwekkende bul wat dadelik jou oog sal vang. Hy vertoon goeie diepte, kapasiteit, breedte en goeie lengte. Sy hoogte/lengte verhouding is 1:22. Hy is mooi aanmekaar gesit en is een blok propvol vleis. Sy bespiering is goed met oogspieroppervlakte op die rasgemiddeld. Beide die binne en buite dye is vol vleis en heg aan laag af in die "twist" area. Sy uitslagpersentasie en karkasopbrengs Teelwaarde Indekse is 108 en 113 onderskeidelik – hy is propvol gepak met vleis! Sy bene is sterk en relatief breed oor die hakke. HART 11-073 vertoon 'n sterk toplyn met goeie skofontwikkeling. Hy is baie manlik met sterk kop, goeie oogbanke, breë bek en mooi pigment. Sy skrotum meet 39,5 cm en is baie goed gevorm, hang mooi en is glad.

Hy is 'n mediumraam “All Rounder” bul wat sy konstitusie orals gaan behou. Ek sal hom op uitgegroeide verse en koeie gebruik. Sy groeivermoë is baie goed en hy sal uitstekend doen op koeie. Sy goeie aanpasbaarheid word bevestig deur sy Veldbul indeks van 103.

HART 11-073 se Teelwaarde Indekse is baie goed. Elkeen van die Indekse vir elke eienskap is in die reeks van waar dit moet wees. Effe swaarder as rasgemiddeld op geboortegewig, baie goeie voorspeense groei, sterk naspeense groei,goeie GDT en uitstekende voerdoeltreffendheid.

HART 11-073 is by ons gemerk as stoetpotensiaal. Hy is fenotipies korrek, funksioneel doeltreffend, struktureel korrek, presteer goed tydens prestasietoetsing, het goeie Teelwaarde Indekse en het ‘n soliede stamboom agter hom van beide vader en moederskant. Ek beveel hom baie sterk aan na ‘n stoetteler wat graag sy goeie eienskappe wil vestig in sy kudde.




LOT 31: AG 06 - 0350

    


LOT 31: AG 06 - 0350

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Dit is al tradisie op Hartebeestloop om jaarliks van die ouer en beproefde stoetvaars aan te bied. Daar is verskeie redes vir die aanbieding. Gewoonlik is daar al genoeg nageslag van die bul op die plaas, of daar is alreeds ‘n goeie seun identifiseer om hom te vervang. Die voordeel is egter ook aan die voornemende kopers om beproefde en deels onverwante genetika op Hartebeestloop te koop. Hierdie bulle is gewoonlik van die ouer diere en is in die RSA aangekoop. Die huidige stoetvaars is omtrent almal self geteel.

AG 06-350 het alreeds 75 nageslag op Hartebeestloop en daar is nog ‘n dik string kalwers wat moet aan kom. Van sy oudste kalwers is alreeds hierdie jaar op die veiling en daar is heelwat van sy kalwers voorlopig uitgesoek vir volgende jaar se veiling. Kyk gerus na die kwaliteit van sy seuns op die veiling.

Voornemende kopers kan na die bul kyk op die webtuiste, op die veilingsplakkaat en dan self besluit hoe hy lyk. Ek sal praat oor sy kalwers en ‘n paar algemene opmerkings oor die bul doen.

Hy is gebruik op Dassiesfontein (klip plaas) en op Hartebeestloop in die duine veld. Hy is sekerlik een van die ingevoerde diere wat die vinnigste en beste aangepas het. Sy kloue het uitstekend gehou tydens die verskuiwing van sandveld na klip en weer terug na sand. Sy kondisie was altyd goed en Anita Schröer (plaasbestuurder) het opgemerk dat sy hom nog nooit maer gesien het nie.

Die gemiddelde geboortegewig van sy kalwers is 35 kg. Hy teel baie konstant goeie vel en haar, mooi skowwe en baie goeie kloue. Die kalwers is goed bespierd en vertoon mooi lengte. Hy teel ook baie aanvaarbare skrotums en skoon onderlyne. Sy eie bespiering is baie goed en ons sien sterk toplyne by sy kalwers.

Hy is gebruik op jong verse maar ons moes paar kalwers trek. Op uitgegroeide verse en koeie was daar geen kalfprobleme met hom nie. Hy het goeie libido en het hoë dragtigheidspersentasies in sy troppe gehad.

Hy teel bietjie meer na die fynbenige kant toe. Hy is beskryf as ‘n versbul en daarom is sy eie bene redelik fyn. Hy teel die eienskap baie sterk. Gebruik hom op jou verse en koeie met goeie beenstruktuur en jy sal baie tevrede wees met die nageslag.

AG 06-350 kan nog baie suksesvol vir ‘n heel paar jaar gebruik word. Sy aanbieding is deel van die Hartebeestloop tradisie om jaarliks 2 beproefde stoetvaars aan te bied. As ons kyk na die nageslag van die vorige beproefde stoetvaars by hulle nuwe eienaars, weet ek dit is die regte ding om te doen. Kom kyk gerus na sy kalwers as jy sou belangstel. Ek vertrou dat hy net so goed by sy nuwe eienaar sal doen as wat hy op Hartebeestloop vir ons gedoen het.




LOT 32: HART 10 - 0287

    


LOT 32: HART 10 - 0287

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is geteel uit CEF 04-462 – KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN en AEJ 06-163. Haar OEK is 24 maande en sy het TKP van 364 dae oor 6 kalwers met speenindeks van 109/5. RI is 120 en haar speengewigverhouding is 60,8 %. Sy is ‘n uiters doeltreffende koei en ook ‘n 2014 Elite Brons Stamboek koei. Dit is nou maar net een maal so dat goeie bulle kom uit goeie moeders!

CEF 04-462 het konstant uitstaande vleiseienskappe vir ons geteel. Hy is dan ook so aangewend in die kudde en het dit baie suksesvol gedoen.

HART 10-287 is ‘n donkerrooi, mediumraam “All Rounder” bul wat op uitgegroeide verse en koeie gebruik kan word. Ons maak voorsiening in die teelbeleid vir spesialisbulle, maar is primêr gerig in die mark om breë spektrum “All Rounder” maklik-om-mee-suksesvol-te-boer-bulle te produseer. HART 10-287 is so ‘n kwaliteit bul met goeie bespiering, goeie breedte, genoegsame diepte deur die voorlyf en uitstekende kapasiteit. Toplyn is sterk en eindig in goeie kruishelling. Hy dra baie vleis en dit kan gesien word in sy Teelwaarde Indekse vir oogspieroppervlakte (107), uitslagpersentasie (106) en karkasopbrengs (118). Vleis is mos ons almal se besigheid.

Hy staan uit op aanpasbaarheidseienskappe – vel en haar is baie goed, skofontwikkeling is sterk, bene en kloue is goed en onderlyn is skoon met goeie skede/naelvel kombinasie. Veldbul indeks van 102 wys dat HART 10-287 baie goed gedoen het tydens toetsing op veld. As bonus het hy ook ‘n pelvisindeks van 111.

Kyk gerus na sy manlikheid – sy kop kon sterker wees, oogbanke is egter goed gevorm, breed tussen die oë, goeie verdonkering en mooi skrotum wat goed gevorm is en simmetries hang en 41,5 cm meet.

Sy Teelwaarde Indekse is net waar ons dit wil hê – geboortedirek op rasgemiddeld, baie sterk op melk, uitstaande op voorspeense en naspeense groei, uitstekende voerdoeltreffendheid en van die beste reproduksie waardes. Hierdie is werklik uitsonderlike waardes en wys hoe die bul se nageslag behoort te lyk en te presteer. Dit is ‘n langtermyn belegging in jou kudde met saamgestelde rente oor ‘n lang tydperk.

Kyk goed na HART 10-287 – hy bring ‘n klomp baie sterk eienskappe saam na die kudde. By ons is hy aangeteken as ‘n “big time” bul – betekende hy gaan “big time” verbetering bring in sy sterk eienskappe na die kudde waarheen hy gaan. Hy is ‘n top bul.




LOT 33: HART 11 - 0195

    


LOT 33: HART 11 - 0195

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!
Hy is geteel uit VV 08-161 wat aan Junius en Inoo Mungunda van Okozonduno Bonsmaras verkoop is. Sy moer is RCO 02-049 – sy is ‘n 2014 Elite Goud Stamboek Toekenningskoei. Haar OEK is 30 mnde, TKP van 365 dae oor 9 kalwers, Reproduksie Indeks van 114, speenindeks van 97/9. Nageslag van haar is verkoop aan Ronnie Coleman (Nabibis Bonsmaras), Danie Kotze, Johannes Smit (Swartrant Bonsmaras) en Paul Mare (Limerick Bonsmaras). Sy teel baie goed en daar is nou weer sterk kalwers van haar in die pyplyn.

HART 11-195 is 'n toonbeeld van aanpasbaarheid - beginnende met veldikte van 16 mm, los vel met blink haar, goeie skof, lang stert en sterk bene met goeie kloue. Ongelukkig is sy stert gebreek as jong kalf met hantering. Sy aanpassingsvermoë reflekteer ook sy goeie prestasie behaal tydens Veldbultoets met indeks van 107. Jy kan sien hy is op sy beste in die veld sonder enige pamperlang.

Hy is 'n baie goeie voorbeeld van manlikheid - sy kop is hoog, wakker oë en 'n tipiese bul houding. Kop is sterk met goeie oogbanke, mooi verdonkering en baie goeie skrotum wat 38,5 cm meet. Skrotum is goed gevorm, simmetries en hang mooi. Sy naelvel/skede kombinasie is ook uit die boeke.

HART 11-195 is ‘n mediumraam “All Rounder” bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Daar is goeie kapasiteit sonder enige morsvleis, goeie diepte deur die voorlyf, uitstekende bespiering (oogspieroppervlakte TWI 122) en goeie breedte reg deur. Hy het 'n sterk toplyn en goeie breedte oor die toplyn. Hy het 'n goeie stertaanhegting, kruis lengte en helling wat goed opgevul is met vleis en 'n sterk agterkwart.

Hy behou sy kondisie baie goed op die veld –sy vroeë vetneerlegging en marmering Teelwaarde Indekse is 110 en 117 onderskeidelik. Ons heg geen waarde aan marmering aangesien die produsent nie daarvoor vergoed word nie. Die TWI word hier slegs aangehaal om te wys dat die bul vroeg vet aansit en gou in kondisie kom.

Hy is ‘n TOP PRESTEERDER tydens prestasietoetsing met Speenindeks (102), GDT indeks (113), Kleinberindeks (110) en pelvisindeks (101). Waar en hoe ons hierdie bul ookal getoets het, hy het konstant presteer.

Sy Teelwaarde Indekse is deurgaans baie goed. Hy is laag op geboortedirek (kalfgemak), goeie groeivermoë, GDT en voerdoeltreffendheid, gebalanseerde liggaamsmates en aanvaarbare reproduksievermoë. Sy Teelwaarde Indekse wys presies wat voor jou staan - mediumraam, aangepaste bul met goeie vleiseienskappe en goeie gemiddelde daaglikse gewigstoename.

HART 11-195 is getoets onder moeilike en droë toestande op Dassiesfontein in die klippe en rivierbeddings. Hy presteer regdeur baie goed. Ek kan hom met geruste hart aanbeveel. Hy is van die jonger bulle op die veiling en sal nog baie beter ontwikkel oor die volgende paar maande. Moenie die bul miskyk net oor hy jonger is as die meeste ander bulle nie.




LOT 34: HART 11 - 0237

    


LOT 34: HART 11 - 0237

Hy is geteel uit AG 01-152 – KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN en FAN 03-050. Hy is ‘n top bul wat ‘n ongelooflike impak op die kudde gehad het. Sy is ‘n Elite Silwer SA Stamboek toekenningskoei. Wat ‘n kombinasie! Haar OEK is 29 mnde, TKP van 381 dae oor 8 kalwers en Reproduksie Indeks van 112. Haar speengewigverhouding is 53,4% en gemiddelde speenindeks is 105/7 kalwers. Ons het alreeds seuns van AG 01-152 gebruik en gebruik nou weer ‘n seun van hom in die kudde. Daar is nog ‘n seun geïdentifiseer om verse mee oop te maak vir die volgende paarseisoen.

HART 11-237 is ‘n mediumraam “All Rounder” bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Hy het baie goeie lengte met hoogte/lengte verhouding van 1: 23 wat beter as rasgemiddeld is. Sy toplyn is sterk – dit kan gedeeltelik toegeskryf word aan ‘n goed ontwikkelde oogspier wat se oppervlakte bo rasgemiddeld is (TWI 102). Sy bespiering is nie so hard gedefinieër soos van die ander bulle nie maar hy vertoon oorgenoeg bespiering. Hy het goeie breedte, mooi diepte en goeie kapasiteit.

HART 11-237 vertoon goeie manlikheidseienskappe met sterk kop en oogbanke, pragtige verdonkering, sterk nek en voorkwart en goeie skrotum wat simmetries hang. Skrotumomtrek is 39 cm.

Ons is baie beïndruk met die bul se bene en kloue en sy loopvermoë. Ek kan nie die belangrikheid van sterk bene, goeie hakke en kloue genoeg beklemtoon vir ekstensiewe toestande nie. Kyk gerus ook na die bul se vleiseienskappe – binne en buite dye is goed gevul, hy is vol vleis agter die blad met ‘n goeie agterkwart. HART 11-237 presteer uitstekend tydens prestasietoetsing met speenindeks (108 – hy speen 286 kg), GDT indeks (110), Kleiberindeks (116), Veldbul indeks (111) en pelvisindeks (108).

HART 11-237 se Teelwaarde Indekse weerspieël nie werklik die waarde en prestasies van die bul nie. Ek verwys spesifiek na die groeivermoë Teelwaarde Indekse. Die akkuraatheidspersentasies van die Teelwaarde Indekse vir die spesifieke eienskappe by HART 11-237 is nie hoog nie en die waardes kan nog verander. Ek is seker soos wat meer nageslag getoets word sal die groeivermoë Teelwaarde Indekse verbeter.

HART 11-237 is een van die jongste bulle op die veiling. Hy maak nou al ‘n indruk en ek is seker dat die indruk groter sal word soos hy verder ontwikkel. Hy is een van die gunstelinge bulle op die veiling. Stoettelers moet seker maak dat hulle ‘n merkie teenoor sy nommer maak.




LOT 35: HART 11 - 0263

    


LOT 35: HART 11 - 0263

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Een van die jongste bulle op die veiling. Hy is geteel uit AG 01-152 – KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN – hy is in 2013 as 12-jaar oue bul nog sterk gebruik in die KI –opvang program. Die Unistel resultate wys heelwat kalwers van hom as deel van die opvangprogram. Ons gaan hom nie weer gebruik nie en hy is nou op genadebrood.

Die moer is HJB 05-068 met OEK 28 mnde, TKP 373 dae oor 7 kalwers met speenindeks van 99/6 en RI van 114. Sy speen haar kalwers teen gemiddeld 51,4% van haar liggaamsmassa.

HART 11-263 is ‘n mediumraam “All Rounder” bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Hy wys alreeds op jong ouderdom baie manlikheid met sterk kop, goeie oogbanke, mooi breedte tussen die oë, goeie verdonkering en skoon onderlyn met funksionele skede/naelvel kombinasie. Sy skrotum is uitstekend en meet 42 cm.

HART 11-263 het uitstekende vel en haar – hy blink in die son. Sy skof is goed ontwikkel, stert is lank en kloue is baie goed. Sy bene is sterk met genoegsame breedte oor die hakke maar tog nog steeds fyn genoeg vir maklike kalwing.

Toplyn is sterk, daar is goeie kapasiteit en diepte deur voorlyf en goeie lengte. Sy bespiering is goed sonder die sterk spierdefinisie – sy oogspieroppervlakte TWI is 117. Hy doen uitstekend tydens prestasietoetsing met speenindeks (107), GDT indeks (120), Kleiberindeks (111), Veldbultoets indeks (116) en pelvisindeks (112). Dit is uitstaande prestasies.

As bonus dra hy nog baie vleis ook met uitslagpersentasie en karkasopbrengs Teelwaarde Indekse van 104 en 103 onderskeidelik.

Sy Teelwaarde Indekse is ook uitstekend – laag op geboortedirek, goeie groeivermoë, GDT en voerdoeltreffendheid, baie melk en goeie reproduksievermoë. Ons kan nie eintlik vir beter vra nie.

HART 11-263 behoort ernstig oorweeg te word deur stoettelers. Hy is baie jonk en sal nog beter en sterker ontwikkel. Op Hartebeestloop slaan ons die bul baie hoog aan. ‘n Bul wat so goed vertoon op ‘n jong ouderdom kort definitief ‘n kyk-weer sessie. Kom praat met my oor die bul.




LOT 36: HART 11 - 0022

    


LOT 36: HART 11 - 0022

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is geteel uit KHB 05-172 – KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN wat aan Roland en Thomas Horn van Terraro Zucht Bonsmaras verkoop is op die 2011 Hartebeestloop veiling. Volgens Thomas teel die bul baie goed by hulle. Ek is toegedeel om hierdie jaar by Roland en Thomas te gaan keur en sien werklik uit om die bul se nageslag te sien.

Die moer is AG 04-326 met OEK 22 mnde, TKP oor 8 kalwers is 380 dae, met speenindeks van 99/7, RI van 117. Sy het baie goed aangepas op Hartebeestloop en haar kalf aan voet is weereens baie sterk.

HART 11-022 is ‘n effe groter raamtipe (3.5) bul met goeie kwaliteite. Alhoewel sy raam effe goter is, is hy nog steeds in baie goeie balans. Ek sal die bul net op koeie gebruik. Daar is goeie breedte, goeie lengte (hoogte/lengte verhouding is 1: 20), mooi spierdefinisie met goeie kapasiteit. Vleiseienskappe is ook baie goed, met goeie agterkwart en genoeg vleis oor die kruis, lende en bladareas. Hy wys sterk bene, mooi onderlyn en goeie kloue. Sy haarkwaliteit is miskien nie so blink en treffend soos van die ander bulle op die veiling nie. Hy het egter nog steeds uitstekend presteer waar aanpasbaarheid getoets is – soos met sy Veldbul indeks van 102.

HART 11-022 vertoon baie goeie manlikheid met sterk kop, goeie oogbanke en mooi verdonkering en goed gevormde skrotum. Die skrotum meet 43 cm. Sy Teelwaarde Indekse is ook goed gebalanseerd. Swaarder op geboortedirek – ek sal voorstel dat hy net op koeie gebruik word. Sy voor- en naspeense groei is baie goed en hy wys uitstekende reproduksie waardes. Sy pelvisindeks is 103.

HART 11-022 sal ‘n groot aanwins wees in enige produksiestelsel – osproduksie is soos ek hom aangeteken het maar, hy sal ook uitstekend doen in ‘n speenkalf stelsel. Sy raamtipe is definitief nie so groot dat hy nie vir die teel van kwaliteit vervangingsverse gebruik kan word nie. Inteendeel, met sy bouvorm, goeie Teelwaarde Indekse en groot pelvismeting kan sy beste aanwending dalk wees om verse te teel.




LOT 37: HART 11 - 0113

    


LOT 37: HART 11 - 0113

Hy is geteel uit KHB 05-172 – KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN en sekerlik een van ons heel beste koeie op die plaas. BHE 00-022 is ‘n 2013 Stamboek Elite Goud koei. Haar OEK 29 mnde, TKP 382 dae oor 12 kalwers, Reproduksie Indeks van 112 en speenindeks van 103/11. Sy speen haar kalwers teen 46% van haar liggaamsmassa. Sy presteer werklik goed by ons en "click" baie goed met KHB 05-172. Stoetteling gaan maar baie daaroor om die regte kombinasies te kry. Ons het uitstekende bulle van haar verkoop aan Du Plessis Trust (Aroab), Willem Kotze en Tollie van Tonder (Komaweer Bonsmaras).

HART 11-113 is 'n effens groter raam bul (3,5) wat uitstekend sal doen in enige speenkalf of os produksiestelsel. Die bul is baie goed in balans met goeie aanpasbaarheidseienskappe. Let gerus op die sterk bene van die bul en die breë hakke vir spieraanhegting. Sy kondisie op die veld wys dat daar goeie aanpasbaarheid is; hy tel maklik kondisie op en behou konstitusie. Sy Veldbul indeks is 113 en sy vroeë vetneerlegging Teelwaarde Indeks is 113. Hierdie waardes kan onderskeidelik gebruik word om aanpasbaarheid te evalueer en ook die vermoë te evalueer om gou in kondisie te kom. Hierdie is uitstekende eienskappe vir ‘n groter raam tipe dier soos HART 11-113.

Hy is 'n robuuste en manlike bul. Sy kop is sterk met goeie oogbankontwikkeling, mooi verdonkering, dik nek wat vol vleis is en goed gevormde skrotum wat 40 cm meet.

HART 11-113 wys goeie lengte, goeie kapasiteit en diepte, sterk bespiering en goeie breedte. Sy oogspieroppervlakte het groter as die rasgemiddeld gemeet en jy kan die algehele goeie bespiering daarvan aflei (Teelwaarde Indeks van 122). Hy dra 'n klomp vleis - let op die vol lende en kruis asook die dye. Die breedste deel van die bul van agter gesien, is sy buite dye en dit is mos wat ons wil hê in 'n vleisbees.

HART 11-113 se Teelwaarde Indekse is goed en reflekteer ‘n effens groter raam bul met baie goeie groeivermoë, oorgenoeg melk, goeie GDT en uitstekende voerdoeltreffendheid. Sy GDT en Kleiberindekse is 108 en 104 onderskeidelik –hy is aangepas en groei dat dit bars.

HART 11-113 sal 'n baie goeie koop wees vir die speenkalf of osprodusent. Daar is goeie groei met baie goeie vleiseienskappe in die bul. Sy kalwers gaan gewig dra en goeie geld verdien. Hy sal uitstekend doen wanneer selektief gepaar word met die ”flou” koeie in jou kudde. Ons almal het maar van hierdie “eina koeitjies” wat elke jaar ‘n nie-wat-wonderse kalf gee nie. Sit hom op hulle en kyk wat gebeur.




LOT 38: HART 11 - 0120

    


LOT 38: HART 11 - 0120

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

HART 11-120 is geteel uit KHB 05-172 – KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN wat ‘n impak op ons kudde gemaak het. Doen gerus moeite en kyk na die ander seuns van hom wat op die veiling is. Hy teel bulle hou-vir hou-en-keer-op-keer. Die moer is NGO 01-023 wat een van ons gunsteling Woestyn Bonsmara koeie is. Haar OEK is 26 mnde, TKP 424 dae oor 10 kalwers met speenindeks van 98/8 en RI van 106. 'n Indrukwekkende 83% van haar kalwers is stoet gekeur.

HART 11-120 is ‘n mediumraam “All Rounder” bul wat op koeie en uitgegroeide verse gebruik kan word. Hy het uitstekende aanpasbaarheidseienskappe en behou sy konstitusie goed. Daar is goeie vel en haar, mooi skofontwikkeling, lang stert en sterk bene en kloue. Sy Veldbul indeks van 107 wys dat hy goed aangepas is om in die veld te oorleef en die beste te maak van wat daar is. Die Veldbultoets gee vir ons ‘n baie goeie idee van die aanpasbaarheid van diere.

Sy bespiering, lengte, kapasiteit en breedte is goed. Die hoogte/lengte verhouding van 1:24 is uitstekend – jy kan dadelik die ekstra lengte in die bul sien. Sy oogspieroppervlakte meet ook baie groter as die rasgemiddeld. Daar is baie vleis aan die bul en dit word ook uitgewys deur sy uitslagpersentasie en karkasopbrengs waardes wat heelwat beter as die rasgemiddeld is.

HART 11-120 se prominente manlikheid is opvallend. Hy vertoon ‘n sterk kop met baie pigment, sterk oogbanke, goeie breedte tussen die oë en swart neusspieël. Daar is goeie verdonkering in die nekgedeelte en sy skrotum is baie goed gevorm, hang uitstekend, is glad en meet 35 cm.

Sy Teelwaarde Indekse is goed met geboortedirek ligter as rasgemiddeld, genoeg melk met baie goeie groei en gebalanseerde liggaammates.

HART 11-120 is ‘n baie veilige bul om te gebruik. Hy het uitstekende eienskappe wat hy in enige kudde sal vestig. Hy het geen funksionele of strukturele probleme waaroor jy bekommerd hoef te wees nie. Daar is baie kere dat jy liewers gemoedsrus wil koop en nie risiko’s wil vat nie. Ek gebruik die beginsel baie in my besluitneming t.o.v. bulaankope.

HART 11-120 is ‘n “gemoedsrus” bul vir die koper.




LOT 39: HART 10 - 0303

    


LOT 39: HART 10 - 0303

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is suiwer Suid-Afrikaanse teling vanaf Vaalbos Bonsmaras en heeltemal onverwant aan bestaande Namibiese genetika. Ek het al baie gepraat en geskryf oor die uitstekende kruisteling effek binne die Bonsmara en ook oor rasse heen wanneer sulke onverwante bulle gebruik word. Dit is wanneer die 20% verhoging in speengewig behaal word. HART 10-303 se ma (VBB 08-046) is 6 jaar oud met 4 kalwers, TKP van 369 dae en reproduksie indeks van 111. Sy is op die 2013 Produksie veiling aan Springputz Bonsmaras verkoop.

HART 10-303 is 'n "All Rounder" bul wat op uitgegroeide verse en koeie gebruik kan word.

Bespiering is baie goed met Teelwaarde Indeks van 105, hoogte/lengte verhouding is 1:20, daar is pragtige diepte deur die voorlyf en goeie sprong van rib. HART 10-303 vertoon ook baie goeie kapasiteit. Die toplyn is sterk, kruishelling is goed en vol vleis, uitstekende agterkwart, breed oor die hakke en vol in die lende en dye. Die bul se vleiseienskappe is baie goed. HART 10-303 het uitstekende aanpasbaarheidseienskappe – mooi vel en haar, sterk kloue en bene en goeie skofontwikkeling. Sterk sekondêre manlikheidseienskappe is ook aanwesig – kop is manlik, oogbanke is goed ontwikkel, daar is goeie breedte tussen die oogbanke en die skrotum meet 39 cm en hang baie netjies.

Sy Teelwaarde Indekse is ook goed. Amper op rasgemiddeld vir geboortedirek, baie goeie voorspeense en naspeense groei en GDT indeks waardes. Sy voerdoeltreffendheid waarde is ook uitstekend. Hy het GDT indeks van 100, Veldbul Indeks van 108 en pelvisindeks van 114.

HART 10-303 vertoon wit op die onderlyn en dit sal maak dat stoettelers nie na die bul kyk nie. Die wit op die onderlyn het geen ekonomiese waarde nie en kommersiële telers moet dit heeltemal ignoreer wanneer hulle na die bul kyk. Doen ‘n waardebepaling op al sy eienskappe en dan sien jy dat daar is soveel prestasie in die bul dat wit op die onderlyn geen rol speel nie. Die wit kleur mag dalk maak dat hierdie bul die winskopie van die dag is.




LOT 40: HART 11 - 0223

    


LOT 40: HART 11 - 0223

Hy is geteel uit FCT 06–147 – KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN afkomstig vanaf Kit Thompson (Rutland Bonsmaras). Ons wou nog altyd graag lyne van Kit in ons kudde vestig. Die moer is NGO 02-092 wat ‘n 2014 Elite Goud Stamboek Koei is. Haar OEK is 28 mnde, TKP van 388 dae oor 9 kalwers en Reproduksie Indeks van 112. Haar speengewigverhouding is 46,2% en gemiddelde speenindeks is 99/7 kalwers. Dit is 'n feit soos 'n koei dat goeie bulle uit goeie moeders kom! Maar jy moet klomp sulke goeie moeders hê om genoeg goeie bulle te teel.

HART 11-223 is 'n mediumraam "All Rounder" bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Hy is 'n tipiese goed aangepaste en harde bul wat sal gedy onder ekstensiewe toestande. Sy aanpasbaarheidseienskappe is in die kol - hy wys goeie kondisie reg deur die jaar en is altyd van die eerste om in kondisie te kom. Sy TWI vir vroeg vetneerlegging is 101. Sy vel en haar is pragtig, skofontwikkeling is baie goed, stert is lank genoeg en bene en kloue is sterk. In die klipwêreld waar hy prestasiegetoets is, is sterk bene en kloue onontbeerlik.

Hy is manlik met sterk kop, goeie breedte tussen die oogbanke, sterk bek, mooi verdonkering en 'n uitstekende skrotum - in vorm, simmetrie, posisie en grootte. Skrotumomtrek is 40,5 cm.

Hy het goeie hoogte/lengte verhouding van 1:20 wat beter as die rasgemiddeld is. Hy wys groot oogspiere wat regdeur strek tot in die skof (TWI vir oogspieroppervlakte is 125), sterk toplyn, goeie kapasiteit, mooi diepte en goeie breedte. Hy is goed bespierd maar nie so uitermatig dat hy nie op verse gebruik kan word nie. Sy geboortegewig is 32 kg, hy speen op 281 kg met speenindeks van 100 en behaal 'n GDT indeks van 112 en Kleiber indeks van 107 tydens die na-speense groeitoets. Sy Veldbul indeks van 107 wys ook sy goeie prestasie op die veld.

Sy Teelwaarde Indekse is uit die boeke – laag op geboortedirek, baie goeie groei, GDT en voerdoeltreffendheid, baie melk en gebalanseerde ligaammates met hoë reproduksievermoë.

HART 11-223 is een van die bulle waarna stoettelers baie goed moet kyk. Hy het goed presteer in elke afdeling van prestasietoetsing waaraan hy onderwerp is. Dit is mos die tipe van prestasie en genetika wat ons almal wil vaslê in ons kuddes. Die FCT-bloedlyne is nie werklik bekend of beskikbaar in Namibië nie en dit is goeie onverwante genetika om in te belê. Ek beveel hom aan as potensiële stoetbul.




LOT 41: WAGB 11 - 0039

    


LOT 41: WAGB 11 - 0039

Hier is ‘n mediumraam robuste bul wat ongelooflike lengte het. Hy het ‘n baie sterk rug, kop en bene. Sy skofontwikkeling is baie goed en hy toon baie goeie verdonkering oor die nek en agterkwart. WAGB 11-039 het uitstekende diepte in die voorkwart, sprong van rib en agterkwart. Sy agterwart is ook vol vleis en hy toon reeds baie goeie binne en buite dye wat vol vleis is.

WAGB 11-039 is uit ‘n self geteelde bul van die Okamaja en Leon Lisa lyne. Dit is ‘n bul wat baie goeie mediumraam ontwikkeling in ons kudde vasgelê het. Die vaar van WAGB 11-039 is bekend daarvoor dat hy uitstaande konstitusie het. Hy het dit net so aan sy seuns oorgedra. Sy nageslag is reeds wyd verkoop en hulle hou almal hulle kondisie uitstekend.

WAGB 11-039 se teelwaardes toon lae geboorte massas aan op die bul en die dogters se waardes. Volgens sy teelwaardes kan hy met gemak gebruik word om kalwers met lae geboortemassa te teel. Hierdie bul is geteel uit ‘n uitsonderlike moederlyn met die moeder wat ‘n TKP van 362 dae oor 6 kalwers het. Uitsonderlike genetika! Sy teelwaardes op uitslag persentasie en vleis opbrengs is ver bo die rasgemiddeld en belangrike ekonomiese eienskappe. Hier is ‘n harde mediumraam bul wat top prestasie van die veld af sal gee. Hy gaan verseker ‘n bydrae in jou kudde maak.




LOT 42: JS 10 - 0049

    


LOT 42: JS 10 - 0049

Bul vanaf gasverkoper: Swartrand Bonsmaras

JS 10-049 se pa is AG 03-214. Hy is ‘n baie mooi donker bul met ‘n mooi swart neus. Die sterk manlike kop en nek van die bul is ook donker van kleur en dit val mens onmiddelik op.

JS 10-049 is ook breed van voor en is ook vol vleis agter die blad. Hy vertoon medium bespiering en sal in enige kudde sy stempel afdruk. Hy is ook ‘n lang bul met ‘n sterk rug. Die bul het goeie sterk bene. Hy het ook goed gevormde sterk kloue met baie goeie hiel diepte. Die bul se sterk punt is dat hy orals saam met sy koei groep op die plaas beweeg. Hy is sterk in ons kommersiële kudde gebruik en sy nageslag sal einde van die jaar aan kom.

Die bul se stamboom spreuk boek dele , vergewis U van dit op die katalogus . Hy het ook baie goeie blup syfers op die katalogus , die meeste is bokant of naby aan die ras gemiddeld .Ook uitstekkende skrotum wat mooi hang tussen die agterbene . Die uitstekende vel en haar kwaliteit val mens ook op.

BZ04-215 is sy ma wat Arthur de Villiers vir ons by Bonanza in Suid-Afrika gekoop het. Sy kalf eerste keer op 34 maande met tkp van 446 dae.Die verse het baie swaar gekry by my en net die beste is in die kudde oor waar van sy een is . Sy bring elke jaar haar kant.

JS 10-49 kan ek aan beveel na enige kudde en het groot vertroue in die bul en sy toekoms .




LOT 43: HMB 11 - 0133

    


LOT 43: HMB 11 - 0133

Bul vanaf gasverkoper: Hochfeldstreek Bonsmaras

Hierdie bul is geteel uit HART 06-009 en HMB 07-097. HART 06-099 teel vir ons konstant top bulle met manlike koppe, pragtige vroulike diere, almal met baie goeie bene en kloue. Hierdie kuddevaar is geskik is vir ons omgewing en a.g.v. sy goeie aanpasbaarheid kom sy genetiese potensiaal by ons pragtig in werking.

HMB 11-133 se moeder is geteel uit die JRB H5 (Bristow Bonsmaras), wat in verskeie ouer Bonsmara kuddes met sukses gebruik is. Ook hier is gehardheid en aanpasbaarheid geneties goed vasgelê. Die bul se moeder, HMB 07-097, se rekord is uitstekend: haar ouderdom eerste kalwing (OEK) was 34 maande, haar TKP uitstekend by 378 dae vir 4 kalwers, en haar gemiddelde speen-indeks vir haar 3 speenkalwers is 104, dus bogemiddeld goed. Hierdie syfers saam bring haar reproduksie indeks (RI) by 105, dus ‘n bo-gemiddelde presteerder.

Met hierdie ouers toon HMB 11-133 ‘n paar uitstekende kwaliteite. Opvallend is sy baie manlike, karaktervolle kop en sy pragtige en oplettende houding. Sy manlike eienskappe kom verder sterk deur in sy goed ontwikkelde oogbanke, wydte tussen die oë, breë bek, pragtige verdonkering en uitstekende skrotum wat netjies geplaas is. Een van hierdie bul se besondere eienskappe is sy dieprooi, glansende, gladde haar. Voeg hierby die beweeglike vel en die mooi lang stert, en hierdie bul behoort in die meeste omgewings goed aan te pas en te produseer.

Wat sy liggamsbou betref, toon hierdie bul besonderse kapasiteit. Hy het ‘n besondere diepte op sy middelstuk asook baie goeie sprong van rib, met geen morsvleis (“waste”) op die onderlyn nie, en het ‘n sterk toplyn. In kuddes waar diepte, breedte en kapasiteit (by manlike sowel as vroulike diere) verbeter moet word, kan gerus na hierdie bul gekyk word. Sy bene en kloue is uitstekend, en hy toon goeie breedte op die hakke.

Die bul se syfers beklemtoon net dit wat die oog al kan sien: sy geboortegewig is met 34kg onder die rasgemiddeld. Sy speengewig is naby rasgemiddeld, en na speen toon hy bogemiddelde groei. Tydens sy fase D toets het hy met sy GDT-indeks van 123 en Kleiber indeks van 121 ver bo rasgemiddeld afgesluit, dus ‘n bul wat effektiewe groei toon onder ekstensiewe omstandighede.

HMB 11-133 is die tipe bul wat ons by Hochfeldstreek Bonsmaras as ‘n maatstaaf sal wil teel – sterk, kompakte beeste met baie kapasiteit en goeie bouvorm en top produksiepotensiaal. Hierdie bul is al vir een dekseisoen op ons verse gebruik, en ons kan nie wag vir sy eerste kalwers nie.

Hierdie bul word aanbeveel as ‘n "All-Rounder " stoetbul wat gerus op verse (waar pelvismetings gedoen is) sowel as koeie gebruik kan word.




LOT 44: ERH 11 - 0029

    


LOT 44: ERH 11 - 0029


Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Bul vanaf gasverkoper: EMOK Bonsmaras

Hy is geteel uit HART 06-074 en ERH 07-105. Haar OEK is 28 maande, met ’n TKP van 384 dae oor 4 kalwers, ’n reproduksie-indeks van 113 en ’n gemiddelde Speen-Indeks van 96 oor 4 kalwers. Sy bring haar kant en twee uit twee van haar kalwers is goedgekeur, altwee uitstaande bulle. HART 06-074 is geen onbekende nie en bring regtig sy kant in die EMOK-kudde. Daar is bulle wat keer op keer diere teel wat op veilings met goeie pryse wegstap. HART 06-074 is so ʼn bul en hierdie keer is dit geen uitsondering nie. Ons verwag dan ook dat ERH 11-029 een van die veiling se gunstelinge gaan wees.

Daar is gereeld navraag na goeie Bonsmarabulle vir speenkalf- en veral os-produksie. Dit is gewoonlik die effens groter tipe bul met ’n groter raamwerk om vleis aan te pak. ERH 11-029 is presies die teenoorgestelde tipe bul. Hy is die tipe bul wat vir jou vroegryp diere sal teel. Hy is ʼn mediumraambul met vleis en nogmaals vleis aan die raamwerk gepak. Hy is ’n mediumraam “All Rounder All Purpose”-bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Ons probeer, waar moontlik, om bulle te teel wat bestuur op die plaas vergemaklik. Die meeste van die EMOK-bulle kan op koeie en verse gebruik word, wat jou bestuur op die plaas baie vergemaklik. Daar is oorgenoeg groei in die bulle vir gebruik op koeie en die bouvorm is van so ’n aard dat dit geen kalwingsprobleme by verse sal veroorsaak nie.

ʼn Baie sterk manlike bul met ʼn uitstaande kop, met ʼn breë voorkop en goed ontwikkelde oogbanke. Hy is ʼn donker bul, maar vertoon nieteenstaande sekondêre manlike verdonkering oor sy goed ontwikkelde skof en voorkwart. Hy het ʼn besonderse lengte van 1:22, wat weer sy merkwaardige breedte, kapasiteit en balans beklemtoon. Hy is ook baie goed gespierd, veral in sy baie korrekte toplyn en agter sy blad. Hy het ook ʼn baie goeie, dik vel en gladde hare. Dit noem ons aanpasbaarheid by die EMOK Bonsmara-stoet – EMOK-bulle is regoor Namibië versprei en pas orals aan. ERH 11-029 is geen uitsondering nie en kan na enige plek in Namibië gaan.

ERH 11-029 het ʼn netjiese skede met ʼn goed en korrek aangehegte skrotum, met ʼn Skrotum Teelwaarde-Indeks van 110, wat hy weer by sy vader, HART06-074, geërf het. Sy skrotum-omtrek was 36 cm aan die end van die groeitoets en meet nou voor veiling 37 cm. Hy het ook baie goed gedoen tydens die groeitoets met ’n GDT-indeks van 98 en Kleiber-indeks van 102.

ERH 11-029 is ʼn bul wat van jongs af baie potensiaal vertoon, veral wat sy konstitusie betref. Hy was altyd ten minste ʼn kondisiepunt beter as sy tydgenote. Ons bied hom met trots aan en ernstige stoettelers behoort tyd aan hom te bestee.




LOT 45: ERH 11 - 0073

    


LOT 45: ERH 11 - 0073

Bul vanaf gasverkoper: EMOK Bonsmaras


Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Soms wonder ʼn mens waaroor al die bohaai oor AG 98-338 gaan. As jy egter sien hoe goed sy nageslag presteer, kan jy egter verstaan hoekom sy nageslag so in aanvraag is. ERH 11-073 is ʼn agterkleinseun van AG 98-338. Sy vaar, HART 07-027, is ʼn seun van AG 02-027, wat deur Hartebeestloop na Namibië gebring is en wat met welslae in die kudde van Joggie Briedenhann gebruik is. Sy moeder, ERH 07-120, se OEK is 29 maande, met ’n TKP van 385 dae oor 4 kalwers, ’n Reproduksie-Indeks van 111 en ’n speengewigverhouding van 46,3%. Sy het ʼn Speengewig-Maternaal-Indeks van 115. Nou waarvan praat ons nou? Ons praat nou van EMOK Bonsmara-stoet se handelsmerk, soos die Engelsman sal sê, naamlik uitstekende moederlyne. HART 07-027 word alom onthou as die jong Fase C-bulletjie wat die koop van die dag op die Hartebeestloop-veiling van 2009 was. Dit is die einste bul en sy nageslag waarby Joggie Briedenhann en Kiep Lepen ure kon deurbring tydens hul besoeke aan Maitland 538, die tuiste van die EMOK Bonsmara-stoet.

ERH 11-073 is nog ʼn EMOK-topbul op die veiling. Hy is 'n mediumraam vroeë ryp bul wat op koeie gebruik kan word. Hy is ʼn baie korrekte en uitsonderlike bul. Hy het ʼn goeie kop met ʼn uitsonderlike breedte tussen die oë. Goeie oogbankontwikkeling vir die beskerming van oë as hy onder die Swarthak sy kos moet uithaal, afgerond met ʼn mooi breë bek. Hy het ʼn goed ontwikkelde voorkwart, baie sterk bespiering op die nek, baie mooi toplyn wat strek tot by sy mooi, korrek aangehegte lang stert. Goeie bespiering in sy binne- en buitedye. ʼn Bul met goeie konstitusie, sterk, harde bespiering, goeie kapasiteit, sterk bene, afgerond met sterk swart kloue, goeie diepte van heil vir die lang afstande op Maitland.

ERH 11-073 het ʼn netjiese skede met ʼn goed en korrekte aangehegte skrotum, met ʼn skrotum Teelwaarde Indeks van 114. Sy skrotumomtrek is uitstekend met 36,5 cm aan die end van die groeitoets en nou voor veiling 39 cm. Die onderlyn is ook mooi skoon met baie goeie skede/nael-velkombinasie. Hy doen ook goed tydens die groeitoets met ’n GDT indeks van 95 en Kleiber-indeks van 94. Hy is ʼn lang bul met goeie balans en uitstekende dik vel. Goeie sekondêre manlike verdonkering oor sy voorkwart. Hy is ʼn klipharde bul wat enige plek goed sal aanpas en presteer.

ERH 11-073 is ’n topbul en ons raai aan dat u die geleentheid gebruik om ʼn goeie agterkleinseun van AG 98-338 te bekom. Ons kan hierdie bul met vertroue aanbeveel om ʼn groot bydrae in enige kudde te lewer. Hy is ʼn bul waarna stoettelers gerus kan kyk.




LOT 46: HART 10-0218

    


LOT 46: HART 10-0218

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is geteel uit AG 03-029 - KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN wat uitstekend gedoen het op Hartebeestloop. Die moer is GBS 06-065 met OEK 26 maande, TKP van 360 dae oor 6 kalwers, gemiddelde speenindeks van 101 en RI van 118. Sy speen haar kalwers teen 51% van haar liggaamsgewig – meer doeltreffend as dit, is moeilik om te kry. Daar is nog baie sterk kalwers van haar in die pyplyn.

HART 10-218 is effens groter raam bul maar kan gemaklik op uitgegroeide verse en koeie gebruik word.

Sy aanpasbaarheidseienskappe is baie goed ontwikkel. Hy vertoon uitstekende vel en haar met pragtige pigment. Daar is goeie skofontwikkeling, sterk toplyn, goeie kruishelling en lang stert. Hy het sterk bene met goeie kloue. Goeie kapasiteit, breedte regdeur, goeie hoogte/lengte verhouding van 1:19, diepte deur die voorlyf en genoeg bespiering maak alles deel uit van die bul. Goeie kapasiteit word hoog aangeslaan in Namibië.

Daar is baie mooi verdonkering, sterk kop met goeie oogbankontwikkeling en ‘n uitstekende skrotum wat 41 cm gemeet het. Die skrotum hang ook baie goed. Jy kan die manlikheid in die bul van ver sien en hoor – sy kop is op en hy raas die hele tyd.

HART 10-218 is propvol vleis – en dit is presies wat ons wil teel. Hy het regdeur die veldbul toetsing sy kondisie uitstekend gehou en was maar altyd een van die bulle wat jou oog gevang het.

Hy doen goed tydens toetsing op die veld met speenindeks (102), GDT indeks (100), Kleiberindeks (100), Veldbul indeks (102) en pelvisindeks (100).

HART 10-218 vertoon baie goeie Teelwaarde Indekse. Sy geboortedirek is onder rasgemiddeld, daar is genoeg melk, uitstaande voorspeense en naspeense groei en uitstekende voerdoeltreffendheids waardes.

Ek het die bul lankal sien aan kom. Hy is fenotipies doeltreffend, struktureel korrek, doen goed tydens prestasietoetsing, vertoon baie goeie voorspeense en naspeense groei en is aangepas met goeie manlikheid. Dit is presies dit alles wat ons in ‘n bul soek. Hy sal baie goed presteer in enige kudde waar groei verbeter moet word en waar aanpasbaarheid kort. Op die koop toe, is die bul baie sag op die oog en maak die swart pigment in die gesig en neusspieël hom prentjie mooi.




LOT 47: HART 10 - 0276

    


LOT 47: HART 10 - 0276

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hier werk ons met voortreflike reproduksie genetika vanaf moederskant. Die moer is HART 07-163. Haar OEK is 24 mnde, TKP 351 dae oor 5 kalwers, RI van 122, speenindeks van 110/4 en speen teen 59,2% van haar liggaamsmassa. Haar ma is BHE 00-0012 wat nog steeds in ons kudde is met OEK 32 mnde, TKP van 360 dae oor 12 kalwers, RI van 115, speenindeks van 102/11 en speen teen 46,9% van haar eie massa. Dit is van die beste moederlyne op Hartebeestloop.

CEF 04-462 – KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN (Fourie Scheepers van Zinabos Bonsmaras) is die vaar en dit is ‘n bul wat ek gedeel het met Arthur de Villiers. Ek is baie beïndruk met sy kalwers en het uitstekende seuns van hom verkoop aan Johann Human en Jaques van Lill. HART 10-276 is 'n "All Rounder" bul wat op uitgegroeide verse en koeie gebruik kan word. Hy is 'n klipharde, sterk bul en gaan konstitusie behou orals waarheen hy gaan. Daar is ‘n goeie hoogte/lengte verhouding van 1:19 wat betekenisvol beter is as die rasgemiddeld. Nieteenstaande die goeie lengte is sy toplyn sterk en wys ultrasoniese skandering 'n oogspieroppervlakte wat baie groter as die rasgemiddeld is (Teelwaarde Indeks 108). Hy het goeie breedte en bespiering, mooi diepte deur die voorlyf en genoegsame kapasiteit. Hy vertoon 'n sterk agterkwart, binne en buite dye wat genoeg vleis het, vol lende en kruishelling. Sy Teelwaarde Indekse vir uitslagpersentasie (112) en karkasopbrengs (123) is beide baie beter as die rasgemiddeld. Almal van ons is in die mark om gewig in die vorm van vleis volhoubaar te produseer en hierdie is 'n bul wat dit optimaal gaan doen.

Hy wys uitstekende aanpasbaarheidseienskappe met pragtige vel en haar, baie goeie kloue, sterk skofontwikkeling en lang stert.

Sy sekondêre manlikheidseienskappe is uit die boeke. Die bul het houding, hy is 'n kop-op bul en weet wat om hom aangaan. Kyk na die sterk oogbanke, goeie breedte tussen die oë, breë bek en verdonkering van die voorkwart.

Sy Teelwaarde Indekse wys dat hy amper op rasgemiddeld is vir geboortedirek, uitstaande groeivermoë het, goeie voerdoeltreffendheid en uitstekende reproduksie potensiaal.

Ek kan HART 10-276 met 'n geruste hart aanbeveel. Hy is geteel en geselekteer om daardie eienskappe saam te vat wat ons glo baie belangrik is om maksimaal vleis te produseer. Jy kan hom werklik in enige produksiestelsel gebruik – speenkalf, osse of die teel van vervangingverse. HART 10-276 sal ook baie goed doen in ‘n kruisteelstelsel. Op die Hartebeestloop boeredag sal jy die waarde sien van die Bonsmara in ‘n kruisteelstelsel. Die kruisosse is almal daar.




LOT 48: HART 10 - 0295

    


LOT 48: HART 10 - 0295

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is geteel uit AG 03-029 - KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN en HART 06-098. Sy kom uit ‘n voortreflike moederlyn en haar ma is VZF 04-037 wat ‘n 2014 Elite Goud Stamboek koei is. HART 06-098 se OEK is 25 mnde, TKP is 420 dae oor 5 kalwers, RI van 111 en speenindeks van 101/4 kalwers.

HART 10-295 is ‘n bul met baie goeie kwaliteite. Opvallend is sy sterk manlike eienskappe. Kop is manlik, nek is sterk, goeie oogbanke, breed tussen die oë, breë bek, mooi verdonkering en goeie skrotum wat 40 cm meet. HART 10-295 het ‘n goeie hoogte/lengte verhouding van 1:18, sterk toplyn en ‘n oogspieroppervlakte Teelwaarde Indeks van 104. Ultrasoniese skandering is eie aan Hartebeestloop vir baie jare. Ek heg waarde aan die metings weens die grootte van die databasis wat al opgebou is. ‘n Groot genoeg oogspier wat deurstrek en in die skofarea in loop, hou ‘n lang bul se toplyn reguit. HART 10-295 is breed reg deur, het genoeg diepte deur die voorlyf en vertoon genoegsame kapasiteit met goeie sprong van rib.

Sy aanpasbaarheidseienskappe is ook baie goed. Hy het nie verniet sy Veldbultoets met indeks van 112 voltooi nie. Sy stertaanhegting kon beter wees.

HART 10-295 het baie goed gebalanseerde Teelwaarde Indekse. Hy is swaarder as rasgemiddeld op geboortedirek, het goeie melk, uitstekende voorspeense en naspeense groei asook goeie voerdoeltreffendheidswaardes. HART 10-295 is ‘n Top Presteerder tydens prestasietoetsing met Veldbul ekonomiese indeks (112), speenindeks (105), GDT indeks (113) en Kleiberindeks (110). Sy pelvisindeks is op die groepsgemiddeld.

HART 10-295 het ‘n klomp ou goud in sy stamboom – sterk bulle en koeie wat al hulle merk gemaak het in die RSA en Namibië. Kyk na sy prestasietoets data, sy Teelwaarde Indekse, sy vader en moederlyne en hou die bul op jou kortlys. As jy kan doen met verbetering in enige van die eienskappe waarin hy sterk is, merk hom in rooi op die kortlys.




LOT 49: HART 11 - 0198

    



LOT 49: HART 11 - 0198
Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is geteel uit AG 06-350 - KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN – hy is ook op die veiling as een van die beproefde stoetvaars. Kyk gerus na hom en sy ander seuns ook wat op die veiling is. Dit sal ‘n goeie prentjie gee van die bul se telingsvermoë. Die moer is HART 09-094, OEK 27 mnde, TKP 399 dae oor 3 kalwers, Reproduksie Indeks 113, speengewigverhouding van 52,5% en gemiddelde speenindeks van 98/2 kalwers. Vir enige koei om hierdie reproduksie en produksie syfers in die Kalahari te behaal, is 'n groot prestasie.

HART 11-198 is 'n mediumraam bul met uitstekende kwaliteite. Sy aanpasbaarheidseienskappe is goed en hy vertoon goeie skofontwikkeling, lang stert, sterk bene en kloue met los en beweeglike vel. Sy haarkwaliteit kon beter gewees het. Sy beenstruktuur is uitstekend vir gebruik op verse - genoeg breedte oor die hakke vir voldoende spieraanhegting (vleis), bene en hakke is skoon en nie te fyn nie. Hy is manlik met sterk kop en goeie oogbanke, wakker oë, sterk nek met goeie verdonkering van die voorkwart en 'n goeie skrotum (34,5 cm).

HART 11-198 is funksioneel en struktureel baie korrek. Kyk die sterk toplyn, goeie kruishelling en skoon onderlyn. Hierdie bul vertoon die soepel tipe bespiering wat ons glo al hoe meer belangrik gaan raak in die Bonsmara ras. Nie net vir kalfgemak nie maar ook die tipe bul wat meer en meer benodig gaan word om die “oormatige” bespiering in sommige koeie aan te spreek. Vir lank is klem gelê om goed bespierde Bonsmara bulle te teel - en dit is reg so. Oorweging moet nou geskenk word aan die bespiering wat ook in die koeie aanwesig is. Die bulle se susters bly mos meestal agter in die kudde.

HART 11-198 het goeie bouvorm met genoeg diepte, mooi kapasiteit, genoegsame breedte en uitstekende lengte. Sy hoogte/lengte verhouding is 1:27 wat baie beter as die gemiddelde van die ras is. Hy is 'n "All Rounder" bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Hy het oorgenoeg groei om op koeie gebruik te word – kyk gerus na sy goeie Teelwaarde Indekse. Sy pelvisindeks van 105 is ook baie goed.

HART 11-198 is een van die jonger bulle op die veiling – hy sal nog nie 3jr oud wees op die veiling nie. Moenie hom vergelyk met die ouer bulle nie – dit is nie appels met appels nie! Kyk na sy prestasietoetsing data en sy goeie Teelwaarde Indekse, be-oordeel sy bouvorm, aanpasbaarheid, manlikheid en vleiseienskappe en neem dan ‘n weldeurdagte besluit. Op Hartebeestloop “rate” ons die bul hoog.




LOT 50: HART 08 - 0256

    


LOT 50: HART 08 - 0256

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is geteel uit HJS 03-016 – KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN en HART 06-052. Sy kom uit ons meer Bos indicus koeilyne vanaf Woestyn Bonsmaras. Aan vaderskant is sy uit AG 98-338. Hierdie kombinasies het altyd baie goed gewerk op Hartebeestloop. Haar OEK is 28 maande, TKP van 370 dae oor 5 kalwers, RI van 114 en gemiddelde speengewigverhouding van 45,8%. Sy is ‘n goeie koei wat konstant haar kant bring.

HJS 03-016 is ‘n beproefde stoetvaar en 4 van sy seuns word ook in die stoet gebruik. HART 08-256 is ook deur Nick van Wyk van Millekena Bonsmaras gebruik en hy is baie tevrede met sy prestasies en die kalwers wat aangekom het. Altyd goed om te weet dat bulle ook in ander areas goed presteer.

HART 08-256 is ‘n vroeg ryp mediumraam “All Rounder” bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Sy fyner beenstruktuur maak hom ideaal om verse oop te maak – en dan tog goeie kalwers van die eerste kalf verse te kry. Hy vertoon uitstekende kapasiteit, goeie bespiering, baie goeie breedte en mooi balans. Sy toplyn is sterk, goeie kruishelling, sterk bene met baie goeie kloue. Kyk gerus na die skoon onderlyn met perfekte skede en naelvel. Aanpasbaarheidseienskappe is uit die boeke – vel en haar is perfek, skof is goed ontwikkel en vel is dik en beweeglik.

Daar is ook baie goeie sekondêre manlikheidseienskappe in die bul - verdonkering is aanwesig, skrotum is uitstekend (39 cm gemeet voor veiling), oogbanke en kop weerspieël manlikheid. Die bul dra baie vleis - kyk gerus die agterkwart, dye, lende en kruishelling. Dit is goed opgevul met vleis.

HART 08-256 presteer ook baie goed met speenindeks (100), GDT indeks (99), Kleiberindeks (103), Veldbul indeks (110) en pelvisindeks (103). Hy is altyd eerste in goeie kondisie op die veld – dit is ‘n eienskap wat groot ekonomiese voordeel vir die boer in hou. Dit is een van die eienskappe wat ons baie hard probeer om vas te teel op Hartebeestloop. Behalwe vir kondisie teling met die oog, gebruik ons ook die Teelwaarde Indekse van vroeë vetneerlegging bepaal d.m.v ultrasoniese skandering om dit te doen.

Sy Teelwaarde Indekse is goed gebalanseerd en jy kan duidelik sien dat hy ook as veilige versbul vir jong verse gebruik kan word.

HART 08-256 sal baie goed doen om verse oop te maak, grootraam koeie se nageslag meer mediumraam te teel en oor die algemeen baie goeie aanpasbaarheid, funksionele doeltreffenheidseienskappe en strukturele korrektheid in kuddes te bring. Moenie na die grootte van die bul kyk nie – kyk en evalueer hom op bouvorm en prestasies. Dit is sy sterk punte.




LOT 51: HART 11 - 0239

    


LOT 51: HART 11 - 0239

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is geteel uit AG 01-152 – KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN – ek het op ander plekke in die katalogus alreeds na die bul en sy nageslag se impak op ons kudde verwys. Sy ma is ‘n Bokkie van der Merwe koei EI 02-012 wat ek op die Vaalbos Bonsmara stoet uitverkoping aangekoop het. Sy is ‘n 2013 Elite Goud Stamboek toekenningskoei. Haar OEK is 31 mnde, TKP van 400 dae oor 9 kalwers met gemiddelde speenindeks van 98/8 en RI van 107. Sy is ‘n sprekende voorbeeld van die Bonsmara se aanpasbaarheid – vanaf Bokkie – Vaalbos Bonsmaras – Hartebeestloop Bonsmaras en sy behou ‘n hoogstaande reproduksie- en produksievermoë. Dit is mos uitstaande teelmateriaal.

Sy is ‘n groter raam koei (tipe 4) met swaar volwasse massa. TWI’s vir Volwasse Gewig en Skouerhoogte is 116 en 105 onderskeidelik. Ek het haar korrektief gepaar met AG 01-152.

HART 11-239 is nou 2jr en 6 maande en wys alreeds goeie manlikheid. Sy kop is sterk en omhoog, oogbanke is goed ontwikkel, vertoon breë bek met goeie verdonkering in die nekarea. Hy wys so ‘n regte bulnek. Sy skrotum hang perfek, is goed gevorm en meet 35,5 cm.

Die bul het goeie bespiering (TWI vir oogspieroppervlakte is 124), breedte regdeur, goeie diepte deur die voorlyf en goeie kapasiteit. Toplyn is sterk, vol vleis agter die blad, binne en buite dye is vol vleis en lende en kruishelling is goed gevul met vleis. Sy bene en kloue is onverbeterlik vir ons toestande – hier kan ‘n dier nie oorleef as sy bene en kloue nie sterk is nie. Sy aanpasbaarheid is uitstaande – vel en haar, skofontwikkeling en dik velvoue in nek en lang stert - dit is wat die Bonsmara van vele ander rasse onderskei. Sy Veldbultoets indeks is 105 wat aanduidend is van goeie aanpasbaarheid op die veld. Sy pelvisindeks is ook beter as die groepsgemiddeld op 104.

HART 11-239 se Teelwaarde Indekse wys dat hy ‘n klein tot mediumraam (tipe 2,5) bul is wat op verse gebruik kan word.

HART 11-239 sal goeie bouvorm, aanpasbaarheid en bespiering in jou kudde bring. Dit sal goed wees om hom selektief te paar met groter en later ryp tipe koeie of met kruiskoeie waar jy raamgrootte wil aanspreek.




LOT 52: HART 11 - 0010

    


LOT 52: HART 11 - 0010

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is geteel uit KHB 04-168 – KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN van oom Johan Myburgh van Kings Heath Bonsmaras. Ons het 2 stoetbulle van hom gekoop wat beide baie goed presteer het op Hartebeestloop. KHB 04-168 is in 2011 aan Tollie van Tonder van Komaweer Bonsmaras verkoop. Intussen het Tollie sy stoet aan Dawie Moller verkoop. Die moer is CEF 99-086 wat ‘n stoetkoei “par excellence” is. Sy is ook ‘n 2014 Stamboek Elite Goud koei. Haar OEK is 30 mnde, TKP van 394 dae oor 11 kalwers, RI van 109, speenindeks van 102/10 en 75% stoetgoedkeuring van haar kalwers. Ons het nageslag van haar oor die hele Namibië verkoop.

HART 11-010 is ‘n klein tot mediumraam bul (Tipe 2,5) wat op verse en koeie gebruik kan word. Hy het genoeg bespiering (TWI 106), genoegsame kapasiteit en breedte met sterk toplyn.

Sy sekondêre manlikheidseienskappe is goed ontwikkel - kop is sterk, goeie oogbanke, breed tussen die oë, mooi verdonkering en goeie skrotum wat mooi gevorm is, hang simmetries en meet 39 cm.

Hy het goeie aanpasbaarheid met blink vel en haar, mooi skof , lang stert en goeie bene en kloue. Sy fyner beenstruktuur maak hom ideaal om verse oop te maak sonder kalfprobleme. Sy skede kon beter gewees het maar is nog steeds binne rasstandaarde en baie aanvaarbaar. Ons het ‘n waardebepaling op die bul gedoen en daar is soveel ander positiewe eienskappe dat dit die effe skede ver oorskrei.

HART 11-010 se Teelwaarde Indekse wys presies hoe die bul lyk en bepaal ook sy aanwending om verse oop te maak. Sy prestasietoets data is goed met GDT indeks van 102 en Kleiber indeks van 106.

HART 11-010 sal ‘n spesifieke aanwending in jou kudde hê om verse oop te maak, groot raam, laat ryp tipe koeie se nageslag “af te teel”, in ‘n kruisteelprogram te gebruik of net as kuddebul tussen jou koeie. Kommersiële telers wat kruisteling doen moet goed na hom kyk. Ons kruisteel tollie projek op Hartebeestloop wys die baie goeie resultate van hierdie tipe Bonsmara bulle op die groter raam later ryp tipe koeie.




LOT 53: HART 11 - 0158

    


LOT 53: HART 11 - 0158

Hy is geteel uit AG 01-152 – KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN en VBB 06-107. Sy kom vanaf Vaalbos Bonsmaras met 'n OEK van 24 mnde, TKP van 427 dae oor 5 kalwers, Reproduksie Indeks van 110 en 100% stoetgoedkeuring van haar kalwers. Haar speenindeks is 106/5 en sy speen teen 52,9% van haar massa. Sy is 'n uitstekende koei en ons het 2 pragtige verse van haar aan Sprinputz Bonsmaras en Laurentius Julius verkoop.

HART 11-158 is 'n mediumraam bul (tipe 3,5) wat ek vir eers net op koeie sal gebruik. Kyk eers na die kalwers en besluit dan of die bul ook op uitgegroeide verse gebruik kan word. Hy kom uit ‘n beproefde vaderlyn van versbulle en sy moer is ook mooi mediumraam.

Hy het uitstekende aanpasbaarheidseienskappe - glansende vel en haar, lang stert, mooi skof, skoon onderlyn en goeie bene en sterk kloue. Sy kondisie is altyd goed op die veld, hy is goed aangepas en sal maklik in ander areas van die land aanpas. Sy Teelwaarde Indeks vir vroeg vetaanpakking en in kondisie kom, is 141. Jy kan dit sien aan die bul. Daar is goeie manlikheid in die bul - kop is sterk, oogbanke is sterk, baie goeie verdonkering en 'n mooi skrotum. Skrotumomtrek is 39 cm.

Daar is goeie vleiseienskappe aanwesig. Hy vertoon 'n goeie toplyn, kruis se lengte en helling is reg, agterkwart is mooi ontwikkeld en beide dye is goed gevul met vleis. Daar is goeie bespiering aanwesig – Teelwaarde Indeks vir oogspieroppervlakte grootte is 139. Beide diepte en kapasiteit is baie aanvaarbaar. Hy vertoon ook goeie rumenkapasiteit. Hoogte/lengte verhouding van 1:20 is ook goed.

HART 11-158 se Teelwaarde Indekse is ook baie goed. Effens swaarder op geboortedirek, uitstekende groeivermoë, GDT en voerdoeltreffendheid en groot skrotum Teelwaarde Indeks. Hy presteer baie goed met prestasietoetsing – speenindeks (110), GDT indeks (125), Kleiberindeks (114),Veldbul indeks (107) en pelvisindeks (110). HART 11-158 is 'n veldbul wat onder ekstensiewe toestande met min insetkoste baie goed presteer. Hy is geneties so geteel en sy prestasietoetsing en Teelwaarde Indekse wys die hoë potensiaal vir sy nageslag om ook so te presteer.

HART 11-158 presteer uitstaande ongeag hoe en wat getoets is. Sy prestasiedata vertel sy storie – altyd aan die voorpunt! Ek hou van ‘n bul wat goed op die oog is maar ook prestasie en Teelwaarde Indekse agter hom het, om die oog te ondersteun. Voornemende kopers moet baie goed na HART 11-158 kyk – daar is werklik baie goeie eienskappe en kwaliteite in hom.




LOT 54: HART 10 - 0359

    


LOT 54: HART 10 - 0359

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is geteel uit LMR 05 – 092 – KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN en HJB 05-095. Ek het alreeds in die katalogus na LMR 05-092 verwys en dat sy nageslag baie gewild is, veral onder die osboere. Hy teel ‘n effens groter raamwerk dier en daar kan dan “meer” vleis op so ‘n karkas aangepak word. HJB 05-095 is ‘n 2014 Elite Silwer SA Stamboek toekennings. Haar OEK is 28 mnde, TKP van 378 dae oor 7 kalwers, Reproduksie Indeks van 113 en speenindeks is 97/6. Dit is ‘n vrugbare moederlyn en hoe meer sulke moederlyne jy het, hoe meer suksesvol sal jou teling wees.

HART 10-359 is 'n groter raam bul (tipe 3,5 na 4) wat op koeie gebruik moet word. Hy vertoon uitstekende aanpasbaarheidseienskappe met goeie vel en haar, dik en beweeglike vel, skofontwikkeling is goed, stert lank, bene is breed oor hakke, sterk en daar is goeie kloue. Hy is 'n tipiese robuuste en manlike Kalahari bul, met goeie oogbanke, breed tussen die oë, goeie verdonkering in die nekarea en goeie skrotum. Dit meet 42,5 cm.

HART 10-359 se vleiseienskappe is goed. Hy het 'n stewige raamwerk met genoeg lengte (hoogte/lengte verhouding van 1:21). Toplyn is sterk, kruishelling en kruislengte is goed en die stertaanhegting is mooi. Daar is 'n goeie agterkwart, vol dye, genoeg bespiering, goeie breedte met genoegsame diepte en kapasiteit.

Hy presteer goed tydens prestasietoetsing. Sy GDT indeks is 103, Kleiberindeks 101, Veldbulindeks 108 en pelvisindeks 112. Hierdie is goeie prestasiesyfers veral as in gedagte gehou word dat sy speenindeks 93 is. Jy kan hieruit aflei dat hy goed aangepas is vir ekstensiewe toestande en dit is presies diè toestande waaronder ek en jy boer.

Sy Teelwaarde Indekse is baie goed. Hy is swaarder op geboortedirek, wys uitstaande groeivermoë, uitstekende voerdoeltreffendheid en gemiddelde daaglikse gewigstoename (GDT) en hoë reproduksievermoë.

HART 10-359 sal sekerlik orals aan pas sonder enige probleme. Hy sal goed doen in 'n speenkalf of osproduksie stelsel waar groei en 'n stewige raamwerk belangrik is om vleis aan te pak. As jy enigsins hierdie eienskappe kort in jou kudde, kan jy hom gerus daarvoor oorweeg. Kyk gerus ook na hom om te gebruik in ‘n kruisteel program. Hy sal ‘n groot verbetering bring as jou koeikudde bespiering, raamwerk en vleis kort.




LOT 55: WAGB 11 - 0131

    


LOT 55: WAGB 11 - 0131
Vanaf gasverkoper: Wagner Bonsmaras

Hier is ‘n mediumraam robuste bul wat pragtige sterk kop, mooi verdonkering en mooi lengte het. Hy het ‘n baie sterk rug, oogbanke en bene. Sy skofontwikkeling is goed en hy toon baie goeie verdonkering oor die nek en agterkwart. WAGB 11-131 het uitstekende diepte in die voorkwart, sprong van rib en agterkwart. Sy agterkwart is ook vol vleis en hy toon reeds baie goeie binne en buite dye wat vol vleis is. Kyk na die “happy lines” oor die ribbe!

WAGB 11-131 is uit ‘n top bul uit die Hartebeestloop kudde geteel. HART 06-093 het voorwaar baie waarde toegevoeg tot ons kudde en puik mediumraam bulle met baie vleis geteel. Dit is ‘n bul wat baie goeie pigment ontwikkeling in ons kudde vasgelê het. WAGB 11-131 het sy goeie konstitussie dit net so van sy pa gekry. Sy nageslag is reeds wyd verkoop en hulle hou almal hulle kondisie uitstekend. WAGB 11-131 se teelwaardes toon lae geboorte massa aan op die bul en die dogters se waardes.

Volgens sy teelwaardes kan hy met gemak gebruik word om kalwers met lae geboortemassa te teel. Hierdie bul is geteel uit ‘n uitsonderlike moederlyn met die moeder wat ‘n TKP van 385 dae oor 4 kalwers het en ouderdom eerste kalf van 28 maande toon, dit is vrugbaarheid op sy beste en uitsonderlike genetika! Sy teelwaardes op uitslag persentasie en vleis opbrengs is ver bo die rasgemiddeld en is van die belangrike ekonomiese eienskappe. Hier is ‘n harde mediumraam bul wat top prestasie van die veld af sal gee. Hy gaan verseker ‘n bydrae in jou kudde maak.




LOT 56: ERH 11 - 0135

    


LOT 56: ERH 11 - 0135
Bul vanaf gasverkoper: EMOK Bonsmaras

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is geteel uit HART 08-206 en ERH 05-049. Haar OEK is 27 maande, met ’n TKP van 372 dae oor 7 kalwers, reproduksie-indeks van 115 en gemiddelde speenindeks van 110 oor 5 kalwers. Sy het geweldig baie melk, wat weerspieël word deur haar speengewig-maternaal-indeks van 146 en teelwaarde van 15,4 (75). Al haar kalwers aangebied vir keuring is goedgekeur. Sy kom uit ’n baie goeie moederlyn. HART 08-206 is ʼn seun van KHB 04-168 van Kings Health Bonsmaras en is ’n bekende stoetbul, wat Hartebeestloop Bonsmaras sterk gebruik het. HART 08-206 is op 'n uitruilskema beskikbaar gestel aan EMOK Bonsmaras en ons het hom met groot sukses in die stoet gebruik.

ERH 11-135 is ’n uitstekende vroeë-geslagsryp mediumraambul met uitstekende kwaliteite. Sy aanpasbaarheidseienskappe is baie goed met baie goeie vel en haar, goeie skofontwikkeling, lang stert, sterk bene met goeie breedte oor die haak en goeie kloue. Alhoewel sy kleur effens ligter is as al die EMOK-bulle op die HBL-veiling, het hy tog uitstekende sekondêre manlike verdonkering oor sy voorkwart asook ʼn baie goeie dik vel en gladde haarkleed. Hy is ʼn mediumraambul wat op koeie gebruik kan word. Hy is sterk op manlikheid – sy kop is goed, sy oogbanke is mooi ontwikkel, en hy het goeie diepte regdeur met ’n uitstekende skrotum wat korrek aangeheg is. Dit hang goed en meet 36 cm aan die end van die groeitoets en nou voorveiling 39 cm. Daar is niks fout met die bul se hoeveelheid semen met so ’n groot sak nie.

Hierdie bul vertoon klipharde bespiering. Dis ’n bul met ’n goeie konstitusie. Hy het goeie lengte. Bul hinder tog ʼn bietjie op skede en breedte tussen die oë, maar hy is verder ʼn topbul. Sy teelwaardes is uit die boeke. Sy speengewig-maternaal-indeks is 129; dus ʼn bul wat as jy melk in jou kudde wil verbeter uitstekend sal doen, goed op groeivermoë en voerdoeltreffendheid. Hy speen 270 kg en groei met ’n GDT-indeks van 104 en Kleiber-indeks van 94 tydens die ekstensiewe groeitoets. Hy is in alle opsigte die ideale gemiddelde bul wat baie veilig is om te gebruik.

ERH 11-135 vertoon baie goeie stoetpotensiaal. Hy behoort ʼn baie groot aanwins te wees, ongeag waarheen hy ook al gaan. Stoettelers en ernstige kommersiële telers moet baie mooi na hom kyk – daar is uitstaande kwaliteite wat jy dalk in jou kudde benodig.




LOT 57: HART 10 - 0250

    


LOT 57: HART 10 - 0250

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is geteel uit BHE 03-126 – KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN wat weer aan vaderskant uit BHE 98-078 kom. Die moer is HART 08-223 uit AG 98-338. Sy is aan Twistniet Bonsmaras (Wickus du Plessis) verkoop. HART 10-250 is haar eerste kalf op 23 maande.

BHE 03-126 is uitsluitlik op Hartebeestloop gebruik om verse oop te maak. Hy is een van daardie bulle wat ‘n bemarkbare kalf uit jong, 24 maande oue verse kon teel. Hy is ook vir ‘n seisoen by Ondoka Bonsmaras van Erni de Fries gebruik. Daar het hy baie goed geteel en 2 van sy seuns is in die stoet gebruik. Erni is ook baie tevrede met sy verskalwers.

HART 10-250 is ‘n mediumraam “All Rounder” bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Hy is ‘n wakker bul met fier houding – sy kop is altyd in die lug. Hy wys goeie manlikheid met ‘n goeie kop, sterk oogbanke, breed tussen die oë, breë bek en mooi verdonkering in die nekarea. Sy skrotum is goed gevorm, hang simmetries en meet 38 cm. Hy vertoon ‘n skoon onderlyn met goeie skede/naelvel kombinasie. HART 10-250 het goeie bespiering en sy oogspieroppervlakte Teelwaarde Indeks van 106 is bo die rasgemiddeld. Toplyn is sterk en eindig in baie goeie kruishellling.

Kyk gerus na die uitstaande aanpasbaarheidseienskappe. Sy vel en haar is van die beste, skofontwikkeling is baie goed en sy bene en kloue is uit die boeke. Jaar na jaar sien ons dat hierdie tipe bulle die beste presteerders in die veld is. Jy kan hulle enige plek in die land stuur - hulle behou konstitusie, werk hard, pas maklik aan, loop goed en gee nie kalfprobleme nie. Die sukses van die Bonsmara ras is op die tipe bulle gebou.

Sy Teelwaarde Indekse is reg in die kol. Orals binne die perke van 90 – 110 wat as “ideaal” beskou word onder normale omstandighede. Sy naspeense groei, voerdoeltreffendheid en GDT Teelwaarde Indekse is baie goed. HART 10-250 se gemete prestasietoets waardes is uit die boonste rakke – speenindeks (100), GDT indeks (112), Kleiberindeks (107), Veldbul indeks (105) en pelvisindeks (100). Vir ons is die eie, gemete prestasies van die bul van net soveel belang soos die Teelwaarde Indekse.

HART 10-250 is by ons op rekord as ‘n uitstaande presteerder en een van diè bulle op die veiling. As jy nog nie die BHE 03-126/BHE 98-078 bloedlyne in jou kudde gevestig het nie, kyk gerus weer na die bul en sy prestasies. Ons het die afgelope jare gesien dat die grens na die RSA ‘n wispelturige besigheid is en dat daar geen waarborge is nie. Onverwante genetika is van groot belang vir die Namibiese telers en boere. Genoegame variasie moet in Namibië beskikbaar wees.




LOT 58: HART 11 - 0001 - withdrawn
LOT 59: HART 10 - 0258

    


LOT 59: HART 10 - 0258

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!
Hy is geteel uit BHE 03-126 – KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN en HART 08-128. Sy is geteel uit GVZ 06-357 (Hanzyl Bonsmaras) wat nog steeds in die Hartbeestloop kudde is met OEK 23 mnde, TKP van 361 dae oor 6 kalwers, speenindeks van 107/4 en speen 52,6% van haar gewig. Voortreflike bloedlyn. HART 08-128 is aan Laurentius Julius verkoop as stoetkoei.

HART 10-258 is 'n klein tot mediumraam (Tipe 2.5), vroeg ryp bul wat as "All Rounder" op verse en koeie gebruik kan word. HART 10-258 kom uit 'n beproefde lyn van bulle wat op verse gebruik kan word. Hy is in die Hartebeestloop kudde gebruik in selektiewe paring. Al die groter raam, later ryp koeie met hoë Teelwaarde Indekse vir swaar geboortedirek, groeivermoë, volwasse massa en liggaammates is uitgekies en met hom gepaar. Ons het ontsettend gesukkel met die tipe koeie in die droogte – hulle het egter nog steeds baie goeie ander eienskappe. Die besluit was om met HART 10-258 selektief te paar. Hy is ‘n uitstekende bul en ons is baie beïndruk met die kalwers sover.

HART 10-258 vertoon genoegsame bespiering, daar is goeie breedte reg deur die lyf met genoegsame diepte deur die voorlyf en 'n goeie agterkwart wat vol vleis is. Oor die algemeen beïndruk die vleiskwaliteite van die bul met lende, kruishelling en agter die blad wat vol vleis is. Sy hoogte/lengte verhouding is 1:23 wat uitstekend is. Kapasiteit is goed.

HART 10-258 vertoon uitstekende aanpasbaarheidseienskappe. Kyk na die los en beweeglike vel, goeie haarkleed, goeie skof, lang stert asook die baie goeie bene en kloue. Hy kan enige plek loop. Hy is manlik met goeie oogbanke, breë en sterk bek, goeie verdonkering in die nekgedeeltes en pragtige skrotum wat 40 cm meet. Die skrotum is perfek gevorm, en hang baie goed. Hy vertoon goeie naelvel. Die skede kon beter wees.

Hy is HART 10-258 se eerste kalf en speenindeks is 100. Daarna staan hy sy man tydens prestasietoetsing met GDT indeks van 112, Kleiberindeks van 112, Veldbul indeks van 111 en pelvisindeks van 100. Hy loop voor saam met die groot “manne” in sy groep! Nou is dit duidelik hoekom ons hom uitgekies het om te gebruik.

HART 10-258 sal altyd ‘n plek in stoetteling en kommersiële boerdery hê. Ons het almal sulke koeie wat uitstekende eienskappe het maar waar die nageslag “geteel” moet word om by die omgewing en markbehoeftes aan te pas. Kyk verby die raamgrootte van die bul en neem notisie van hoe hy presteer het teenoor die ander bulle in sy groep. Slim telers gaan nie die bul miskyk nie.




LOT 60: HART 11 - 0057

    


LOT 60: HART 11 - 0057

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Hy is geteel uit KHB 05-172 – KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN en BHE 04-150. KHB 05-172 het vir ons konstant uitstekende bulkalwers geteel met pragtige pigment en baie sterk, manlike koppe. Hy teel ‘n goeie raamwerk, goeie bespiering en klomp vleis.

BHE 04-150 OEK is 28 mnde, TKP 366 dae oor 7 kalwers, speenindeks 99/7 en RI 116. Sy het 80% stoetgoedkeuring van haar kalwers en speen hulle teen 49,5% van haar liggaamsmassa. Die Fortress koeie is “Yster Koeie”.

HART 11-057 is ‘n sterk bul wat die oog vang met sy pragtige pigment en houding. Hy is baie manlik – met sterk kop en oogbanke, uitstekende skrotum en goeie skede en naelvel. Die skrotum is simmetries, hang perfek, is gepigmenteerd, glad en meet 38 cm. Jy kan dadelik sien die bul het libido – hy is kop-op, raas en gedurig besig om te grawe as ander bulle of koeie naby kom.

Kyk gerus ook na die uitstekende aanpasbaarheidseienskappe van die bul. Vel is glansend met kort, blink haar. Dit lyk regtig treffend in die vroegoggend Kalahari son. Ek sien die bul altyd eerste in sy groep. Sy bene en kloue is opvallend sterk – kyk gerus na die breedte oor die hakke. Sy Veldbul indeks is 105 wat wys dat hy die beste doen met wat natuurlike veld bied. As bonus het hy nog ‘n goeie grootte pelvisindeks van 109.

HART 11-057 vertoon goeie Teelwaarde Indekse. Hy is op geboortedirek swaarder as die rasgemiddeld. Hy vertoon uitstekende groeisyfers. Hy doen goed met sy prestasietoetsing – speenindeks (106), GDT indeks (101) en Kleiberindeks (104).

HART 11-057 sal uitstekend doen in enige speenkalf of osproduksie stelsel. Hy sal nie net baie goeie groeivermoë inbring nie maar ook ander uitstekende eienskappe soos goeie bespiering, aanpasbaarheid, baie vleis, strukturele korrektheid en funksionele doeltreffendheid. Kruisteling met HART 11-057 sal die absolute ideaal wees. Ons moet gedurig variasie in tipe Bonsmara teel om die markbehoeftes te voorsien. HART 11-057 is so ‘n bul.




LOT 61: HART 10 - 0279

    


LOT 61: HART 10 - 0279

Om ‘n YouTube video knipsel van hierdie bul te sien, kliek die skakel, of besoek ons VIDEO GALLERY van hierdie veiling, vir besigtiging van omtrent ALLE bulle van die veiling!

Weereens ‘n baie goeie bul geteel uit CEF 04-462 – KLIEK OM STOETVAAR TE SIEN. Die moer is een van die uitsoekverse aangekoop van NOSA Bonsmaras AEJ 06-006. Haar OEK is 28 mnde, TKP is 371 dae oor 6 kalwers, met RI van 114 en 100% stoetgoedkeuring van kalwers aangebied. Gemiddelde speenindeks is 111/5 en sy speen teen 45,6% van haar massa. Sy is ‘n stoetkoei “par excellence” en is ook ‘n 2014 Elite Brons Stamboek koei.

HART 10-279 beïndruk met goeie diepte, besondere breedte en goeie hoogte/lengte verhouding van 1:31 wat baie beter is as die rasgemiddeld. Ekstra vleis en gewig is in die lengte en dit is hoog op ons prioriteitslys. Die bul het ‘n goeie middelstuk met sterk sprong van rib. Nieteenstaande die goeie lengte is sy toplyn sterk en oogspieroppervlakte Teelwaarde Indeks is 107. Sy Teelwaarde Indekse vir uitslagpersentasie (133) en karkasopbrengs (138) wys dat hy propvol vleis gepak is. Nieteenstaande die goeie waardes sal ek graag bietjie meer vleis in die lendes wou sien. Sy manlikheidseienskappe is goed met sterk kop, goeie oogbanke en mooi verdonkering in die nek en voorkwart. Sy skrotum is goed gevorm en meet 40,5 cm met hoë Teelwaarde Indeks van 110. Hy vertoon ‘n baie goeie skede/naelvel kombinasie. Sy aanpasbaarheid is uitstaande met uitstekende vel en haar, pragtige swart pigment, mooi skofontwikkeling, lang stert en baie sterk bene en kloue. Sterk bene en goeie kloue is ons besigheid in die duine veld! Sy Veldbul indeks is 102 wat wys dat hy kan werk op die veld sonder om gepamperlang te word.

HART 10-279 se Teelwaarde Indekse is uitstaande. Hy is effe swaarder op geboortedirek as die rasgemiddeld maar van daar af is alle Teelwaarde Indekse presies waar dit moet wees vir die vleisbedryf. Hy kan op uitgegroeide verse en koeie gebruik word.

Ek weet dat HART 10-279 sal goed doen orals waar hy gaan. Ek ken hierdie tipe bulle en sien hulle gereeld regoor Namibië. Hulle is verantwoordelik vir die ongelooflike vordering wat die Bonsmara in Namibië maak. Hy is ‘n kyk-weer-en-weer bul. Hy het tonne blou bloed in sy are en kyk goed of jy nie daarvoor kan plek maak in jou kudde.



Facebook  Contact us | Copyright 2012, All rights reserved | Sitemap